Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw страница 8

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw

Скачать книгу

besluitneming koppel aan billikheid en regverdigheid. ’n Juridiese binding verruim verantwoordelikheid tot ’n lewenslange spiritualiteit van toewyding.

      Die volgende diagram verduidelik die voorafgaande in ’n prentjievorm. Wanneer ’n mens iets “sien”, verstaan jy dit beter. Om jou huwelik te verryk, moet ’n mens die groter prentjie sien. Kom ons noem dit die mooi prentjie van huweliksvreugde.

chap1-7.jpg

      Die proses van verhoudingsbou en huweliksvolhoubaarheid

      Dit is reeds gestel dat die huwelik nie ’n afgeronde “iets” is nie. ’n Mens kan dit nie klaar by Pick n Pay in ’n plastieksak gaan koop nie. Huwelik is ’n werkwoord. Dit hou voortdurend aan. As ’n mens aan die verhouding werk, dan werk dit ook uiteindelik vir jou. Huweliksvolhoubaarheid is soos ’n belegging waarin ’n mens opnuut nog meer moet belê. Die huwelik is ’n lewenslange proses van liefdesbelegging.

      Hierdie proses bestaan uit:

       Die etos (houding en ingesteldheid) van ’n ongekwalifiseerde ja: ek het gekies en hierdie keuse sluit alle ander moontlikhede uit. Ek kan dus nie oor kies nie. Die huwelik beteken dat my keuse in die proses my maat eksklusief gemaak het. Daar is nie meer iemand anders nie. Ek kan ook nie later vir my maat nee sê as ek reeds ja gesê het nie. Die huwelik as proses word dus begelei deur ’n positiewe ja. Enige onsekerheid oor die keuse rem die proses.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van ’n belofte: ek het trou gesweer aan hierdie persoon. Beloftetrou verleen duursaamheid, konstantheid en sekuriteit aan die proses.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van mededeelsaamheid en wedersydse uitruiling van positiewe kwaliteite: dit beteken dat ek dit wat positief in my is, gebruik om my maat aan te vul en te verryk. ’n Proses wat fokus op foute en gebreke verander die proses in ’n rehabilitasiebenadering: ek wil dan my maat verander en regkry. Die huwelik as rehabilitasiesentrum vir gebreke fnuik alle prosesse van verryking en groei.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van passie: passie beteken ek het hartstogtelik lief met my kop, lyf en gevoel. Die huweliksproses is dan die passievolle spel van geniet, waardeer en vertroetel.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van versoening: Versoening verwys na ’n vriendskap wat bereid is om opofferings te maak sonder om iets in ruil terug te ontvang. So ’n versoenende houding wil gaan plekke ruil met die maat en in sy of haar vel inkruip. Dit wil vergeef en soek na nuwe doelwitte hoe om krisisse en verskille aan te wend vir groei, verandering en verryking.

      Kyk na die volgende prentjie sodat julle die huwelik beter as ’n proses van houdingsverandering en verhoudingsverryking kan verstaan. Die prentjie verduidelik dat maats moet groei van:

      ’n ek-fokus (myne alleen) na ’n ons-fokus (ons saam);

      ’n blote eros-bevrediging na ’n dankbaarheidsvervulling;

      ’n kits romantiese opwinding na liefde as samesyn (om te wees saam met);

      ’n formele ooreenkoms ná lewenslange maatskap;

      ’n vlietende emosie van hartstog na ’n duursame houding van sorg en empatie, deernisvolle en sensitiewe meelewing (compassion);

      ’n kritiese ingesteldheid wat fokus op foute (lelik en afbrekend) na ’n waardering van moontlikhede (mooi en heelmaking).

chap1-6.jpg

      Watter soort huwelik het ons?

      Daar is ook ’n tweede vraag ter sprake: watter soort huwelik het ons?

