Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw страница 5

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw

Скачать книгу

ek getroud is: wat is dit wat ek die huwelik noem?

      Evalueer dikwels (verhoudingsoudit) en wees eerlik met mekaar

      Die grootste fout wat mense in ’n verhouding maak, is om te dink dat liefde outomaties is en op eie stoom kan loop. Veral mans is geneig om te dink dat alles in orde is en ’n gepratery net alles gaan beduiwel. Om nou nog goeters neer te skryf, is tyd mors. Die ding werk mos goed so en in elk geval, moet ’n mens nie slapende honde wakker maak nie.

      Liefde is nie iets wat natuurlik kom en sommer so romanties gebeur nie. Liefde is ook ’n werk, ’n loopbaan en ’n roeping. Dit moet gereeld geoudit word, anders klop die liefdesboek op die ou end nie. Veral ná ’n paar jaar, noudat die bruid in die skuit is, is al die mooi praatjies verby. Praat weer en dink saam oor die verhouding. Dit kan liefdesbankrotskap betyds voorkom.

      In die hoofstukke wat volg, sal ons dikwels evalueringsvorms en vraelyste gebruik om jou/julle te help om aktief na te dink oor jul verhouding. Baie mense hou nie daarvan om (intieme) persoonlike sake oop en bloot in ’n boek te skryf nie – en waar iets een keer ingevul is, kan jou maat tog nie óók skryf nie! Die boek is mos vir mense in vaste verhoudings en huwelikspare bedoel.

      Met die deurwerk van die verskillende evaluerings sal party van die stellings miskien nie direk op jou spesifieke verhouding van toepassing wees nie. Die fokuspunt is die meer tradisionele, monogame en Christelike verstaan van die huwelik. In elk geval, as julle sê julle is in ’n vaste verhouding en is lewensmaats binne ’n vaste verhouding, is dit presies wat die Bybel onder monogaam verstaan: die verhouding is eksklusief en sluit ’n “ja” vir iemand anders uit. Selfs die poligame verhoudings in die Bybel was bedoel om binne daardie konteks eksklusief te wees. “Vas” was dan ’n aanduiding van die geloofsfeit in Israel dat die verbondsraamwerk vir liefdesintimiteit permanent bindend was vir alle partye.

      Indien julle nog nie getroud is nie, sal sekere opmerkings en evaluerings miskien nog nie direk vir julle geld nie. Lees in elk geval ook die gedeeltes, want dit sal julle bewus maak van belangrike areas wat ’n mens die verhoudingsdinamika van liefde kan noem.

      Daar word by die vrae- en evalueringsgedeeltes nie ruimte gelaat vir die invul van “antwoorde” nie. Maar dit beteken regtig nie dat jy nou “veilig” kan voel en dat geen skriftelike inset van jou verwag word nie. Want as jy of julle regtig ernstig is om jul verhouding ryk en sinvol te maak (of nóg ryker en sinvoller as nou?), hou asseblief sommer van die begin af ’n notaboek byderhand waarin jy elke vraag/evaluering eerlik en nadenkend kan beantwoord. Vra jou maat om dieselfde te doen. Skryf bloot die hoofstuk- en bladsynommer in die boek boaan jou inskrywing en stel vir jou of julle ’n mikpunt teen wanneer julle die boek die eerste keer wil deurgelees hê. Begin nóú.

      Die keuse of jy soveel moeite wil doen, is natuurlik joune! (Maar: hét jy regtig ’n keuse?)

      Lees mekaar se inskrywings. Praat daaroor. Lag saam daaroor. Werk saam, wen saam, glo saam en leef saam.

      Vir elke verhouding is daar, in die algemeen gesproke, vier moontlikhede. Dit geld ook vir julle s’n:

       Julle verhouding kan groei.

       Julle verhouding kan vasval in roetine en neutraal bly.

       Julle verhouding kan kwyn.

       Julle verhouding kan verbrokkel en op ’n egskeiding afstuur.

      Die “net tevrede”-lyn van verhoudingsdinamika: grafiek van groei of kwyn

      Wanneer mense ervaar dat hul huwelik vervelig begin word, wanneer hulle mekaar as vanselfsprekend begin aanvaar of gefrustreerd en ontnugter raak, kortom: wanneer die vonk uit die liefde verdwyn, kan hulle maklik dink dat hul huwelik óf misluk het óf seker maar as só flouerig aanvaar moet word.

