As die wind kom draai. Hans du Plessis

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу As die wind kom draai - Hans du Plessis страница 11

As die wind kom draai - Hans du Plessis

Скачать книгу

is toe hy omdraai dat hy die geroggel agter die rotse links van hom hoor. Sal hy vandag nog weer die Oortman moet gebruik om ’n dier uit sy pyn te verlos? Hy weet nie of hy daarvoor kans sien nie, en kruit is duur. Nogtans loop hy op die gekerm af.

      Toe hy om die rots kom, sien hy hom: die man wat in die as op sy knieë staan, sy kaal rug na Vryheid toe. Die brandwonde op die gespierde rug is afgryslik. Die man se hande is voor hom uitgestrek asof hy iets probeer vat. Hy praat, maar Vryheid verstaan nie die taal wat roggelend by die mens se mond uitkom nie. Anderkant die man lê vyf beeste, opgeblaas met stywe pote. Verbrand.

      Vryheid gaan nader, die man sien hom en kom halforent, sy hande steeds voor hom uit. Die gesig is vertrek, trane loop strome oor sy wange. Hy bly praat, die vreemde woorde rol oor sy gebarste lippe. Toe val die figuur vooroor en gryp met sy hande na die swart stomp langs hom.

      Vryheid wil omdraai en wegvlug.

      Die stomp is die verbrande lyk van ’n mens. ’n Kind?

      Die man lê oor die lyk van ’n kind. Vir die eerste keer in sy lewe verstaan Vryheid wat weeklaag regtig beteken, want dit is nie huil wat uit die man se mond kom nie.

      Vryheid laat die Oortman van sy skouer af sak en sit dit teen die rotse. Hy vat die man versigtig aan die skouer. Nou eers sien hy ook hoe verbrand die hande is, maar dit bly klou aan die lyk op die grond. Vryheid raak liggies aan die man, probeer hom sover kry om op te staan, maar dit lyk asof hy nie eens bewus is van Vryheid nie. Toe probeer Vryheid hom regop kry deur hom aan die oksels op te lig. Die man kom wankelend regop, leun huilend teen Vryheid. Asof met sy laaste bietjie krag beur hy na die geweer toe, vat dit en hou dit na Vryheid toe uit. Hy praat, maar Vryheid verstaan niks van wat hy sê nie. Die man draai die loop van die geweer op homself, hou die kolf na Vryheid toe uit. Skiet my! smeek sy hele houding.

      Stadig trek Vryheid die geweer uit die man se hande, geen weerstand nie. Hy sak wenend op die grond neer en bly so sit met sy kop skuins teen die rots. Hy beduie na die verbrande mensie, en wys na sy eie borskas. Sou dit sy kind wees? Het die vuur sy beeste gevat? En die kind? Hoe kan hy die man nou los?

      Dit is ’n mens.

      Optel en dra, kan hy hom nie, want die brandwonde is oral en die man is te swak om self te loop.

      Hy sal hulp moet gaan soek.

      Petronel sal weet hoe om die wonde te versorg.

      Vryheid hou sy linkerhand in die lug. “Wag hier,” sê hy, maar weet dat die mens hom nie verstaan nie. Hy druk hom sag aan die skouer en beduie weer dat hy moet bly. Nie dat hy vanself êrens sal kan heen nie.

      Met die Oortman oor sy skouer stap Vryheid haastig huis toe, hy hoor die een koeël wat los in die koeëltas rondrol.

      Die vuur het nie net die veld vernietig nie.

      14

      “Magtag, Vryheid, het jy ’n spook gesien?” Lourens vergeet skoon wat Niklaas gevra het en staar na Vryheid wat die kookskerm inbars en bewend tussen hulle staan.

      “Daar lê ’n verbrande man in die veld.”

      “Waarvan praat jy?”

      Vryheid kreun, kyk vervaard na Lourens.

      Petronel kom by die huis uit, tot by Vryheid, raak aan sy hand. “Is hy dood?” Sy sien hom swaar sluk. “Sal hy kan loop?”

