Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

verseker sy gaan nie ’n geweerloop in sy nek druk en hom preekstoel toe sleep nie. Alles was onder beheer, sy was gesond en voorbereid.

      Haar kalmte het geen effek op hom gehad nie. Hy was baie ontsteld. Sy het gewens sy vyande kon hom sien, al die mense wat altyd gesê het hy het geen gewete nie. Hy was eerbaar, konvensioneel en vasbeslote om die “regte ding” te doen. (Ek kon hom nie ’n onsimpatieke karakter maak nie. Al was hy nie die held nie, het dit nie beteken hy is ’n skobbejak nie. Ek – en by implikasie Greta – heul nie met slegte karakters nie.) “Laat my toe om iets te doen,” het hy gesmeek.

      Sy moes hom omtrent by die deur uitstoot. “Ek het niks nodig nie, Peter. Dis nie nodig om skuldig te voel nie. Wat gebeur het, het gebeur. Ek het dit aanvaar, jy sal ook maar moet.”

      Of hy dit ooit aanvaar het, sou sy nooit weet nie. Hy is ’n paar dae later in ’n motorongeluk dood. (Wel, ek moes hom van die toneel af kry, moes ek nie? En ’n motorongeluk is ’n truuk wat al deur baie skrywers of vertellers gebruik is.)

      Dus, exit Peter en die aksie verskuif na die kantoor van sy broer Eduard. Dis ’n paar weke later; die nege maande is amper verby. Eduard se regsman en goeie vriend, Paul, het ’n afspraak gemaak om hom te kom spreek en in sy hand het hy ’n brief. Dit het saam met al Peter se papiere by Paul beland, wat as eksekuteur van die boedel sou optree.

      “Waarmee kan ek jou help?” vra Eduard.

      “Lees hierdie brief.”

      Die greep uit die verhaal, wat ek nou so vinnig vertel, het in werklikheid maande geduur. Ek kon soms vashaak op die onbenulligste punte, soos: wat het Greta gedra toe Eduard haar die eerste keer sien? Hoe was haar hare gekam? Watse soort koffie het sy vir Peter gemaak toe hy so laat in die nag daar aankom? As dit sterk filterkoffie was, was die daaropvolgende gebeure haar eie skuld, want hulle sou wawyd wakker gewees het. Presies waar het die bed gestaan in verhouding tot die res van die meubels? Waar en hoe het sy Peter die eerste keer ontmoet aangesien sy ’n stil, introspektiewe lewe gelei het en nie gemeng het met stralerjakkers nie? Het haar fisieke eienskappe ooreengestem met myne of was sy langer, beter gebou, mooier?

      Om sake verder te kompliseer, het twee dinge gebeur. Elsa se seun is gebore en ek het ’n man genaamd Peter ontmoet.

      Die geboorte van Elsa se kind was ’n driebedryfdrama wat ek, Kara en ons ma tot in die fynste besonderhede moes aanhoor, keer op keer op keer. Hoe Hannes gesit en werk het aan die bibliografie van sy verhandeling toe sy die kamer ingesteier kom en aankondig: “Ek dink dis tyd.” Hoe hy deur sy hare gevee het sonder om op te kyk en “uh-huh” gesê het. Hoe sy dramaties moes kreun om sy aandag te kry. Die geskarrel deur die woonstel om die ligte afgeskakel te kry, haar reeds gepakte tas onder die bed uit te sleep en die motorsleutels te soek. Hoe die motor eers nie wou vat nie en toe so skielik vorentoe geskiet het dat sy byna deur die voorruit is. (Haar maag was te groot en die pyn op daardie oomblik te erg om nog te dink aan veiligheidsgordels vasmaak.) Die onnoembare dinge wat aan haar gedoen is toe hulle by die kraaminrigting aankom.

      “Ug,” het Kara gesê. “Ek beter solank begin uitkyk vir ’n surrogaatma. Niemand gaan dit ooit aan my doen nie!”

      Ma het haar hand gelig. “Dit klink erger as wat dit is, darling. Ek is drie keer daar deur en het dit oorleef.”

      “Ma was seker nie so gesteld op persoonlike waardigheid soos ek nie,” het Kara gesê. Die hoek van haar mond het stywe, afkeurende plooitjies gemaak.

