Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

ouers.” Ek het gehoop niemand het onder op die sypaadjie geloop toe die stompie val nie.

      Hy het sy kop geskud.

      Ek het my hand gelig en vir hom gewaai. “Lekker slaap.”

      Die volgende oggend aan ontbyttafel het Ma my ondersoekend aangekyk. “Jy lyk goed vir iemand wat . . .”

      Ek het vinnig opgekyk. “Wat wat?”

      “Die voëls het al geskree,” het Pa gesê sonder om van sy bord pap op te kyk. Ma het die voëls in die agterplaas gevoer en Pa het gedreig om ’n haelgeweer te koop en hulle uit die bome uit te skiet as hulle hom weer vieruur soggens wakker maak.

      “Was dit ’n lekker partytjie?” het Ma weer gevra.

      “H’m.”

      Pa het opgestaan en sy servet neergesit. Dit het van die tafelblad afgeval en Polder het dit bespring en daarop gaan lê om dit te versmoor. “Dis een van die dae eksamentyd,” het Pa gesê. “Wat gaan jy doen?”

      “Deurkom.”

      “En volgende jaar?”

      “Werk.”

      “Waar?”

      “By dokter Anders.”

      Sy mond het oopgeval. “As wat?”

      “Sy assistente.”

      “Haai, darling,” het Ma gesê. “Dis ’n uitstekende idee. Dan is jy nog naby ons.”

      Pa het sy baadjie aangetrek. “En dis waarvoor ek haar drie jaar op universiteit gehou het, om by die tandarts te werk. Spoeg weg te vee.”

      Tot hy my gevra het wat ek van plan was om te doen, het ek nie veel aandag aan my toekoms gegee nie, maar toe ek dit eers hardop gesê het, het dit vir my al hoe beter geklink. Ek het van dokter Anders gehou (sy naam het my geamuseer: Anders. Anders as wat?) en hy het toe reeds ’n hele paar keer gevra of ek nie vir hom wil kom werk nie. Sy assistent was swanger en sou die einde van die jaar weggaan om, soos Elsa, winde uit te klop en te wonder waarom babas nie deur die nag kan slaap nie.

      Ek wou nie ’n werk hê wat my gedagtes in beslag sou neem nie. Om instrumente aan te gee, bang mans se hande vas te hou of, soos Pa gesê het, spoeg af te vee, het vir my ideaal geklink. My kop sou onbetrokke bly. Ek het die telefoon opgetel en hom gebel om hom van my besluit te vertel. Hy was bly, soos ek geweet het hy sou wees, en het my al die relevante besonderhede gegee. Ek sou ’n kursus moes loop – seker om te leer steriliseer – maar ek kon dit doen sodra die eksamen verby was. Ek kon by die huis bly, want sy spreekkamer was in die gebou bokant ons naaste winkelsentrum.

      Aan Peter en die vorige nag het ek nie gedink nie. Repressie, sou my lektor gesê het as hy geweet het.

      Paul het Greta besoek. ’n Paar keer. Sy was, soos hy vermoed het, nie soos Peter se deurslagmeisie nie. Mooi ja, maar sereen en koppig. Sy het geweier om enige geld van die familie te aanvaar.

      “Sy wil nie geld hê nie,” het Paul by Eduard verslag gedoen. “Sy lag wanneer ek dit noem.”

      Eduard het gefrons. Hy het genoeg gehad om hom oor te kwel; hardkoppige, gewese nooiens van sy oorlede broer het hom nie geïnteresseer nie.

      “Miskien moet jy met haar gaan praat,” het Paul voorgestel. “Jy sal strenger kan wees. Ek laat my te maklik verlei.” Eduard se wenkbroue het die lug ingeskiet.

      “Nee, nee,” het Paul gekeer. “Dis nie wat ek bedoel nie. Dis net dat sy . . . ons begin gesels en as ek weer sien, is dit tyd om te loop . . . Sy maak heerlike koffie.”

      “Koffie is nie hier ter sake nie.”

      “Sal jy met haar gaan praat?”

      Eduard het swaar gesug. “Paul, jy’s ons prokureur. Jou werk is om ons uit sulke situasies te verlos. En dis nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Onthou jy nie die meisietjie . . . ek dink amper Peter was nog op skool gewees.”

      “Ek onthou . . . Dit was gelukkig net ’n vals alarm gewees.”

      Eduard het teruggeleun in sy stoel en sy bril afgehaal. “Die volgende een was nie. Peter het hoog en laag gesweer hy het nog nooit van haar gehoor nie.”

      Paul het geknik. “Ons het vir die aborsie betaal, ja.”

      “Presies. Peter se liefdeslewe was problematies genoeg, waarom wil jy my nou daarby betrek?”

      “Omdat sy anders is. Omdat ek dink jy gaan nie net van haar hou nie, maar jy sal haar ook oorreed.”

      Eduard se sekretaresse het êrens op sy lessenaar ’n klokkie laat lui. Die adjunkminister van Finansies was daar om hom te spreek.

      “Jy sal my moet verskoon,” het hy gesê en opgestaan.

      “Hier is haar adres,” het Paul gesê, die papier op die lessenaar neergesit en geloop. “Sommer ná werk een middag. Sy’s altyd by die huis.”

      Omtrent drie weke ná die partytjie het ek een middag laat by ons voorhekkie uitgeloop met Polder aan sy leiband. Dit was ’n versengend warm Novemberdag en my kop was suf geleer. Ma het die waaier op my laaikas staangemaak sodat ek kon afkoel, maar die gefladder van papiere op my lessenaar elke keer wanneer die waaier oor ons swaai, het my geïrriteer en Polder grommend laat opspring. Hy het altyd by my voete gelê terwyl ek leer en moedeloos gelyk omdat ek nie beweeg nie. Van tyd tot tyd het ek vir hom ’n grepie uit my Nederlandse voorgeskrewe boek gelees om sy nostalgie te besweer. Maar hy het meer van Simon Carmiggelt gehou, miskien omdat ek self hardop gegiggel het.

      Die son was aan die sak, die gras het gryserig gelyk en die boomblare het gedruip. Ek het opgekyk na die lug en gewonder of daar genoeg wolke is vir ’n reëntjie. Daar was hoegenaamd geen wolke nie. Selfs die lug was lelik en uitgebak.

      “Iris,” het iemand gesê en ek het ’n motordeur hoor oopgaan.

      Dit was Peter. Hy het ’n wit oopnekhemp aangehad en verbleikte jeans. Hy het jonger gelyk as vantevore, meer soos ’n student.

      “Is jy ’n student?” het ek gevra en Polder probeer bedwing. Hy het vorentoe gebeur om aan Peter te ruik en homself byna aan sy leiband verwurg.

      Peter het verward gelyk. “Ek is Peter. Ons het nou die aand by Paula se . . .”

      “Ek weet,” het ek gesê. “Ek vra net of jy ’n student is.”

      “Hoekom?”

      “Jy lyk of jy een kan wees, en almal nou die aand was.” Hy het sy kop geskud. “Nee, ek is ’n ingenieur. Ek bou paaie en brûe en damme.”

      “Nou toe nou.” Ek het die leiband ’n paar keer om my hand gedraai en Polder ingetol. “Ek is op pad park toe.”

      “Mag ek saamstap?”

      Ons het in stilte tot by die parkhekkie geloop. Ek het afgebuig en Polder ontkoppel en hy het soos ’n gebreekte veer van my weggeskiet om met sy maats te gaan speel. Die groot swart hond van ons bure het altyd dié tyd van die aand in die park kom speel

Скачать книгу