Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw страница 4

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw

Скачать книгу

nie daarvan om evalueringsvorms in te vul nie. As jy een van hulle is, dink só daaroor: jy het tog hierdie boek bekom omdat jy jou verhouding wil verryk. Hoe kan jy dit doen as jy nie éérs jul verhouding op ’n manier evalueer nie? Jy het miskien nog nooit oor sekere aspekte van jul verhouding besin nie; daarom voel dit vir jou vreemd om ’n mening daaroor te ontwikkel of ’n standpunt in te neem. Maar niemand behalwe jy self of jou maat gaan lees wat jy afgemerk of geskryf het nie! Sê dus net eerlik wat by elke vraag in jou gedagtes opkom. Dit sal jou werklik help om jouself, jou verhouding, jul liefde en God se bedoeling met die verryking van jul verhouding beter te verstaan. Omdat daar vandag ook ander vorme van openbare, permanente verbintenisse bestaan soos dieselfde-geslag-verbintenisse, kan die term man-vrou ook uitgebrei word na ons-twee-saam-verbintenisse. Terme in die boek soos man, vrou en huwelik in die tradisionele sin van die woord is ook van toepassing op ander verbintenisse met die aanspraak van permanente toewyding voor God.

      Dié boek handel oor sowel verhoudingsverryking as huweliksverryking. Met “verryking” word hier bedoel die groei van jul verhouding, die optimale ontwikkeling van jul verhoudingspotensiaal en die tydige raaksien en uitskakeling van haakplekke en frustrerende probleme.

      Pap wiel of opgeblaasde ballon?

      In hierdie boek gaan ek uit van die standpunt dat elke ons-verhouding en huwelik ’n onontginde en onontwikkelde dimensie het en daarom met die nodige “werk” kan en behoort te verbeter. ’n Wiel wat pap geraak het, kan weer opgeblaas raak; ’n afgeblaasde ballon het weer “wind” nodig en kan groter groei.

      Die ons-ruimte van liefdesintimiteit besit eintlik onbeperkte opblaas-moontlikhede en pare hoef nie bang te wees dit sal “bars” wanneer liefde sinvol gebruik word nie. ’n Verhouding kan verander. Namate mense verander, moet die verhouding ook dienooreenkomstig verander. Ek reken ook dat mense verander soos hul verhoudingsdinamika en behoeftes deur verskillende fases beweeg. Daarom is dit nodig om voortdurend aanpassings te maak om verstarring en agteruitgang te voorkom.

      Eienaardige optelsom: 1 + 1 + 1 = 2

      Verryking is nie net afhanklik van die eie potensiaal en begrensde vermoëns van elke persoon in die verhouding nie. In hierdie boek beteken verryking óók dat geloof in Christus en die Christelike verstaan van die liefde ’n moontlikheid in menseverhoudings vrystel wat versoening kan bewerkstellig en lewensvreugde in werking stel. Daarom is hierdie boek ’n poging om ’n Bybelse perspektief op die huwelik te gee sonder om mense se menslike behoeftes en rolverwagtinge uit die oog te verloor. Op hierdie wyse kan egpare vrygemaak word vir mekaar omdat hulle vry word vir God. Hier word gewerk met die voorveronderstelling dat geloof in die trou van God aan menseverhoudings ’n sinraamwerk verskaf wat kontinuïteit waarborg en ’n duursame lewensverbintenis tussen lewensmaats moontlik maak.

      Pare wat die moeite doen om hierdie boek deur te werk, sal vind dat hulle ’n gesonde ons-verhouding ontwikkel en dat hulle samewerking verbeter. Hulle mag ontdek dat dit baie belangriker is om te sê: ek en jy, as myne en joune. Wie in die liefde met ’n myne-en-joune-benadering werk, is voortdurend besig om vir hom- of haarself ’n kleim in die verhouding af te steek; eintlik verkeer hulle in voortdurende kompetisie met mekaar. Op die ou end is so ’n paartjie net ingestel op selfbehoud en selfverdediging en dit loop uit op ’n geveg: ek wil wen sodat jy kan verloor. ’n Verhouding wat gewikkel is in so ’n wen-of-verloorstryd is by voorbaat gedoem.

