DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme. Lindie Koorts

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme - Lindie Koorts страница 4

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme - Lindie Koorts

Скачать книгу

jonger kinders om te sien. Malan sr. het egter gou besef dit kon net ’n tydelike reëling wees. Sy oplossing was om weer te trou, sodat sy kinders weer ’n ma kon hê. Vriende het Esther Fourie van Beaufort-Wes “aanbeveel”. Sy was die dogter van ’n vooraanstaande veeboer – en 21 jaar jonger as hy.[52]

      In Januarie 1894, ná dertien maande se korrespondensie, het Andrew Louw Allesverloren besoek om Cinie te ontmoet. Die twee het dadelik besluit om te trou.[53] Malan sr. het Esther Fourie in dieselfde maand om haar hand gevra. Hulle is in Maart 1894 getroud.[54] ’n Maand later het Cinie en Andrew voor die kansel gestaan. Cinie is saam met haar man na Morgenster, waar sy tot haar dood in 1935 saam met hom gearbei het.[55]

      Esther Fourie het goed by die Malan-gesin ingepas. Sy het haar man se kinders soos haar eie behandel en het kort ná hul huwelik geboorte geskenk aan ’n dogter, Essie, gevolg deur Annie en Stinie. Daar is ook ’n seuntjie gebore, maar hy is vroeg dood. Wanneer groepfoto’s by familiebyeenkomste geneem is, het Esther daarop aangedring dat die portret van haar stiefkinders se ma daarop ingesluit word.[56] In een so ’n foto sit Malan sr. in die middel, omring deur sy kinders en kleinkinders, met ’n portret van sy oorlede vrou aan sy regterkant en sy tweede vrou aan sy linkerkant.

      Die jong Malan het gou met sy nuwe stiefma se jonger susters bevriend geraak en veral by Nettie aanklank gevind. Sy het vir hom ’n kameraad geword en hulle het graag aan mekaar geskryf.

      Nadat hy met onderskeiding aan die Stellenbosch Gimnasium gematrikuleer het,[57] het Malan vir ’n BA in Wiskunde en Wetenskap aan die Victoria-kollege ingeskryf. Sy uitslae was nie altyd ewe goed nie. ’n Medestudent onthou hoe Malan ná ’n besonder moeilike wiskundetoets sy antwoorde met dié van ’n klasmaat vergelyk het. Toe dit blyk dat hy minstens drie antwoorde reg gehad het, het hy sommer gebokspring van vreugde en verligting. Malan se uitbundigheid was só ongehoord dat sy medestudent die voorval vir die res van sy lewe onthou het. Volgens hom was Malan altyd “so sedig, so ernstig, en so goed gebalanseerd soos ’n skaaltjie in die chemiese laboratorium”.[58]

      Malan het nie aan enige sport deelgeneem nie, het trots verklaar dat hy nog nooit ’n roman gelees het nie en by sy vriende die indruk gewek dat hy glad nie in die teenoorgestelde geslag belangstel nie. “My mind to me a kingdom is” was sy leuse.[59] Malan het later erken hoe pynlik skaam hy tydens sy studentejare was. Sy minderwaardigheidsgevoel het hom soms só oorweldig dat dit vir hom gevoel het asof tallose oë sy rug deurboor terwyl hy in die straat af stap.[60]

      Al was sy vriende onder die indruk dat meisies nie vir hom belangrik was nie, het Malan die vrymoedigheid gehad om die nooientjie van sy drome aan Nettie te beskryf. Soos wat die gebruik onder opgevoede Afrikaners in daardie jare was, het hulle in Engels gekorrespondeer:

      . . . my recipe states that my “tik” [iemand op wie jy verlief is] wears her hair loose, has no “strikkies” about her, is no slave of fashion, is very kind and good tempered, and has never yet flirted and has a true constant love for none else than for me. You see that my “tik” is infinitely more difficult to be caught than yours, for women are almost all alike. If she has once disappeared among the millions of her sex, the task of extricating her is almost a hopeless one.[61]

      Malan het probeer vlerksleep by ’n jong dame genaamd Berrie, maar sy poging het skipbreuk gely weens ’n kwaai chaperone. “I really don’t know why I may not see Berrie anymore,” het hy by Nettie gekla. “It must be either imagination on my part that I have done something, or it must be imagination on Miss Hannay’s part that I have done something. I don’t think that it is expressly forbidden, but the old lady does not like it. I hear that she is displeased with calling in general, so that mine is no exceptional case.”[62]

