Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw страница 9

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw

Скачать книгу

dit belangrik om te besef dat jou huidige huwelik kán groei – al lê dit baie naby aan die N.T.-lyn. Jy moet besef dat julle ’n latente huwelik het wat verder ontwikkel kan word. Dit sal gebeur:

       wanneer julle bereid is om weer te kyk na jul verbintenis (commitment) in Christus;

       wanneer julle probeer om die ons-gedeelte van jul huwelik te vergroot;

       wanneer julle verwagtinge van die rol wat elkeen in die huwelik moet speel (= rolverwagtinge) verander;

       wanneer jy op die positiewe eienskappe van jou maat begin konsentreer;

       wanneer julle ontdek dat liefde ’n verantwoordelikheid is;

       wanneer julle jul luistervaardighede verder begin ontwikkel;

       wanneer julle konflik gebruik om probleme op te los en mekaar beter te verstaan (eerder as verwydering te veroorsaak); en

       wanneer julle jul seksualiteit gebruik om liefde/teerheid en waardering oor te dra.

      Die ons-benadering

      Ons het vroeër gesien dat ’n huwelik verryk word wanneer “ons belange” belangriker word as “my belang” of “jou belang”. Hierdie ons-benadering volg drie stadiums: die embrio-, die ontdekking- en die aanvullingstadium.

chap1-1.jpg chap1-2.jpg chap1-3.jpg

      Gedurende die embriostadium is die gebied van “my belang” en “jou belang” baie groot. Wanneer mense egter ontdek dat die liefde eintlik gerig moet wees op die belange van die ander party, kan die ons-persoonlikheid tydens die ontdekkingstadium begin groei. Huweliksmaats leer dan om al meer van mekaar se positiewe eienskappe raak te sien en openlik waardering daarvoor te toon. Hierna kan die aanvullingstadium volg, wanneer vennote in ’n volwasse verhouding hul huwelik begin gebruik as diensgeleentheid tot voordeel van die nood en behoeftes van die gesin, die gemeente en die groter gemeenskap.

      Benader jou huwelik positief!

      Om bogenoemde groei te bewerkstellig, is ’n warm en geborge huweliksklimaat noodsaaklik en dit word bewerkstellig wanneer ’n egpaar leer om mekaar positief te sien en te benader. Om hiermee te help, kan jy begin deur vir jou maat ’n brief te skryf. Die inhoud daarvan kan moontlik vier paragrawe bevat wat onderskeidelik met die volgende reëls kan begin:

      LIEFDESBRIEF

      Wat ek die meeste in jou waardeer, is dat jy …

      Ek het jou lief omdat …

      Ek het jou liefde nodig sodat ek kan …

      Ek het jou besonder lief wanneer jy …

      Ek beleef ons huwelik as …

      Ek het jou lief sodat jy kan …

      Nadat julle mekaar se liefdesbriewe deurgelees (en paslik daarop gereageer het!), kan dit met dié belangrike drie-dinge-oefening opgevolg word:

      Die drie-dinge-huweliksoefening

      (Dit sal beter werk as jy dié sake werklik neerskryf in ’n notaboek eerder as om net vlugtig daaroor te dink.)

      1 Skryf drie dinge in jul verhouding neer waarvan jy baie hou.

      2 Skryf drie dinge oor jul huwelik neer wat goed is, maar wat kan verbeter.

      3 Skryf drie dinge neer wat jy kan doen om jul huwelik te laat groei en aangenaam te maak, maar wat jy wéét jy selde doen of heeltemal nalaat om te doen.

      4 Skryf die drie belangrikste behoeftes van jou maat neer (soos jy dit sien).

      Hierdie oefening was bedoel om julle meer positief na die huwelik te laat kyk. Daar bestaan geen huwelik wat nie sy pluspunte het nie. Dit kan wees dat een van jul foute in die verlede was dat julle byna uitsluitlik op knelpunte en probleme gekonsentreer het. Ek wil nie sê dat mense hul oë vir probleemareas moet sluit nie, maar julle moet eers daaraan aandag gee nádat julle (eers weer) deeglik bewus geraak het van die positiewe moontlikhede in jul verhouding.

      Knelpunte in die huwelik

      As ons nou ’n paar knelpunte in die huwelik gaan identifiseer, is die bedoeling juis dat dit julle moet help om van belangrike groei-areas bewus te raak en om mekaar beter te verstaan. Let wel! Die bedoeling is nié dat julle dit moet gebruik om mekaar aan te val of te beskuldig nie. Indien julle bewus raak van verskille en daaroor gesels, gee mekaar die geleentheid om oplossings voor te stel. Só groei mense nader aan mekaar.

      Identifisering van knelpunte in die huwelik

      Die onderstaande vraelys (skaal) beskryf knelpunte wat baie algemeen in huwelike voorkom. As julle sekere van dié probleme in jul huwelik herken, beteken dit nié dat julle ’n ongelukkige huwelik het nie. Talle van die knelpunte wat in dié lys genoem word, kom in gelukkige, goed aangepaste huwelike voor. Dit is egter belangrik om vas te stel in watter van die volgende sewe areas daar knelpunte voorkom: duik die meeste probleme op by probleemoplossing en besluitneming, by kinderopvoeding, by familiesake, in die area van persoonlike versorging en voorkoms, by geldbesteding, vriendskappe, of dalk by jul godsdienstige oortuigings?

      Wanneer jy antwoorde verskaf, moet jy regtig eerlik wees en seker maak dat jy by elke item ’n antwoord verskaf. Sommige van die items sal moontlik nie op jou verhouding van toepassing wees nie. As julle byvoorbeeld geen kinders het nie, sal items 11-18 nie vir julle geld nie. Indien ’n bepaalde item nie van toepassing is nie, maak dan jou merk onder die rubriek: “Dit is nooit ’n probleem nie”. By die res moet jy telkens jou keuse aandui met ’n kruisie in die kolom A, B of C.

      Onthou: man en vrou vul op aparte velle papier by elke nommer die antwoorde in (of op ’n fotostaat van die vraelys), dan die subtotale van elke afdeling se C-kruisies, en uiteindelik word dié subtotale saamgetel om die algehele totaal van C-antwoorde te bereken. Hierna word die man en vrou se onderskeidelike subtotale van C-kruisies apart op die telkaart ingevul, waarna julle eers jul subtotale vergelyk en dan die ingevulde vraelyste omruil om te bespreek wat julle as verskillende of ooreenstemmende knelpunte geïdentifiseer het.

      Identifiseer moontlike knelpunte

      A = Dit is nooit ’n probleem nie

      B = Dit is ietwat van ’n probleem; of skep by geleentheid of in sekere omstandighede probleme

      C = Dit is ’n ernstige probleem of skep eintlik voortdurend probleme

ItemsAntwoorde
ABC
1. Jy voel dat jy altyd vir jou maat moet toegee.
2. Jy voel dat jy deur jou maat bedreig word. Jy word versmoor deur sy of haar teenwoordigheid/persoonlikheid en kan dus nie individueel groei tot selfstandigheid nie.
3. Julle het verskillende ideale vir jul huwelik en elkeen wil iets anders met die huwelik bereik. Julle kom dus nie by mekaar uit nie.
4. Jou maat demp alle persoonlike inisiatief en voorkom dat jy dinge doen wat van jou ’n gelukkiger en meer tevrede persoon sou kon maak.
5. Jy voel dikwels dat jy nie verstaan waarom

Скачать книгу