Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe). Eleanor Baker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) - Eleanor Baker

Скачать книгу

sproete, maar toe sy begin kêrels kry, het ons dit gestaak omdat die mans, tot die laaste een, gedink het dis verskriklik mooi. Haar een kêrel, Hannes, het dit getel.

      “Tweehonderd en sewe,” het sy aan tafel aangekondig.

      Ma het belangstellend ophou eet en Pa het gefrons.

      “Waar het hy hulle getel?” het Pa gevra.

      Elsa het gebloos. “Op my gesig.”

      “Julle sit dan altyd in die donker kar,” het Kara prakties opgemerk. “Die lig is nie goed genoeg om te sien nie. Het hy ’n flits gebruik?”

      “Natuurlik nie. Ons het in die kafee gesit.”

      “Het julle dan niks om oor te praat nie?” wou Pa weet.

      “Jy het die sproete op mý neus getel,” het Ma besadig gesê. “Onthou jy nog? Ek het my gesig by die see verbrand toe dop dit af en jy het gesê . . .”

      “Els,” het Pa gewaarsku. “Moenie die kinders in die verderf inhelp nie.” Hy het deur die kos op sy bord geskoffel. “Hannes moet liewer sy punte tel en sorg dat hy al sy lesings bywoon. Sy pa vertel my hy’s bevrees Hannes gaan sy tweede jaar druip.”

      Elsa het rooi geword, en kwaad. As dit nie boontjiebredie was nie, het sy opgestaan en kamer toe gegaan. Ma se boontjiebredie – as sy onthou het om die bone eers behoorlik te week – was nie iets om te versmaai nie. Veral nie ter wille van Hannes nie. Min het ons in daardie stadium geweet wat nog voorlê. Hannes en sy beheptheid met sproete was maar die aanloop tot veel groter konflik.

      Ek self het laat ontwikkel en laat eers belangstelling gekry in mans. Ek was in matriek en die jong man was ’n vriend van Hannes, soos dit maar gebeur. Hy het dikwels genoeg by ons aan huis gekom om die susters goed deur te kyk, en ek vermoed hy sou Kara verkies het, behalwe dat sy toe midde-in haar nonstadium was.

      Sy het kuns studeer, elke vakansie gewerk en elke blou duit gespaar sodat sy oorsee kon gaan. Toe sy ná drie maande terugkom, kon sy nie ophou praat oor die katedrale van Europa nie en onder haar arm was ’n dik pak perkamente, natreksels van Middeleeuse ridders en heiliges. Sy het blykbaar die drie maande op haar knieë op koue klipvloere deurgebring en die mistiek van die Heilige Mis, die wierook en die gesnede beelde was ten spyte van haar Calvinistiese opvoeding nou in haar bloed. Sy het mans en aardse genot afgesweer en begin navraag doen oor die vereistes van die Katolieke Kerk. Sy wou ’n non word.

      My ouers het hulle oë opgeslaan, die dominee ingeroep om met haar te kom praat en hom bedees uitgelei ná Kara hom smalend aangehoor en verwerp het. Ek was siek van jaloesie. Dit was presies wat ek sou wou gedoen het. In daardie stadium van my lewe was ek reeds ontevrede met myself en vasbeslote om te verander, om iets anders te wees en te word.

      Hannes se vriend Riekie, doodverskrik deur Kara se piëteit, het my begin uitneem, maar dit was nie lank voor ek uitgekuier was vir sy sweterige hande, sy onbeteuelde aanvalle nes ons alleen in sy motor was en geparkeer onder ’n gebreekte straatlig, of sy benoude asem nie. Ek het hom oorgeskryf tot iets meer na my sin. Voor ek die aand moes uitgaan, het ek sy naam verander na Richard, uitgespreek Rigardt, om ’n rede wat nou nie meer vir my duidelik is nie. Ek het sy bruin borselkop omgetower in golwende donker hare wat amper in sy nek gehang het en waardeur ek my vingers getrek het in ons oomblikke van vervoerde passie. Sy praktiese, stomp hande het sensitief en lank van vinger geword, sy oë intens en versiende.

