Monument. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Monument - Maretha Maartens страница 10

Автор:
Серия:
Издательство:
Monument - Maretha Maartens

Скачать книгу

Another farm attack claims farmer’s life

      An attack on the Moll’s family farm, Stölberg in the Ficksburg district, at about 19:00 on Friday 9 May 2008 claimed the life of Mr Jacques Moll (64) and left Mrs Genene Moll (58) wounded in the mouth and foot and their son, Xavier, tied up. Mrs Moll was taken to the local hospital and then transferred to the Hoogland Medi-Clinic in Bethlehem.

      Mrs Moll arrived at the farm with her three grand-children and in the house she found five unknown men armed with pistols and rifles who ordered her to keep quiet and then tied her up.

      Jacques, who had been trying to contact his wife on the landline telephone without success, suspected that something was wrong and arrived at the farm ten minutes later. Immediately on entering the house he was shot dead, the bullet going through his heart.

      Xavier Moll, suspecting that something is wrong at his parents’ house, rushed to see what the problem was, but on arrival a firearm was pointed at him and he was also tied up. The attackers demanded money and eventually left the scene with three cellphones, a pistol, a pump-action rifle and the Moll’s white Toyota Hilux bakkie.

      The gang appeared to have been well organized as it is believed they were in contact with others by two-way radio.

      While the police were on their way to Stölberg, they received a report that the Moll’s neighbour, Mr Nick van den Berg (51) of the farm Daskop, had also been shot, probably by the same gang. On his way back to his farm at about 19:30 he had received an SMS message regarding the Stölberg attack. When he came across the Moll’s bakkie on the Hammonia Road he gave chase, eventually finding the bakkie abandoned near the town dumping site.

      He stopped his vehicle behind the abandoned bakkie, but before he could get out, a volley of eight shots was fired at him, one of which wounded him in the right arm. Another went through his right thigh and lodged in the left thigh. Nick was admitted to the local hospital and later transferred to Universitas Hospital in Bloemfontein.

      On Saturday the Ficksburg Crime Prevention Unit under command of Capt. André Claasse recovered the Moll’s bakkie at Meqheleng’s Zone 6 near the Lesotho/RSA border. It is believed that the suspects had tried to smuggle the vehicle through the river to Lesotho.

      One rifle recovered by the police and believed to have been used in these two shooting incidents, was one of the fourteen stolen in a recent burglary at the farm Rensburghoek, also in the Ficksburg district.

      No arrests have been made and it is suspected that the gang is in Lesotho. The case is being investigated by both the SA Police and the Lesotho Mounted Police Service.

      The police appeal to the communities of both countries to report any information that may lead to the arrest of the five suspects. Insp. Jan de Klerk is the investigation officer. The station commander at the Ficksburg Police Station can be contacted at 051 933 9607.

      Die urinereuk word sterker, waarskynlik die rede waarom Piet du Toit met Michael in die sitkamer agtergebly het. In die koue gang lyk Genene soos die boervroue van die Hoëveld: kwikstertjiestap, geen nonsens, geen watte, geen gram oortollige liggaamsvet.

      “Ek is jammer oor die ongelukkie net voordat jy die klokkie gelui het,” sê sy. “Alles is skoon oorgetrek, maar jy weet hoe dit met dié soort reuke is as dit deur die onderlaken tot in die matras is.”

      “Ek het nie eens agtergekom van ’n reuk nie.”

      “Sy het haar kateter uitgetrek. Sy haat dit. Maar dit sal wreed wees om haar hande aan die traliekante vas te bind. Sy is so ’n …”

      Genene gaan staan. “Jou ma is so ’n góéie mens. As jy moet weet wat sy al vir my beteken het …Dan trek ek liewer die bed oor.”

      Hoofstuk 8

BLADSY%2053.JPG

      Aan die onderpunt van die trap gaan Genene staan. “Jou ma het vir my gesê dié deel van die huis was nog in aanbou toe jy kom groet het.”