      “Hy is liederlik verbrand.”

      “Bring hom hiernatoe.” Lourens staan vinnig op.

      “Ons sal hom moet dra,” sê Vryheid uitasem.

      “Kan julle hom bring?” vra Petronel.

      “Ons sal hom moet dra, hy het erg verbrand.”

      “Wag,” sê Petronel, “ek bring ’n kombers.”

      “Onder die wa lê ’n stuk seil. Kom,” sê Lourens en loop. “Jakob, bring vir ons twee pale, ons sal die man moet dra.”

      “Ek kom saam.” Oom Bêrend staan uit die stoel uit op. “Sipho,” roep hy asof hy skielik aan iets dink. “Dis die enigste een wat hierdie tale kan verstaan. Dis my touleier.”

      Hulle loop in ’n ry van die werf af weg, Vryheid heel voor omdat hy weet waarheen hulle op pad is. Heel agter Sipho, die jong seun.

      Toe hulle by die verbrande mens kom, lyk dit nie of hy nog lewe nie, maar hy maak tog stadig een oog oop. Sipho praat met hom, maar hy is te swak om te antwoord. Dit is net ’n onverstaanbare gebrabbel.

      “Bind die seil om die pale, Jakob, ons sal hom huis toe dra.” Lourens gee die bevele, maar dit klink of iets sy keel bly toedruk.

      Die vuur het oor alles geloop, alles in sy pad platgebrand.

      “Julle moet die kind kom begrawe, Jakob. Pak klippe sodat ons kan weet waar die graf is.”

      Dit is ’n somber stoet wat die man deur die gebrande gras huis toe dra. Niemand anders praat nie, net Sipho wat met die man probeer gesels, maar daar kom nie ’n antwoord nie.

      “Arme man,” sê oom Bêrend toe hulle hom uiteindelik onder die kookskerm se seil indra. “Net die genade sal hom weer mens kan maak.”

      “Die genade trek al van die Kolonie af saam met ons, oom Bêrend.” Petronel haal ’n botteltjie balsem uit die medisynetrommeltjie wat sy op die tafel oopgemaak het. Versigtig smeer sy van die salf aan die man se verbrande hande. “Weet julle al wie hy is en waar hy vandaan kom?”

      “Sipho sal hom vra wanneer hy weer kan praat.” Oom Bêrend gaan naby die vuur sit en soek in sy onderbaadjiesak na sy snuif.

      “Jy sal vir hom iets moet gee vir die pyn en om te kan slaap.” Lourens kyk na sy vrou.

      Sy haal botteltjies medisyne uit die trommel en voer hom druppel vir druppel. “Vat hom na Jakob se huis toe, hy moet rus kry.” Sy maak haar oë toe. “En baie genade.”

      “Hy kan mos maar onder die bome lê,” hoor hulle Niklaas agter hulle sê, maar hulle dra die man na die skerm by Jakob se huis.

      Eers vroeg die volgende oggend kom Sipho by die vuur staan. “Die man sê hy is Tawana, en hy het vroeër hier gewoon, maar Silkaats se mense het sy vrou en sy dogters weggevat en sy beeste geroof. Hy en sy babaseun het saam met Moroka Thaba Nchu toe gevlug, en toe dit weer veilig lyk, het hy al op die waspore langs teruggekom na sy land toe.”

      “Nou het hy niks nie,” sê Magriet waar sy naby die vuur kom staan met ’n beker stomende koffie in haar hande.

      “En dis ook nie meer sy land nie,” sê Niklaas.

      Onder uit die verbrande vallei giggel hiënas opgewonde oor die oordaad.

      15

      Die skerp reuk van nat, gebrande gras irriteer haar neus en kriewel soos ’n lastige gejeuk in haar oë. Dis hoekom sy bly rondrol op die ongemaklike bedjie, probeer Magriet haarself die hele nag lank wysmaak. Buite moet dit seker al begin lig word, want die eerste duiwe se koer vul die kloof. Dit help tog nie om nou te probeer slaap nie. Droom, ja. Die mooi man met die

Скачать книгу