Fiela se kind. Dalene Matthee

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Fiela se kind - Dalene Matthee страница 20

Автор:
Серия:
Издательство:
Fiela se kind - Dalene Matthee

Скачать книгу

se pote weer anders geklink. Hulle was in ’n straat tussen huise. Die dikke het voor een van die huise afgeklim en hy en die lange is alleen verder tot by ’n ander huis waar ’n vrou met ’n lantern op die stoep gestaan het.

      “Ek dog julle het verongeluk!” Sy het nader gekom en die lantern opgelig om beter te kan sien. “Is dít die kind?” het sy gevra en hom aangekyk soos een wat nog nooit ’n mens gesien het nie.

      “Ja,” het die lange gesê, “dis hy.”

      Die bang het hom weer begin naar maak.

      Die huis se mure was wit van binne en die vrou het bly staar na hom.

      “Sit neer jou trommel, boet. Is jy honger?”

      “Ek het kos.”

      “Wil jy ’n bietjie koffie hê?”

      “Nee, mies.”

      Toe die lange van buite af inkom, het sy geskinder: “Dis te vreeslik, Ebenezer, hy noem my mies. Nes ’n bruinmens.”

      Iemand het die perde op en af voor die venster koudgelei. Die vrou het hom buitetoe geneem en gewys waar die waterhuis is waar hy hom moes was en die plek waar hy moes pie. Sy het die lantern vir hom gelos en is weer die huis in. Die een wat die perde koudgelei het, het anderkant die waterhuis omgekom en gesê: “Naand, kleinbaas.” Dit het snaaks geklink. Hy het geweet hy is wit, maar niemand het nog ooit vir hom kleinbaas gesê nie. As Dawid en Tollie daar was, sou hulle hulle slap gelag het.

      Toe het die vrou vir hom gewys waar hy moes slaap en vir hom ’n kers gegee. Hy het van die kos in die trommel geëet en die vyfsjielingstuk weer in die lap geknoop. Die Komoeties was nie kaalgat nie.

      Die volgende môre was die bang sy hele lyf vol, maar een nag se slaap was verby en net een het oorgebly. Hy het opgestaan en die nuwe hemp aangetrek, soos sy ma gesê het. Net nie die skoene nie. Sy voete was te seer. Die hemp se moue was te lank en het aangehou om oor sy hande te skuif as hy sy arms langs sy sye laat hang.

      Die vrou het vir hom brood en koffie in die kombuis gegee en hy moes dit langs die tafel staan en eet. Daar was stoele. Sy het in die deur kom staan en na hom bly kyk, en later het die lange agter haar kom staan en hulle het Engels gepraat met mekaar.

      “Die hale oor jou bene, boet,” het die vrou gevra, “het hulle jou so geslaan?”

      “Nee, mies.” Sy was seker laf. “Ons tap aalwee. Ons moet nog tot andermaand toe tap. Dis die dorings wat ’n mens se bene so skraap. Mies moet sien hoe lyk my twee broers en susters s’n.”

      Die vrou het weggedraai en haar kop geskud.

      Hy het sy hande buite gaan was en voor die agterdeur gebly. Dit was beter buite. Toe het die man hom kom roep. Dit was tyd om te begin aanstap magistraat toe.

      Een maal nege is nege. Twee maal nege is agttien.

      Die huise van die dorpie het ook maar rietdakke en sinkdakke gehad nes Uniondale s’n, en die strate was ook maar gaterig. Toe hulle in die bo-straat kom, het ’n wa met koponderstebo osse in die straat af gekom en dit was vol houtstompe gelaai. By die wa was snaakse mense; witmense, maar hulle was baie arm.

      Aan die voet van die dorp het die grootste dam wat hy in sy lewe gesien het, gelê. Dit was nie die see nie.

      “Waar’s die see dan?” het hy gevra en onthou om die baas uit te los.