      Toe ek en sy nie by mekaar kon uitkom nie, albei verdwaal in die nag, Lukas Lubbe op pad terug van China af. Dit was hoogsomer; niks het daardie nag afgekoel nie. In die ongepleisterde muur agter die trap was die drie vensteropeninge nog ruitloos, ’n geswolle volmaan dan in die een, dan in die ander geraam. Van raam tot raam het die volmaan gedryf, watergevulde ballon in die liglose waters waarin grotduikers duik.

      In hulle slaapkamer, wat ná die aanbou die gastekamer sou word, was die uitstalling van swart Battersby-hoed en vrouetoerygskoene nog op die rak onder die muurge­monteerde platskermtelevisiestel. In die nuwe draai van die gang, ’n ou stoorkamer glo platgeslaan, het ’n kruiwa gestaan, sy skewe bak met nat Vrydagmiddag-dagha onderin. Die werkers het hulle oorpakke oor die handvatsels gelos; hulle reuk het saam agtergebly. Die troffels, waterpas, koevoet en ’n dryfhamer teen die kruiwawiel het “naweek” gespel, die geel BB-twaksakkies en Peter Stuyvesant-sigaretboksies “veertig uur werkweek met armoedeverligting”.

      Margo kon die vraag nie keer nie. “Wat sê hy daarvan dat Ma ouma Grot se skoene, die Strydom-hoed, die doilies en die grotpot saamgebring en hier kom opstel het?”

      “Opstel” was die opsetlike woord wat sy daardie aand gebruik het. Opstel, soos ’n verklaring, die uitpak van identiteit. Nie uitstal nie, opstel. As ’n vrou ’n uitstalling skep, beoog sy om wortels in te slaan.

      Geniet wat jy kan solank jy kan, Lukas Lubbe.

      Ma Chris het gedissiplineerd geswyg, selfbeheersing tot in haar pupille. Sê wat jy vannag wil sê, Margo, jy is op pad Israel toe. As ek niks sê nie, is daar niks om later weer te probeer regstel nie, niks waaroor ek myself verder kan verwyt nie. Maar om te sê ek val van die een man na die ander, onversadigbaar …

      Sê niks, dan is daar niks.

      Só kan ’n mens dan met niks uit jou ma se huis vertrek: geen begrip, geen heling, geen openbaring van iets in jou ma of iets goeds wat in jouself oorgebly het nie.

      Sy en Ma Chris was saam in hulle eie Boesmansgrot, daardie naweek in 2007. Hulle het nie geduik nie. Spelonkduik is immers die gevaarlikste ekstreme sportsoort, ’n reeks stappe wat afstuur op die finale daad: om af te gaan in dieptes waarin die moontlikheid van redding uitgeskakel is. Om dalk, soos Adriaan destyds, te weet die liggaam van ’n duiker wat vroeër daar ingegaan het, is nog daar onder, dalk op 260, dalk op 271 meter, die droombestemming.

      Adriaan het dit twee weke voor sy matriekeksamen reggekry om saam met Alf Jones, vir wie Oumbecca geen ooghare gehad het nie, in Boesmansgrot by Daniëlskuil te gaan duik. Natuurlik het hy oor Alf gelieg. ’n Paar van ons pelle gaan saam blok, Oumbecca, ek en Tollies en Louis, op Louis-hulle se plaas naby Kuruman. Tollies is ’n boffin met Biologie, ek kan doen met ’n naweek saam met ’n boffin.

      Alf Jones het nie bestaan nie, sy naam is nooit genoem nie.

      “Ek wil jou nie weer by daardie man sien nie, Adriaan, hy’s nie jou portuur of ons soort nie. En jy, Margo: as hulle oë so na aan mekaar sit en hulle in frokke in plaas van oorpakke op die steiers staan, moet jy nie eens opkyk nie, al val hulle ook uit die lug van die steiers af. Op daardie soort bouers se voorkoppe staan daar ’n M geskryf – M vir moeilikheid.”

      Op elf kon sy begin raai watter soort moeilikheid. Alf Jones het vir haar van die steiers by die nuwe huis in Groenstraat

Скачать книгу