Brand Pretorius - aan die stuur. Brand Pretorius

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Brand Pretorius - aan die stuur - Brand Pretorius страница

Brand Pretorius - aan die stuur - Brand Pretorius

Скачать книгу

ection>

      

      Aan die Stuur

      MY LEIERSKAPSREIS

      Brand Pretorius

      TAFELBERG

      Opgedra aan al die spesiale mense by

      Toyota en McCarthy wat ek die eer gehad het om te lei,

      en die voorreg gehad het om te dien

      “Die bron van die lewe vir die mensdom is, miskien, niks meer of niks minder nie as die passievolle energie in jou om te konnekteer, uiting te gee aan jouself en te kommunikeer. Jou betrokkenheid is die inwerkingstelling van daardie krag, wat ’n vonk van persoon tot persoon veroorsaak en lig in alle rigtings uitstraal. Soms steek die vonk ’n vlam aan die brand; soms versprei dit stilweg, magies, byna ongemerk, van die een na die ander, na ’n volgende.”

      Benjamin en Rosamund Zander

      The Art of Possibility

      Voorwoord

      Baie boeke is reeds oor leierskap geskryf, en vele meer sal ongetwyfeld nog in die toekoms geskryf word. Slegs enkeles sal ’n diepgaande uitwerking hê op diegene wat dit lees, en ek glo werklik hierdie boek sal een van hulle wees. Vir lesse oor leierskap om weerklank te vind by die leser, moet hulle gegee word deur diegene wat nie net die verraderlike reis self deurgemaak het nie, maar wat dit met sukses, integriteit en nederigheid gedoen het. Brand Pretorius is so ’n leier. Die hoofstuk oor “dienende leierskap” is ’n huldeblyk aan die styl van leierskap waarvoor hy bekend geword het. Met ’n voortreflike loopbaan in topleierskapsposte, eers by Toyota en daarna by McCarthy-groep, is daar niemand meer bevoeg om te praat oor die verantwoordelikheid om “Aan die stuur” te wees nie.

      In hierdie boek deel hy sy suksesse as uitvoerende hoof met ons, sowel as sy beproewinge in die bestuur van twee toonaangewende motorvervaardigings- en -kleinhandelmaatskappye in Suid-Afrika. Die lesse wat hy geleer het, is van onskatbare waarde. Met behulp van sy praktiese ervaring van leierskap “in die vinnige baan”, so te sê, skets Pretorius ’n verhaal van leierskap in al sy fasette – persoonlik, professioneel en sosiaal-maatskaplik. Sy insigte oor wat nodig is om ’n goeie leier te wees sal ’n baken vir die volgende generasie van korporatiewe en openbaresektor-leiers wees.

      Ek het die voorreg gehad om nou saam te werk met Brand Pretorius gedurende my ampstermyn as nie-uitvoerende direkteur van McCarthy Bpk. Sy bydrae tot die sakewêreld en die samelewing is wyd erken, soos getoon deur die toekenning van ’n ereprofessoraat in ondernemingsbestuur deur sy alma mater, die Universiteit van die Vrystaat. Ek is dus baie geëerd om geassosieer te wees met ’n boek wat sy ervarings oor leierskap uitlig, en om dit dan nou aan die leser te bied. Hierdie boek sal homself bewys as boeiende leesstof.

      Hixonia Nyasulu

      Nie-uitvoerende voorsitter van Sasol Beperk

      Inleiding

      Ek glo dit was deel van my lotsbestemming dat ek die jaarlikse Sake24 Ekonoom van die Jaar-banket laat in 2010 bygewoon het. Dit was op daardie funksie dat ek deur Lauren Thys van NB-Uitgewers genader is met die versoek om ’n boek oor my loopbaan in die sakewêreld te skryf. ’n Opvolgvergadering het in Februarie 2011 plaasgevind met die opdraggewende redakteur, Gerhard Mulder, wat my oortuig het om my te verbind tot hierdie opdrag. Ek was uit die staanspoor vasbeslote, om verskeie redes, dat ek nie ’n outobiografie wou skryf nie. Ek was egter bereid om wat ek geleer het oor besigheid en leierskap tydens my loopbaan, wat oor 38 jaar gestrek het, met ’n wyer gehoor te deel.

      Die menings en voorstelle vervat in hierdie boek word aangebied in alle beskeidenheid. As gevolg van die verskillende kronkels wat my loopbaan geneem het, en in die besonder die hoogte- en laagtepunte wat ek ervaar het, besef ek terdeë dat ek nie al die antwoorde het nie.

