Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw страница 11

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw

Скачать книгу

= Ons probeer (ons wend darem ’n poging aan)

      5 = Ja, beslis (dit is wel op ons van toepassing)

      1. Ons praat van tyd tot tyd oor ons verhouding en evalueer dit.

      5 4 3 2 1

      2. Ons pas goed by mekaar aan omdat ons met mekaar se moontlikhede werk en nie met mekaar se tekortkominge nie.

      5 4 3 2 1

      3. Ek aanvaar my maat onvoorwaardelik en volledig soos hy of sy is.

      5 4 3 2 1

      4. Ek is bereid om eerste te verander omdat ek graag onselfsugtig wil optree.

      5 4 3 2 1

      5. Ons het ’n gemeenskaplike doelwit in ons huwelik en is deur die jare gemotiveer om dit te bereik.

      5 4 3 2 1

      6. Ons besluit saam oor belangrike sake en volg ’n ons-benadering.

      5 4 3 2 1

      7. As my maat my teleurstel, sê ek dit sonder om hom of haar te verkleineer.

      5 4 3 2 1

      8. Ons stem saam oor wat ons uiteindelik met ons verhouding wil bereik.

      5 4 3 2 1

      9. Ons doen baie dinge saam, gaan gereeld uit en gesels lekker as ons alleen is.

      5 4 3 2 1

      10. Ons beoefen ’n gemeenskaplike stokperdjie en stel belang in dieselfde dinge.

      5 4 3 2 1

      11. Ons stem saam oor die hantering van geldsake.

      5 4 3 2 1

      12. As ons tydens konflik van mekaar verskil, bly ons nie stil nie, maar soek langs die weg van samewerking ’n oplossing wat albei pas, sonder om mekaar te beskuldig.

      5 4 3 2 1

      13. Ons soen en liefkoos mekaar graag. Ons put baie vreugde uit geslagsgemeenskap. Dit kom spontaan.

      5 4 3 2 1

      14. Ons lees dikwels saam opbouende lektuur soos byvoorbeeld uit die Bybel en ons bid saam.

      5 4 3 2 1

      OPDRAG 1: Bepaal jul telling!

      Tel nou die syferwaardes wat elkeen omkring het bymekaar. Kyk eers na jou eie totaal. Hoe het julle gevaar?

      Tussen 56-70? Julle is van mening dat jul huweliksverhouding baie goed is. Julle handhaaf ’n groeikoers van minstens 80%. Jul huwelik besit al die basiese eienskappe vir groei tot ’n volwasse huwelik. Daar is ’n stewige verhoudingsfondament waarop voortgebou kan word.

      Tussen 35-56? Jul huwelik is middelmatig. Daar heers ’n neutrale toestand sonder veel opwinding. Julle handhaaf ’n roetine van 50%-bevrediging. Maak jul eerste uitdaging ’n 55%-huwelik. En stoot die syfer gedurig op! Hierdie boek kan jou help om uit te breek uit ’n sieldodende roetinegang.

      Minder as 35? Jul huwelik lê baie na aan die minimum van die N.T.-lyn. Daar is gevaartekens wat nie geïgnoreer behoort te word nie. Gee ernstig aandag aan elke afdeling van hierdie boek. As julle vind dat julle nie meer self die saak kan beredder nie, soek asseblief betyds professionele hulp. Jul predikant sal kan help, of kan julle verwys na ’n huweliksberader, maatskaplike werker of kliniese sielkundige.

      OPDRAG 2: Bepaal die verskil

      Kyk nou na die verskil tussen jou totaal en dié van jou maat. Hoeveel beloop dit?

      0-5 punte? Julle besit albei goeie insig in die gehalte van jul huwelik. Julle verstaan mekaar. Moet nou nie selftevrede oor jul verhouding voel nie. Dit is steeds nodig om knelpunte te identifiseer en daaraan te werk. Gebruik die goeie eienskappe om die gebreke uit te skakel.

      6-15 punte? Moenie sleg voel oor die verskil in syferwaardes nie. Dit toon net aan dat jul beoordeling van die stand van jul huwelik redelik verskil. Die vraag is: waarom? (Kan julle dit verklaar? Gesels daaroor.) As julle hierdie boek saam deurwerk, kan dit julle help om beter insig in mekaar se denke, motiewe, gevoelens, oortuigings en gedrag te kry. Mense wat mekaar begryp, kommunikeer beter – ook oor probleme.

      Meer as 15 punte? Daar bestaan ’n beduidende verskil van mening oor die gehalte van jul huwelik. Dit is moontlik dat julle die stellings verskillend geïnterpreteer het, of dat een van julle nie genoegsaam erns gemaak het met die invul van die antwoorde nie. ’n Groot verskil is gelukkig nie ’n onoorbrugbare verskil nie. Die insig wat julle kan bekom as julle ’n dieptegesprek oor al dié aspekte sou voer, kan jul help om te groei en te verander.

      ’n Balansstaat van die huwelik

      Hier aan die einde van die hoofstuk is dit belangrik om ’n globale evaluering van jul huwelik te maak. Julle het kans gehad om na die positiewe moontlikhede in jul verhouding te kyk. Julle het ook die geleentheid gehad om eerlik na die gehalte van jul verhouding te kyk. Sekere belangrike haakplekke is geïdentifiseer.

      Doen nou die moeite om kortliks ’n balansstaat soos dié hieronder ten opsigte van jul huwelik op te stel. Skryf die minuspunte (remmende faktore) teenoor die pluspunte (positiewe moontlikhede) neer. Waar lê die oorwig? Gaan dit goed in dié huwelik? Nie so goed nie?

MinuspuntePluspunte
In myself …In myself …
In ons verhouding …In ons verhouding …
In ons liefde vir mekaar …In ons liefde vir mekaar …
In ons omgewing …In ons omgewing …
In ons binding aan mekaarIn ons binding aan mekaar
Voor God …Voor God …

      Wat is jul gevolgtrekking?

      Indien daar net een pluspunt in jul verhouding en talle minuspunte is, kan julle besluit dat dit nie die moeite werd is om verder aan die huwelik te werk nie.

      Die vraag is egter of so ’n besluit deur verantwoordelike, gelowige mense geneem behoort te word? Al is daar selfs nie eens één pluspunt wat julle kan opnoem nie, maar julle is oortuig van God se onvoorwaardelike liefde vir julle albei, is daar hoop vir groei. God werk in sy genade in elk geval uitsluitlik met minuspunte. Toe daar geen rede was om vir jou as sondaar lief te wees nie (toe jy op die absolute nulpunt van verdienste gestaan het weens jou sonde en jy totaal magteloos gevoel het), het Christus vir jou verlossing aangebied. Romeine 5:6 sê dit duidelik: “Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.” Die guns van God se genade word geleer by die nulpunt, ja, die minuspunt van jou eie hulpeloosheid.

      Wanneer die balansstaat van jul verhouding jou moedeloos maak, skep moed. Dié verhouding of huwelik kán uitwerk, maar dan moet jy bereid wees om jou nulpunt in te ruil vir die Kruispunt: die guns van God se genadige liefde en vergifnis. Aanvaar Christus se verlossende genade ook vir jul huwelik en begin dan daaraan werk om die kuns van onvoorwaardelike liefde vir jou lewensmaat te bemeester.

      Hoofstuk 2

      Begin by die ek-vraag (die begin): is jy ’n verhoudingsmens en troumateriaal?

Скачать книгу