      “Laat ek verder vertel,” het Elsa hulle vermaan. Sy het regop gesit teen hooggestapelde kussings en haar rooi hare was blinker as ooit vantevore. Ek het gewonder of dit met hormone te doen het en of sy bloot oordryf het toe sy die geboorte self beskryf het. In bioskoopprente het die vrou altyd rondgekrul op die bed en haar hare was ’n gemors; natgeswete stringe teen haar kopvel. Tensy ’n middernagtelike haarkapper Elsa se kop gewas en gekam het, lieg iemand. Maar ek het nietemin ’n aantekening gemaak van die glansende prag van haar hare sodat ek dit op Greta kon toepas wanneer die regte oomblik aanbreek.

      “Dis grusaam,” het Kara gesê toe die vertelling eindelik verby was. “Ek verbaas my dat jy jouself sover kan bring om daaroor te praat.”

      “Dit was die moeite werd,” het Elsa gesê en afgekyk na die bondeltjie wat langs haar in ’n bedjie op wiele gelê het. Hy was aan die slaap, maar vir my het hy kwaad gelyk, asof hy sy tante Kara se opmerking onderskryf.

      “Besef jy ons is nou tantes?” het ek vir Kara gevra.

      Sy het nie ingenome gelyk nie.

      “En Ma is nou ouma,” het Elsa gelag.

      Ma het verward gelyk. “My aarde, ja. Ek sal moet gaan naslaan wat ’n ouma alles veronderstel is om te doen.”

      “Klein Hansie stel op hierdie oomblik nog nie belang in oumas nie,” het Kara droog opgemerk. “Ma het genoeg tyd.”

      “Johan,” het Elsa skerp gesê. “Johan, nie Hansie nie. Hy het Hannes se volle name, maar ons gaan hom Johan noem. Johannes klink so . . . so . . .”

      “Biblies?” het ek onskuldig opgemerk. Die kamer was vol blomme in kontras met die winterse stowwerigheid buite.

      “Hannes is seker bly,” het Kara gesê en na haar horlosie gekyk. Dit was haar etensuur en sy moes terug na haar triptieke. Buitendien het Elsa gelyk asof sy graag sou wou slaap.

      “In die wolke,” het Elsa tevrede gesê.

      “Deur die blare,” het Ma haar gekorrigeer. “Toe hy drie-uur vanoggend daar by ons insteier, het ek gedag hy was in ’n motorongeluk gewees. Ek het net aanhou vra: ‘Het Elsa iets oorgekom?’”

      Elsa het wys gelyk. “Dis swaar vir ’n man.”

      Kara het gesnork en opgestaan om te loop. “Tensy jy oordryf het, is dit aansienlik swaarder vir ’n vrou.”

      “Dis nie wat ek bedoel nie. Ek was besig, ek was betrokke, hy het net gekyk.”

      “Gekyk?” Kara se stem was dun. “Gekyk! Ek skaam my dood.”

      “Hy’s dan my man.”

      “Dis geen verskoning nie.” Sy het oorgeleun en die nuwe Madonna gesoen. “Sien jou later en rus nou maar lekker.”

      “Eersdaags is daar ’n wekker,” het Ma werktuiglik die rympie voltooi.

      “Hy’s klaar hier,” het ek gesê en na die wieg gewys.

      Kara het haar voorvinger oor die baba se wangetjie gevee en hy het dadelik sy gesiggie opgeskroef en nog vieser gelyk. “Hy lyk nogal na Iris,” het sy gesê.

      “Na my?”

      “Ek het ook gedag die familietrek is daar,” het Ma gesê en opgestaan. “Kan ek jou op die kampus aflaai, darling?”

      “Nee dankie, Ma, Kara is nader. Ek ry sommer saam met haar.”

      In die motor het Kara my kategories en met heftige slae teen die stuurwiel vertel waarom sy nooit sal trou en aanteel nie. Die tafereel van blosende moederskap wat ons pas verlaat het en wat my so beïndruk het dat ek besig was om Greta se hare rooi in te kleur, het haar koudgelaat. “Sy’t vlekke op haar gesig, het jy gesien? En haar borste staan geswel soos spanspekke. Ons elegante suster!”

      “Ag

Скачать книгу