      Dit is egter my mening dat ek ’n paar waardevolle lesse het om te deel wat ek uit my eie ervaring geleer het, sowel as van my mentors. Hulle perspektiewe, wysheid, insig en advies het enorme waarde tot my lewe toegevoeg uit ’n persoonlike sowel as ’n loopbaanoogpunt. Hopelik sal my leerervaring ook die leser tot voordeel strek.

      As jy my vergesel op my reis, sal jy vind dat ek die pad wat ek gereis het in twee afsonderlike gedeeltes bespreek. Om konteks te verleen aan die grootste deel van die inhoud, naamlik my leierskapsbenadering en die lesse wat ek geleer het, bevat die eerste gedeelte ’n kort oorsig van my kinderjare en my ervarings by Toyota Suid-Afrika sowel as die McCarthy-groep. Omdat my sakeloopbaan in ’n groot mate in die openbare oog was, het ek en my gesin besluit om ons privaatheid te beskerm en ons persoonlike lewe uit die kollig te hou. Alhoewel daar persoonlike verwysings dwarsdeur die boek voorkom, is dit nie die doel van hierdie boek om outobiografies te wees nie. Die eerste gedeelte het ten doel om slegs die agtergrond te verskaf waarteen die lesse en insigte oor die sakewêreld en leierskap gesien moet word. Hiervoor is outobiografiese elemente nodig, maar die grootste deel van hierdie boek gebruik hierdie gevallestudies, staaltjies en die chronologiese uiteensetting van my loopbaan as verwysingsraamwerk.

      Ek het my bes probeer om die onderskeie hoogte- en laagtepunte op ’n oop en eerlike wyse te deel. Tydens my kinderjare op die Vrystaatse dorpie Bultfontein, het ek nooit gedink dat ek eendag die geleentheid sou hê om skouers te skuur met die topleiers in die motorbedryf nie. Ook het ek nooit verwag dat ek blootgestel sou word aan die verskeidenheid van ervarings wat ek op my reis teëgekom het nie – van die opwinding van die bereiking van mark- en klanttevredenheidleierskap by Toyota, tot die uitdaging om ’n tegnies insolvente McCarthy om te draai nie. Verder, tydens die hantering van die herkapitalisering van die groep, het ek ook voor ’n aggressiewe ondervraging te staan gekom met die artikel 417-ondersoek wat die likwidasie van Retail Apparal Group in 2002 tot gevolg gehad het. In 2004, nadat McCarthy se finansiële gesondheid ten volle herstel is, het my lewe weer verander toe die Bidvest-groep McCarthy oorgeneem het. Waardevolle leerervaring het ook plaasgevind as ’n lid van die “Trots Bidvest”-span. Terugskouend was ek ongelooflik geseën om blootgestel te kon wees aan so ’n breë spektrum van verskillende mense, uitdagings en geleenthede, hier sowel as in die buiteland.

      Die hart van hierdie boek is vervat in die tweede gedeelte waar die hoofstukke handel oor verskillende aspekte van leierskap. Ten spyte van die feit dat so baie reeds oor die onderwerp geskryf is (volgens Google byna 15 miljoen boeke), bestaan daar steeds ’n voortgesette aanvraag vir meer perspektief, insigte en praktiese raad. My insette oor die fassinerende onderwerp van leierskap het nie ten doel om by te dra tot die akademiese teorie nie, maar is bedoel om waarde toe te voeg tot die debat oor wat effektiewe leierskap behels. As gevolg van die aard van my ervaring het my insette ’n duidelike plaaslike geur. Daar is geen twyfel dat sekere unieke uitdagings die leiers in Suid-Afrika in die gesig staar, nie net as gevolg van ons geskiedenis nie, maar ook as gevolg van die huidige realiteite en waarskynlike toekomstige omstandighede.

      Hierdie afdeling neem die leser eerstens op ’n reis deur die omgewing waarin leiers huidig nodig het om te funksioneer en te floreer. Dit bevat gedagtes oor die vernaamste riglyne vir effektiewe leierskap. Ek brei ook uit op my eie filosofie en verduidelik waarom ek die benadering van dienende leierskap voorstaan. Verder dek ek ook twee areas waarin ek my leierskapsbenadering toegepas het, naamlik kliëntediens en bemarking, en illustreer die lesse wat ek in beide geleer het. Bemarkingsdoeltreffendheid en uitnemende diens, wat beide sleutels tot volhoubare besigheidsukses is, is onderwerpe waaroor ek baie passievol is. Hoewel sommige van die gevallestudies terugdateer na my dae by Toyota, is ek van mening dat die beginsels wat ons toegepas het, tydloos is.

      In ag genome ons unieke Suid-Afrikaanse omgewing en die dringende behoefte aan uitsonderlike leiers, handel hoofstuk 11 oor die behoefte aan

Скачать книгу