      Vanaf die oomblik dat hy op die voorstoep gestaan en jolig “Haai,” gesê het, het my beeld begin wankel, maar ek het vasgebyt.

      “Waarom sit jy hier met jou toe oë?” het hy eenkeer gevra toe ons ná ’n opvoering sit en koeldrank drink.

      “Dis nodig, Riekie, dis nodig,” het ek gefluister en geweier om die werklikheid in die gesig te staar. Dit was ’n warm aand en die werklikheid se gesig was bepêrel van die sweet, iets wat nooit met Richard sou gebeur het nie. Richard was vry van alle menslike swakhede en veral liggaamlike manifestasies.

      Ons het selde gaan fliek omdat ek die reuk van springmielies steurend gevind het. Ek het Riekie self steurend begin vind en gewens my ouers wil my verbied om hom te sien. ’n Paar van my vriendinne het ook met studente uitgegaan en hulle ouers het ’n stokkie daarvoor gesteek met die verskoning dat hulle dogters eers matriek moes deurkom. My eie ouers het nie ’n woord gesê nie.

      “Ma,” het ek haar eenkeer trompop geloop waar sy in die sitkamer gestaan en staar het na ’n verlepte rangskikking rose. “Ek dink nie dis ’n goeie ding om so dikwels uit te gaan nie.”

      “Ja, darling,” het sy afgetrokke gesê en die doodste rose begin uitlig. Slymerige water het op die tafelblad gedrup en sy het dit met die agterkant van haar hand afgevee.

      “Matriek is baie belangrik. Julle het dit nog altyd gesê.”

      “H’m,” het sy saamgestem.

      “Paula en Rinda se ma’s het hulle verbied om uit te gaan tot ná die eindeksamen.”

      Sy het verby my gekyk. “Gee my Pa se snippermandjie aan, asseblief.”

      Ek het die rottangmandjie aangegee. “Ma kan nie die nat rose hierin gooi nie. Ek sal ’n plastieksak gaan haal.”

      “Dankie, darling.”

      Ek het die sak vir haar gehou terwyl sy die rose uitsoek, en my aanslag hernu. “Buitendien is Riekie te oud vir my.”

      “Ek dag hy’s net twee jaar ouer as jy?”

      “Nee, vier. Hy was mos eers in die leër.”

      “Nou toe nou.”

      Dit was baie duidelik dat sy my weer eens nie gehoor het nie. Ek het tot die punt gekom. “Ek wil hê julle moet my verbied om hom weer te sien.”

      Sy het vir die eerste keer na my gekyk. “Nee, my ding, waarom sou ons dit doen? Riekie is ’n gawe seun.”

      “Ja, maar ek moet leer vir matriek.”

      “Sukkel jy?” Sy het angstig gefrons.

      Ek was besig om moed te verloor. “Nee, Ma.”

      Sy het weer verby my gekyk na die geplunderde rangskikking. “Sou dit help as ons haar vertel dat sy haar mooi hare sal moet afknip?”

      “Wie se hare?”

      “Kara. Hulle skeer dit mos stomp af voor hulle daardie kappie en sluier opsit.”

      Ek het geril omdat ek toe nog in die stadium was waar my lang, dik hare vir my so belangrik soos Simson s’n was. Soms het ek natgesweet wakker geskrik ná ’n droom waarin iemand my vasgepen en kaal geskeer het. “Ug,” het ek gesê. “Ma kan dit maar probeer . . .”

      “Ja,” het sy gesê en die plastieksak by my gevat. “Gaan doen jy nou jou huiswerk. Ek sal die sak weggooi.”

      Daar was geen ander raad nie. Ek sou Riekie self moes verbied.

      “Waarom?” het hy seergemaak gevra toe ons die aand by die huis kom en soos ons gewoonte was eers ’n ruk in die motor bly sit.

      “Ek dink nie ons pas bymekaar nie,” het ek waardig gesê. Hy het my probeer soen, iets wat Richard

Скачать книгу