Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

boesems is so seer!”

      Ma het verlig geknik. “Ja, dis gewoonlik die eerste teken. Dit word mettertyd beter.”

      “Maar ek wil nie nou verwag nie,” het sy gesê en in ’n stoel neergesink.

      “Jy het geen keuse nie,” het ek haar ingelig. “As denkende mens, as lid van ’n spesie wat die verband tussen oorsaak en gevolg kan bepaal en in ’n mate beheer, is jy verantwoordelik vir jou dade en moet jy dus . . .”

      Elsa het verward na Ma gekyk. “Waarvan praat die kind?”

      “Sy sê jy moet begin brei.”

      “En ek is nie ’n kind nie,” het ek vinnig gesê, my breiwerk bymekaargemaak en die vertrek verlaat.

      Hoe Elsa mettertyd berus het, weet ek nie, maar sy het. Hannes het ’n assistentskap by die universiteit gekry en hulle het na ’n groter woonstel getrek. Ma het een aand aan tafel vir Pa gevra of hy nie vir hulle ’n huis wil koop nie en hy het onomwonde nee gesê.

      “Ek het drie dogters,” het hy gemor. “Die idee is dat hulle moet trou sodat ander mans na hulle kan kyk. Ek het genoeg rokke en kouse en haarlinte gekoop om ’n strik om die aardbol te bind en ek gaan wragtig nie vir hulle huise ook koop nie.”

      “Ek het net gedink . . .” het Ma gemymer. “As die kleintjie eers begin loop, is ’n tuin tog handig.”

      “Dan moet sy pa vir hom ’n tuin koop.”

      “Elsa lyk grotesk,” het Kara vir my gesê toe ek een aand by haar en haar woonstelmaat gaan eet het. Kara kon nie kook of naaldwerk doen nie en haar woonstelmaat ook nie eintlik nie, maar ek was tevrede met die bak slaai, bestaande uit boontjiespruite, sampioene, tamaties en bokmelkkaas. Die woonstelmaat het ’n growwemeelbruinbrood gebak wat heerlik was, maar gevaarlik vir mens se tande en stopsels. “Glad nie soos ’n Madonna nie. Ek help tans met die restourasie van ’n Middeleeuse triptiek en die Madonna daarop het ’n engelagtige uitdrukking op haar gesig en ’n kwalik geswelde ronde magie.”

      “Kuns is interpretatief,” het haar woonstelmaat haar herinner. “En subjektief. Dit hang alles af van hoe die kunstenaar voel oor sy onderwerp. Jy vind swangerskap grotesk en sal dit dus anders weergee.”

      “Jy’s reg,” het Kara gesê. “As iemand my vra om Elsa te teken, sal ek ’n groot sirkel trek met ’n klein koppie boaan en twee stokarmpies en -beentjies. Dis al wat ’n mens sien: maag.”

      “Wil jy nie eendag kinders hê nie?” het ek gevra.

      “Nee.”

      “En gestel jou man wil?”

      “Dan kry ons ’n surrogaatmoeder om die drawerk te doen. Maklik. Ek is nie ’n broeikas nie. My lyf behoort aan my.”

      Ons het die ete afgesluit met ’n ongesonde sjokolademousse, gemaak en geskenk deur een van Kara se bewonderaars. Blomme was blykbaar ontoereikend om te sê wat hy wou sê, en wat die mousse moes sê, kon geeneen van ons drie besluit nie. Was hy soet, ryk en romerig of was dit sy? Of was dit wat hy van die verhouding verwag (of vereis) het?

      Op pad terug huis toe in Pa se kar het ek weer aan Elsa gedink en so is ’n nuwe storie gebore. Die oues, met Richard in die hoofrol, was uitgewas en prikkelloos.

      Met die eerste oogopslag het swangerskap my nie eintlik getref as iets romanties nie, maar ek het darem geglo dat ’n mens niks durf verwerp tot jy dit nie self probeer het nie. Ek was nie van plan om “in die moeilikheid” te beland nie, daarvoor was ek te nugter, maar in my verhaal sou ek verwagtings, babas en geboorte omskep tot ’n fantasie.

      Dit het een van my meer uitgebreide verbeeldingsvlugte geword en het my maande lank besig gehou. Deur vervelige lesings, tydens motor- of busritte, terwyl ek my onderklere gewas het of as ek Polder na die park geneem het, het ek daaraan gewerk. Tussen bevele soos “Nee, Polder, niet bijten!” en “Kom, Polder, wij moeten naar huis,” het my storie en sy karakters vorm aangeneem. Die hoofkarakter was natuurlik ek self al het ek altyd na haar in die derde persoon verwys. Die haakplek was die feit dat ’n swangerskap nege maande duur. Hoe behou jy jou romantiese spanning?