      Drie jaar later het Malan met ’n meisie genaamd Maria probeer korrespondeer. In hierdie briewe kan ’n mens die skaam jong man byna sien bloos soos hy as’t ware oor sy woorde steier:

      Have you made up your mind yet about what I asked you the evening before you left? If you do decide to consent, I would not expect you to write every week or every fortnight or even longer, for I am considerate enough to think that you may be wearied and that you have your work and other correspondence besides. If however you have any objection whatever, or any difficulty or even if you have no inclination to do so, you may certainly be so bold as to say so; I will not in any way be offended and will rest satisfied – not that I am at all indifferent and do not care; far from it! but because I can do it for your sake. I am very glad that you have taken some time to consider. If one does not think twice before you leap, you might afterwards have cause to regret the step you have taken, thereby perhaps grieving both yourself and others.[63]

      Hy het kennelik ’n positiewe antwoord ontvang, want in sy volgende brief het hy jubelend voortgestrompel:

      I feel very highly honoured, to say nothing of being pleased. I fear that you will not always find me very interesting or entertaining. In letterwriting, I suppose, as in all other things, experience is needed to bring to perfection and that is just what I cannot boast of. To my homepeople, school and College chums I have of course often written, but whether being interesting to them means being interesting to ladies, I don’t know. However, you have been kind enough to take this new pupil into your school; he is a little older perhaps than most of your pupils are, and his faults are therefore perhaps a little more deeprooted, but I sincerely hope that notwithstanding all the vexation he may give, you may have the satisfaction to see that he is at least progressing. I have one request to make and that is that you would never in any way trouble yourself so as to be able to write to me regularly. You need not write when you are tired or have anything else to do. Write when you feel inclined and have the leisure. Not that I am so presumptuous as to think that you will take trouble or make any sacrifice for my sake, but because you might, having made this engagement, think it your duty. In short, consider writing to me not a duty you have to perform, but a favour you bestow.[64]

      Dit wil egter voorkom of sy poging hierna op die rotse geloop het, want geen verdere korrespondensie tussen Malan en Maria het bewaar gebly nie. Malan het uiteindelik besluit om hom skaars te hou wat die teenoorgestelde geslag betref. Hy was steeds bewus van ’n spesiale roeping en het besluit meisies sal sy aandag slegs van sy lewensdoel aftrek.[65]

      Daar was ’n ander forum – die Unie Debatsvereniging – waar Malan sy minderwaardigheidsgevoelens makliker kon oorwin. In daardie jare was bykans al Stellenbosch se studente lid van die Kollege Debatsvereniging of die Unie Debatsvereniging.[66] Malan is sommer reeds met sy aankoms in Stellenbosch vir die Unie Debatsvereniging gewerf. Pieter Stofberg het sy lidmaatskap formeel voorgestel en Jan Smuts het dit gesekondeer.[67] Die Unie Debatsvereniging was ’n forum waar ’n nuwe generasie geleerde jong Afrikaners hul stand se gevestigde belange kon verwoord, sowel as ’n nuwe nasionalisme wat minder gematig as dié van hul ouers was.[68] Dit was ’n slypskool vir aspirant-politici en -orators.

      Malan het vir sy eerste optrede ’n resitasie getiteld “The Death of Napoleon” voorberei. In die stuk herleef Napoleon op sy sterfbed op St. Helena in sy geestesoog sy roemrykste oomblikke.[69] Dié soort beeld het die jong Malan ontroer en hy het sy bes probeer om dit so vloeiend as moontlik voor te dra.[70] Sy plegtigheid was egter vir die agterbankers komieklik en hulle het hom lustig gespot. Smuts kon sien hoe die vernedering dreig om die verslae Malan te oorweldig. Hy het na die vereniging se voorsitter, P.J.G. Meiring (die latere redakteur van Die Kerkbode), oorgeleun en gefluister die jong man kom van sy tuisdorp af en het “’n fyn persoonlikheid en ’n vinnige brein”.[71] Meiring het die nuweling na afloop van die geleentheid opgesoek en hom verseker hy het sy voordrag geniet, en hom aangeraai om geen ag op die spotters te slaan nie.[72]

      Die gerusstelling het die nodige uitwerking gehad, want Malan het nie moed opgegee nie. Dit was ’n belangrike keerpunt, ’n oomblik waartydens Smuts, later een van Malan se vernaamste politieke opponente, verhoed het dat sy gees geknak word.

      In 1895 het Malan aan sy eerste debat deelgeneem

Скачать книгу