      “As jy mooi kyk, sal jy hom daar agter die meer deur die koppe sien.” Die lange was nie meer dikbek nie. “Maar hou nou op om om te kyk, ek wil met jou praat. Ek wil hê jy moet weet dat jou hele lewe op hierdie dag kan verander. Jy moet jou mooi gedra. As die magistraat vir jou ’n ding vra, antwoord hom ordentlik en moenie obsternaat wees nie.”

      “Gaan ek môre huis toe?”

      “Dit hang af van wat vandag in die hof gebeur. Jou … ee … die mense daar agter in die Lange Kloof het jou seker gesê van die kind wat destyds hier in die Bos weggeraak het, en dat die ma van die kind vandag moet kom kyk of jy dalk daardie kind kan wees …”

      “Ek is nie haar kind nie.”

      “Dis nie vir jou om te besluit nie,” het die lange hom weer opgeruk en vinniger geloop.

      Die plek van die magistraat was soos ’n groot skool, met baie vensters en baie klaskamers. ’n Man het uit een van die klaskamers gekom en Engels gepraat met die lange. Onder in die gang was ’n konstabel; sy knope baie blinker as die perdkonstabel s’n wat altyd kom rondte doen het in die Kloof. As die perdkonstabel in die pad opkom, moes hy onder sy ma-hulle se kooi loop lê, en dan drink die konstabel lekker koffie in die kombuis en weet van niks. Net vir ingeval, het sy ma altyd gesê.

      Hy het sy oë op die ander man gehou ingeval dit die magistraat was. Die konstabel het nader gekom en na hom staan en kyk tot die ander man gesê het hulle moet solank in een van die klaskamers gaan wag.

      Sy kakebene wou bewe van die bang en die huil het in sy keel gewurg. Dit was ’n groot kamer met baie houtbanke in, nes ’n kerk, en met ’n preekstoel ook.

      “Is dit ’n kerk?” het hy vir die lange gevra.

      “Nee. Dis die hofsaal. Sit daar op die bank en sit stil.”

      “Was dit die magistraat?” Die huil het ál boontoe gekom.

      “Nee, dit was sy klerk. Die magistraat is met ander dinge besig. Hulle wag nog vir die bosmense om te kom. Jy kan nie nou huil nie! Jy kan nie voor die magistraat kom staan en huil nie!”

      “Sal baas my môre huis toe vat?”

      “Nie as jy huil nie.”

      Dit het die huil laat ophou en hy het op die punt van die voorste bank gaan sit.

      “Is die magistraat kwaai?”

      “Nee. Hy’s ’n goeie man en ’n baie slim man. En jy moet nou stil sit, ek gaan solank buite gesels.”

      Dit was koud in die kamer. Die koue het in sy voete opgetrek en hy het gewens hy het Dawid se baadjie, want hy het vergeet om sy ou hemp of sy flenniehemp onder sy nuwe hemp aan te trek.

      Een maal nege is nege. Twee maal nege is agttien.

      Miss Baby was kwaai oor tafels ken. Sy het hom eendag voor in sy sommeboek netjies laat uitskryf: “Laat u het leerren van deez tafel niet verdrieten. Gij zult voor uwe vlijt het zoetste loon genieten.”

      8

      “Genade, Barta, kan jy nie vinniger loop nie?”

      “Ek kom mos, Elias.”

      Hulle was maar kort anderkant Jim Reid-se-draai toe die son uitkom, en tienuur moes hulle voor die magistraat staan. Nee-kyk, het hy geloop en dink, vandat die boswagter met die tyding gekom het dat hulle die kind gekry het, het Barta se verstand heeltemal gaan staan. Die Vader weet, dit wás tyding om van te skrik, maar skrik droog darem weer op en jou kop begin darem weer te dink ook. Maar skynbaar nie Barta s’n nie.

      Hy het vir die boswagter gesê dit sou die beste wees as hy liewers alleen magistraat toe gaan,

Скачать книгу