DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme. Lindie Koorts

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme - Lindie Koorts страница 5

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme - Lindie Koorts

Скачать книгу

Colony.” Hy het die debat gewen[73] en is deur die Stellenbosch Students’ Annual geloof vir ’n “brilliant success. The debating power of the Society has probably never appeared to such distinct advantage.”[74]

      Dit is interessant dat Malan so krities teenoor Rhodes en De Beers was omdat die verhouding tussen Rhodes en die Afrikaner Bond op die oog af nog heel gesond was. Die rampspoedige Jameson-inval en die daaropvolgende politieke egskeiding tussen Rhodes en die Afrikaners het eers tydens die laaste week van Desember 1895 en die eerste weke van 1896 plaasgevind. Tog het Malan gesinspeel op gerugte dat De Beers geheime geld gebruik het om verkiesings te beïnvloed. Dit is vandag algemeen bekend dat S.J. du Toit, die kleurryke leier van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging en omstrede stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), in Rhodes se sak was.[76] Dit is moontlik dat die gerugte destyds reeds die rondte gedoen het.

      In sy toespraak het Malan die begrip “Afrikaner” ietwat dubbelsinnig gebruik. Wanneer hy hom op sy gehoor beroep het, was dit as lede van dieselfde nasie, “whether this country be our adopted country or our native land”.[77] Tog het sy beskrywing van die Afrikaners weinig twyfel gelaat dat hy daarmee na die Hollandssprekende, of in sy woorde, “gevestigde”, wit, bevolking verwys het. Hy het Afrikaners as ’n konserwatiewe groep mense beskryf wat wantrouig teenoor vooruitgang staan en deur oorgangstye bedreig word:

      The Afrikander nation is one very slow and hesitating to accept new things and new ideas. The nation has always been looked upon as extremely non progressive even so that some call it the retrogressive party. A sudden change is now to come and who knows what may be the result. We may compare the slow progress that our nation is making to a cart that is moving slowly forward. A sudden pull is now given to it and it might be that we remain on the cart, but it might just as well be that we lose our balance, tumble over and remain behind altogether.[78]

      Hierin is ’n duidelike pleidooi om beskerming vir sy mense teen onsekere tye te lees. Die beskerming moes nie net ekonomies van aard wees nie, maar ook kultureel, want die Transvaalse Uitlanders was vir Malan ’n onheilspellende voorteken.[79]

      Dit is ook interessant om te let op Malan se antikapitalisme en antisosialisme in ’n voordrag wat hy op 21-jarige ouderdom geskryf het. Afrikaners was, as ’n reël, ambivalent oor kapitalisme en sosialisme, maar dié toespraak was ’n vroeë uitdrukking van iets wat in die 20ste eeu ’n algemene begrip geword het. Malan het kapitalisme as ’n euwel beskou wat die plaaslike bevolking plunder, en die samelewing se ewewig versteur deur ekonomiese ongelykheid te skep. Dit sou op sy beurt tot sosialisme en anargisme lei. Vir Malan het laasgenoemde twee hand aan hand geloop.

      Hy was ook bekommerd oor die uitwerking wat al hierdie vreemde euwels op Afrikaners se “nasionale karakter” kon hê.[80] Hierdie term kan gekoppel word aan die Duitse filosowe Johann Gottfried Herder en Johann Gottlieb Fichte, wat breedvoerig geskryf het oor die uniekheid van elke kultuur, wat tot elke prys soos ’n kosbare skat bewaar moes word. Filosofie was Malan se ander groot belangstelling en in dié studieveld was hy meer tuis as in enige ander.[81]

      Ná die voltooiing van sy BA moes Malan op sy volgende stap besluit. Hy het moontlik die onderwys oorweeg, want in 1896 is hy ’n paar maande lank as die hoof van ’n seunskool in Swellendam aangestel. Die skool was in ’n benarde toestand en op die punt om gesluit te word. Boonop was Malan se onderrigpoging blykbaar nie baie geslaagd nie, want hy is ná een termyn daar weg en in die daaropvolgende skoolinspeksie het die leerlinge beroerd gevaar.[82]