      Ná ’n week of twee van tob, het ek die storie begin aan die einde van die swangerskap. Daar was hierdie man, sien, ’n oujongkêrel, ryk genoeg en aantreklik, ’n Eduard eintlik. Hy het nie vreeslik in meisies belanggestel nie, maar sy jonger broer het. Sy naam was Peter. (My karakters het altyd Engelse of buitelandse name gehad en die verhaal het ook êrens anders afgespeel. Selfs my vrugbare verbeelding kon nie romanties raak onder Suid-Afrika se bakkende son en interne probleme nie.) Ek, of liewers: sy, was nie een van Peter se meisies nie, sy was bloot ’n goeie vriendin. Die meisie by wie hy sy hart kon kom uitpraat. ’n Maat. Maar op ’n gegewe aand kom hy by haar aan, baie laat. Hy het te veel gedrink, kan sy dadelik sien toe sy eers wakker is. (Sy het al geslaap.)

      “Wat makeer?” vra sy en begin koffie maak.

      Hy trek sy das los en val op haar bed neer. Terwyl hy haar vertel hoe sy meisie hom teleurgestel het en hoe alles die afgelope weke met hom verkeerd gaan, moet ek miskien ’n bietjie agtergrond inskets.

      Sy bly alleen in ’n ateljee-tipe woonstel. Basies net een baie groot vertrek met ’n badkamer êrens op die agtergrond. Wat sy doen, weet ek nie. Iets vaags soos ’n proefleser, in elk geval iets wat sy by die huis kan doen. Miskien was sy selfs ’n skryfster. (Sy was my alter ego en ek was altyd besig om stories te versin.) Ek wou nie tyd mors met wonder waar haar geld vandaan kom en hoe sy dit regkry om brood en melk te koop nie. Feit bly, sy het geld gehad, miskien van ’n ryk oom geërf.

      Aangesien ek nie te veel tyd wou mors met hierdie deel van die verhaal nie, het ek ook nooit Peter se treurmare in besonderhede uitgewerk nie. Greta (dit was haar naam, ver verwyder van Iris) het hom koffie gegee en later langs hom gaan lê om hom te troos. Sy was per slot van rekening sy beste vriendin, die een op wie se skouer hy altyd kom huil het. Daarby was sy deur die slaap en dus nie so helderdenkend soos sy moes gewees het nie. Hoe dit ook al sy, hulle bring die nag in mekaar se arms deur en toe sy die volgende oggend wakker word, is hy weg. Hy stuur vir haar ’n bos rose met ’n kaartjie by waarin hy om verskoning vra vir sy swak gedrag van die vorige nag. Hy hoop nie hy het haar in die verleentheid gestel of hulle vriendskap bederf nie.

      Sy voel verleë oor haar eie swakheid, maar aan die ander kant is sy ’n moderne, geëmansipeerde jong vrou en mors nie te veel tyd met verwyte oor iets wat nie meer verhelp kan word nie. Peter kom loer nog van tyd tot tyd in en hulle is albei bly om te sien hulle vriendskap is so sterk soos altyd. Hy vertel haar ook dat hy ’n paar maande Amerika toe gaan, op aandrang van sy broer, sodat hy een of ander kursus kan bywoon. (Hy moes van die toneel verdwyn sodat ek die ellelange nege maande kon verbykry.) Hy is ’n vennoot in sy broer se sakeonderneming, maar sy broer is nie gelukkig met sy bydrae nie. Hy is te veel van ’n losbol en rokjagter.

      Maar op ’n dag klop hy weer aan haar deur, die ene vrolikheid en baie bly om terug te wees. En hy skrik toe hy haar sien, want sy is onteenseglik swanger.

      “Greta!” sê hy. “Hoe het dit . . . wie het . . .?”

      “Dis wat gebeur as ’n mens jou vriende probeer troos,” sê sy kalm.

      Hy word bleek. “Jy bedoel dis ek?”

      Sy lag. “Ek gaan jou nie lawe nie, Peter. Sit. Dis net soveel my skuld as joune, die enigste verskil is dat ek dit nou al gewoond is. Moenie so verskrik lyk nie, ek gee regtig nie om

Скачать книгу