      As dit met julle gebeur het, beteken dit net een ding: julle het met die minste tevrede geraak. Hierdie “net tevrede”-lyn (die sogenaamde N.T. van die huwelik) loop baie na aan ’n gevaarpunt op jul huwelikspad. Die gevoel van net tevrede wees, kan maklik ontaard in ’n gevoel van glad nie tevrede wees nie. En iemand wat gedurig ontevrede is, raak gou krities oor alles. Jy begin foutvind met jou maat en konsentreer meer op sy of haar tekortkominge en gebreke as op die positiewe punte wat jou oorspronklik vir hom of haar laat lief word het. Só ’n instelling en broeiende ontevredenheid skep ’n negatiewe huweliksklimaat.

      Die volgende grafiek verduidelik die N.T.-lyn en kan jou bewus maak van die gevaar van tevrede wees met so ’n minimum lyn in jul huwelik:

      Wanneer twee mense gaan trou, is daar duidelik twee moontlike lyne wat die verhoudinsgrafiek en liefdesdinamika kan volg:

       Die verhouding kan groei en opwaarts ontwikkel in die rigting van intimiteit. Met intimiteit word bedoel ’n gevoel van warmte, nabyheid en begrip; julle ontsluit spontaan in mekaar se teenwoordigheid en deel emosies en ervarings. Julle voel dat julle mekaar verstaan.

       Die verhouding kan ook ’n dalende lyn toon. Hierdie lyn van vervreemding toon aan dat daar weerstand teenoor mekaar aan die opbou is weens voortdurende konflik en vyandige gevoelens. Een of albei maats voel dat die ander party nie aan hul verwagtinge voldoen en nie hul behoeftes vervul nie. Die eerste virus wat dan intree, is dié van teleurstelling. Hierdie virus word binne die emosionele spens van maats weggebêre. Hulle praat nie daaroor nie en dink: as my maat my regtig liefgehad het sou hy of sy mos geweet het. Die onvervulde behoefte en teleurstelling as gevolg van verwagtings wat nie realiseer nie word nou die toetsterrein vir egte liefde. Wanneer die boodskap “hy of sy het my nie regtig lief nie” in die emosionele gedagtewêreld geformuleer word, word die eerste kiem geplant vir die emosionele verbrokkeling van die verhouding. As dit betyds geartikuleer kan word, kan baie gedoen word om ’n verstandhouding van begrip te bou en verhouding­slytasie te voorkom.

      Soos iemand opgemerk het: “Ek het so ’n behoefte dat hy my net sal vashou voor ons gaan slaap.” Toe ek opmerk: “Maar het jy dit al vir hom gesê,” was die antwoord: “Ek sal beslis nie, want as hy my lief het, sou hy mos geweet het.” My raad was: “Sê dit vir hom.” Ná drie weke toe ek weer die persoon sien, was die antwoord: “Ek het hom dit gesê en dit is wonderlik, want hy het eenvoudig nie geweet nie.” Die probleem was toe nie ’n liefdesprobleem nie, maar doodeenvoudig ’n probleem van “sê” en duidelike artikulasie van behoeftes en verwagtinge.

      Net tevrede? Die nulpunt

      “Net tevrede” beteken eintlik daar gaan niks aan nie. Dit is ’n soort neutrale punt. Ons voel niks vir mekaar nie en oorleef daagliks. Die net-tevrede bottom line is die punt van indifferensie: verhoudingsonverskilligheid en liefdesafkoeling as gevolg van langtermyn­slytasie. Die boodskap word dan vertaal met die woorde: ons het eintlik niks vir mekaar te sê nie. Ek voel niks meer nie.

      Die punt van “ook maar net tevrede wees” in jou verhouding is uiters gevaarlik. Hoekom? Omdat jy hier op die grens van die besluit staan: ek is nie meer lus vir dié huwelik nie. Ek het geen motivering om met die verhouding voort te gaan nie. Ek wil nie meer met my maat getroud wees nie.

      Wat jy eintlik op dié gevaarpunt doen, is om te sê dat jy geen gemeenskaplike doel meer in jul verhouding ervaar nie. Daar is niks meer wat julle saambind nie. Jy het die “ontwerp” van liefde verloor. Jy gee trouens die saak van jul huwelik prys. Dit beteken jy besluit sommer ook dat God se bedoeling met die huwelik misluk het. Jóú gebrek aan motivering om die saak te probeer red, interpreteer jy dan maklik as: “Eintlik was dit nie God se wil dat ons getrou het nie. Hierdie huwelik is nie meer God se wil nie.”

Скачать книгу