      Die dag en datum waarop Malan besluit het om teologie te studeer, is onbekend. Hy het later vertel hy het drie maande lank ’n innerlike stryd gevoer om tussen die regbank en die kerk te kies.[83] Eersgenoemde was sy voorkeur en begeerte; laasgenoemde sou sy ouers tevrede stel. Toe hy uiteindelik kies, was dit finaal – hy het nie weer teruggekyk nie.[84]

      Op ’n ongedateerde vel papier het hy, sonder om melding te maak van sy aanvanklike voorkeur, die redes vir sy besluit om predikant te word, neergeskryf.[85] Sy woorde het die toewyding aan sy gekose pad weergegee. Hy het die wyse waarop hy sy besluit geneem het aan sy ouers toegeskryf: As godvresende, vroom mense het hulle hom sedert sy kinderjare geleer elke mens het ’n godgegewe roeping. Dit het beteken sy loopbaan kon slegs slaag indien God se seën daarop rus. Volgens die nota het hy vantevore lank oor die saak gebid en God gevra om vir hom die weg aan te dui. Hy was glo reeds twee jaar vóór die neerpen van die nota bewus van sy roeping, maar sy vertwyfeling het hom aanvanklik verhoed om die moontlikheid te oorweeg – moontlik weens sy skaamheid en minderwaardigheidsgevoelens. Hy het egter besluit om nou sy eie wil prys te gee, en God se wil te volg. Hy sou ’n leë vat wees waarin God sy Heilige Gees kon giet.[86]

      Die vel papier was in werklikheid ’n brief van onderwerping, van neerkniel, en ’n voorneme om ’n weg te volg waarvoor hy, nes Moses, bitter bang was, maar waarin hy nietemin sou volhard om God se wil te bevredig.

      Malan het sy admissie-eksamens in 1896 geskryf en dit cum laude geslaag, waarna hy by Stellenbosch se kweekskool ingeskryf het.[87] Terselfdertyd het hy ook vir ’n MA in Filosofie ingeskryf. Só het hy van een wêreld na ’n ander beweeg.

      Toe Malan in 1891 in Stellenbosch aangekom het, het die dorp uit twee wêrelde bestaan. Aan die een kant was daar die professore van die Victoria-kollege, wat meestal Engelsgesind was en aan hul studente ’n klassieke opvoeding gebied het. Daarteenoor is Stellenbosch deur die kweekskool oorheers.

      Tydens Malan se studentejare het die kweekskool se dosente uit proff. N.J. Hofmeyr, J.I. Marais en P.J.G. de Vos bestaan, wat almal noue bande met ds. J.H. Neethling, die plaaslike predikant, gehad het. Die kweekskool is deur Hofmeyr en John Murray gestig – laasgenoemde was reeds oorlede toe Malan as student ingeskryf het. Hulle is as ortodokses beskou en die kweekskool het sy bestaan aan hul oorwinning oor liberale faksies in die kerk te danke gehad. Hofmeyr en Murray was lede van ’n klein, invloedryke teologiese kliek wat almal in Nederland aan die Universiteit van Utrecht gestudeer het, waar hulle deur die Romantiese Réveil-beweging beïnvloed is.

      Die Réveil was ’n reaksie teen rasionele kritiek op die kerk se leerstellings, wat in dié jare kenmerkend van Nederlandse teologie was. Die Réveil het ’n terugkeer na die “suiwer” gereformeerde geloof en Calvinistiese beginsels voorgestaan.[88] Hofmeyr, wat as ’n vaderfiguur oor die kweekskool getroon het, is ook deur die werk van Friedrich Schleiermacher, ’n Duitse Romantiese teoloog en filosoof, beïnvloed. Schleiermacher het meer op die ervaring van geloof as op die doktrine gefokus.[89] Dit het stukrag verleen aan die gedagte dat geloof ’n private en individuele saak is. Dié groepie mans het dus saam met Andrew Murray jr. ’n belangrike rol gespeel in die Evangeliese beweging en in die Groot Herlewing, wat so ’n verreikende uitwerking gehad het op die wêreld waarin Malan grootgeword het.

      Hul preke het egter nóg ’n dimensie gehad: ’n nasionalistiese strekking. Hul benadering tot die teologie en geloof was patrioties van aard, wat maklik

Скачать книгу