Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

oor my mond gedruk en my klere van my afgestroop.

      “Bly stil, Iris,” het hy gesê. “Bly stil. Ek wil nie ’n verdere woord van jou hoor nie.” Hy het my aan my skouers vorentoe gestoot en met ’n stamp in die water gegooi.

      Eduard was glad nie van plan om Greta op te soek nie, maar hy het nie rekening gehou met sy fotografiese geheue nie. Toe hy een middag deur die stad ry, op pad terug van ’n afspraak, het hy haar straatnaam raakgelees en daar ingedraai. Hoe gouer die besigheid afgehandel kan word, hoe beter, het hy besluit.

      Haar voorkoms, toe sy die deur vir hom oopmaak, het hom verras, soos Paul voorspel het. Sy was ongetwyfeld mooi, maar anders as Peter se nooiens. Sterker. Sy het ook nie vir hom besonder swanger gelyk nie, maar hy moes toegee dit kon wees omdat sy so ’n los (en modieuse – ek het ure bestee om haar reg aan te trek) rok gedra het.

      “Goeiemiddag,” het hy gesê en sy hand uitgesteek.

      Haar oë het vernou; miskien het sy die familie-ooreenkoms raakgesien.

      “Ja?” het sy gesê sonder om die deur wyer oop te maak.

      Hy het homself voorgestel. “Peter se broer,” het hy bygevoeg.

      “Ja?” het sy weer gesê.

      “Ek wil graag met jou gesels.”

      “Weer oor die brief?”

      “Wel, ja . . .”

      “Daar’s niks om te sê nie. Julle hoef julle nie oor my te bekommer nie.”

      “Dit was Peter se laaste wens.”

      “Hoe weet jy dit?” het sy gevra en gelag. “Julle prokureur het my die brief gewys, daar’s geen datum op nie.”

      “Maar sy voornemens is nie te betwyfel nie.”

      Sy het gesug en die deur wyer oopgemaak. “Kom binne. Ek is nie lus vir baklei nie.” Sy het voor hom uitgeloop na die oop kombuis. “Kan ek vir jou koffie skink?”

      Hy het wantrouig na die koffiemasjien geloer, op sy hoede vir die oorredingskrag daarvan. “Ja dankie.”

      Sy het in ’n harde, regop stoel gaan sit ná sy vir hulle geskink het. “Ek het heeldag al die verskriklikste rugpyn,” het sy bely. “Weet nie waarvan nie. Ek het tog nie swaar meubels rondgestoot nie.”

      Hy het opgemerk dat sy mooi bene het. (Mooier as myne, vanselfsprekend.) En hy moes toegee dat sy wonderlike koffie maak. “Ek het gedink ’n trustfonds sou die beste wees,” het hy abrup gesê. “Vir die kind. Sy skoling, studies, mediese uitgawes. Dis die minste wat ons kan doen.”

      Hy was gefassineer deur haar. Ten spyte van wat Paul gesê het, het hy ’n blonde sekspot verwag, ’n skattejagter met gebleikte hare waarvan die wortels roeterig deurskyn, besmeer van maskara en druipend van selfbejammering. Hy het haar begin uitvra oor haar werk en lewe en hoe verder hulle gesels het, hoe meer het hy gevoel dat dit sy fondament was wat aan die wankel was, nie hare nie. Van tyd tot tyd het sy haar lyf gerek en gefrons.

      “Ek weet nie waarom my rug so seer is nie,” het sy gesê. “Dit grief my.”

      “Miskien moet jy jou dokter bel?”

      “Vir wat? Dis seker maar ’n simptoom van my toestand.”

      Hy het al sy tweede koppie koffie klaar gehad en het begin voel as hy nie nou loop nie, sal hy dit nooit doen nie. “As ek my prokureur vra om die nodige te doen, sal jy so ’n trustfonds aanvaar?”

      “Ja,” het sy onbelangstellend geantwoord. “Doen maar waarvoor julle lus is. Sal jy my ’n oomblik verskoon?” Sy het opgestaan en na die badkamer geloop. Alleen gelaat, het hy hard probeer om nie onchristelike gedagtes oor sy broer te dink nie. Hoe kon Peter ’n meisie soos sy so misbruik?

      “Ek raak nie weer aan jou nie,” het Peter my ingelig toe ons bibberend in die donker langs die swembad sit. Hy het sy teddiebeerhanddoek om sy onderlyf gedraai en op die klipbank langs die braaivleisplek gesit.

      Ek het my besig gehou met die organisering van my ontoereikende handdoek. As ek dit laag genoeg afgetrek het dat daar lap tussen my sitvlak en die klip was, het my bolyf ontbloot gelê in die klimmende maanlig. Ná ’n ruk het ek dit oopgelos; hy het my tog al gesien en ek was banger vir Johanna se dreigement dat ek aambeie sal kry as ek op koue klip sit. Ek het teruggeskuif teen die bank sodat my rug teen die muurtjie rus en ek my bene lankuit oor die bank kan uitstrek.

      “Hoekom nie?” het ek gevra. (Nie dat ek regtig omgegee het nie; hy was per slot van rekening Peter en nie Eduard nie.)

      Hy het sy kop geskud. “Omdat ek nie weet hoe jou kop werk nie.” Hy het na my gekyk en vinnig weer weggekyk. “Wil jy nie jou rok aantrek nie?”

      “Nee. Ek’s nog nat.” Die oppervlakkige koudheid wat die water veroorsaak het, was aan die verdwyn; die hitte uit die tuin het my vel styf en dor laat voel.

      Met die punt van sy handdoek het hy my tone begin afdroog, asof dit sou help. “Sal jou ouers nie wonder waar ons bly nie?”

      “Nee.”

      “Nee,” het hy saamgestem.

      “Wat impliseer jy nou?”

      “My ma sou al lankal oor die muur gehang het om uit te vind wat ons alleen hier in die donker doen.”

      “My ma loop nie en tob oor ons sedes nie,” het ek hom vertel. “Sy tob oor ander goed.”

      “Ja,” het hy gesug. “Ek het so agtergekom.” Hy het my tone gelos en oor die swembad uitgestaar. Die rimpelinge wat ons geswem veroorsaak het, het lankal bedaar, maar ons het albei gewip toe die drywende suierpyp skielik ’n ruk gee en gorrelend begin filtreer. Dit het gelyk na ’n dier wat slurpend oor die swembadbodem soek.

      “Wat gaan jy volgende jaar doen?” het hy gevra.

      Ek het hom vertel.

      “Is jy ernstig?” het hy gevra.

      “Ja.”

      “Wat ’n vermorsing.”

      “Van wat?”

      “Jou talent.”

      “Hoe weet jy wat my talent is?”

      Hy het weer na my gekyk. Die maanlig was helderder en het sy gesig na ’n masker laat lyk waarvan die twee oë donker uitgehol was. “Ek wens jy wil aantrek.”

      Ek het afgebuk en ’n hand vol frangipanibloeisels opgetel. Ek het dit omgekeer dat dit soos kappies lyk en een oor elke bors gehang. Dit was nie moeilik nie, daar was nie soveel om te bedek nie, maar ek moes tog terugleun omdat die bloeisels aanhou afval het.

      “Daar,” het ek vir hom gesê. “Is dit beter?”

      Hy het opgespring, sy klere bymekaargeraap en begin aantrek. “Jy moet gaan swot,” het hy met sy rug na my gesê.

      Ek het die blomme afgeskud en ook aangetrek. “Ek dog jy’s so wêreldwys,”

Скачать книгу