      Om julle met hierdie evaluering te help, word nege moontlike huweliksmodelle in die onderstaande tabel beskryf. Kyk na elkeen en besluit watter een die naaste aan jul situasie kom. Trek jou kruisie daar. Vul elkeen die vorm apart in en ruil dan met mekaar. Dit is belangrik dat julle baie eerlik sal wees. Dit kan wees dat meer as een van dié kenmerke in jul verhouding voorkom. Jy kan dus by ’n paar plekke jou kruisie trek. Dit is egter belangrik om onderaan die vorm jou redes te verskaf waarom jy ’n spesifieke keuse gemaak het en hoekom jy só oor jou huwelik voel.

      Blaai nou om vir ’n objektiewe evaluering van jul huweliks­verhouding.

      Huweliksevaluasie

      Maak ’n kruisie in die toepaslike blok of blokke.

Die minimum huwelik: julle bly uit mekaar se pad en vermy mekaar. Julle voel neutraal teenoor mekaar en leef op die N.T.-lyn.
Die konflikhuwelik: stry is jul normale manier om sake te hanteer. Jy voel baie gefrustreerd en jou maat irriteer jou skreiend. Jy verloor dikwels jou humeur of kyf aanhoudend.
Die pap huwelik is lewensmoeg: die vonk is daaruit. Daar is geen opwinding of spontane vreugde in die huwelik oor nie, intimiteit is iets van die verlede.
Die fluktuerende huwelik: jul verhouding wissel tussen hoogte- en laagtepunte na gelang van omstandighede en jou of jou maat se buie.
Die skynhuwelik: julle bly by mekaar ter wille van die kinders, of ter wille van materiële belange, of ter wille van jou status en aansien in die samelewing.
Die ordentlike huwelik: julle tree hoflik teenoor mekaar op en kom al die basiese verpligtinge teenoor mekaar na, soos ekonomiese sekuriteit, die waarneem van die huishouding en so nou en dan geslagsgemeenskap.
Die konsensushuwelik: julle bewaar die vrede, maar die verhouding is sonder besondere hoogtepunte. Julle stel ook nie juis in verandering belang nie en leef met die “let sleeping dogs lie”-sindroom.
Die groeihuwelik: julle is baie betrokke by mekaar, kan oor baie dinge saam gesels, doen sekere aktiwiteite saam en geniet mekaar se teenwoordigheid (maar julle laat ruimte vir mekaar om te groei!). Julle volg dus ’n ons-benadering.
Die volwasse huwelik: julle soek mekaar se belange ter wille van Christus. Soms hou julle saam Bybelstudie en bid dikwels saam. Julle slaag daarin om mekaar te vergeef en onvoorwaardelik te aanvaar. Julle volg ’n diens- en versoeningstyl.

      Verskaf nou ’n rede (redes) vir jou keuse(s) hierbo. (Notaboek!)

      Die keuse(s) wat julle hierbo by die evaluering van jul huwelik gedoen het, hoef jou nie sleg te laat voel nie. Julle was net eerlik. Die belangrike punt om te snap, is dat julle nog bo die N.T.-lyn verkeer en nie noodwendig so ver onder hierdie gevaarpunt gedaal het dat groei en verandering nie meer moontlik is nie. Slegs indien een party reeds besluit het om te skei, sal dit moeilik wees om verder aan die huwelik te werk.

      Die spoorlynhuwelik met dwarslêers

      Die grootste persentasie huwelike lê net bo die N.T.-lyn. So ’n verhouding kan beskryf word as ’n spoorlynhuwelik. Daarmee word bedoel dat man en vrou parallel soos twee spoorstawe langs mekaar ontwikkel. Die enigste binding tussen hulle is die noodsaaklike “dwarslêers” van kinders en familie, status, geld, besittings en huisvesting. Dié soort huwelik lyk so:

chap1-5.jpg

      Die gevaar vir so ’n huwelik is dat, teen die tyd dat die kinders groot is en die huis verlaat, albei die huweliksmaats so selfstandig ontwikkel het dat hulle mekaar nie meer nodig het nie en daar geen bindende faktor meer tussen hulle is nie. So ’n parallelle verhouding het die neiging om, wanneer die “dwarslêers” begin wegval, die “spoorstawe” van mekaar te laat wegbuig met gevolglike vervreemding tussen man en vrou.

chap1-4.jpg

Скачать книгу