      As ek sê dat ’n verstandige of sinvolle permanente ons-verhouding of huwelik begin by die ontdekking van ’n ons-persoonlikheid, beteken dit nie dat lewensmaats ’n replika van mekaar moet wees nie. ’n ONS-persoonlikheid beoog ook nie ’n Siamese tweeling nie. Die ons-persoonlikheid in ’n liefdesverhouding tussen gelowiges werk wel met ’n driehoek: tussen man en vrou staan – nie ’n derde persoon nie, maar – Christus. Hierdie ons-faktor word as volg bereken:

      ek + Christus + my maat = twee (maar één vlees!).

      Drie is dus nodig om waarlik permanent één te word.

      Raamwerk vir dié boek

      Die boek is so saamgestel dat die eerste drie hoofstukke veral kon­sentreer op egpare se motivering om hul verhouding te verryk. Wanneer die wil ontbreek, sal geen kommunikasietegniek immers ’n doel dien nie. Nadat God se bedoeling met dit wat ons “huwelik” of “permanente saamwees” noem, aan die orde was, beweeg die boek na die individue self. Daarna kom ons by die sement van verhoudings­trou, naamlik die liefde. Vervolgens praat ons oor die verhouding self en veral oor belangrike aspekte soos kommunikasie, konflik, seksualiteit en groei. Die belangrikste temas in die boek is die volgende:

       Verstaan wat die huwelik is en wees eerlik met mekaar: die nugterheid van die liefde – identifisering van knelpunte en onsekerhede: die wat-vraag.

       Leer ken jouself en maak seker of jy troumateriaal is: die boumateriaal van die liefde – selfbeeld, liggaamsbeeld en volwassenheid.

       Jul verhouding en huwelik kan werk: die avontuur en reisver­haal van die liefde – behoeftebepaling, rolverwagting en langtermyn motivering.

       Sien die groter prentjie raak: die kunstige netwerk van die liefde – waarvoor is die huwelik ontwerp en wat is die huwelik bedoel om te wees?

       Ontdek God se plan en ontwerp met jul ons-verhouding en huwelik, en gebruik jou geloof konstruktief: die verrassende nuwe begin van die liefde – oor versoening en vergifnis.

       Wees lief vir mekaar deur telkens die geheim vir volhoubare huweliksvreugde te verklap: die mooi van die liefde – liefde, verliefdheid en maatskap.

       Praat met mekaar en luister na mekaar: die taal van die liefde – dieptekommunikasie.

       Gebruik verskille en botsings om te groei: die uitdaging van die liefde – konflikhantering en heling.

       Leer om spanning betyds te hanteer: die uitlaatkleppe van die liefde – streshantering.

       Geniet mekaar se liggame: die opwinding van die liefde – sek­sualiteit en die sakramentele (heilige) waarde van die manlike geslagsorgaan (penis) en vroulike geslagsorgaan (vagina).

       Hou aan om te groei: die ontdekkingstog van die liefde – die proses van verryking en ontwikkeling.

      Mag julle groot vreugde put uit die “liefdeswerk” wat voorlê en nooit klaarkry nie. Onthou: liefde kan vir altyd wees!

      Daniël Louw

      Hoofstuk 1

      Verstaan die wat-vraag: wat is die huwelik?

      Die nugterheid van die liefde

      Mense dink dat as hulle hul in ’n vaste verhouding bevind en aan trou dink, die huwelik iets is wat natuurlik is en spontaan sal ontwikkel.

      Die huwelik is nie vanselfsprekend nes egte en volwasse liefde nie ’n natuurlike aangebore eienskap is nie. Mense is geneig om in verhoudings eerder lelik te raak as mooi; om af te breek as om op te bou; om te haat as om lief te hê; jaloers te wees as om te waardeer. Tog kan die lewe ook prentjiemooi raak en verhoudings kan ’n plek van troeteling en heelmaking wees. Die huwelik is ’n roeping en ’n werk (uitdaging). Hierdie “werk” kan soms moeilik wees en uitputtend raak. Ja, liefde is nie altyd romanties soet nie. Die mooi van liefde kan soms pynlik wees, veral as dit begin om opofferings te vra.

      Die huwelik kan lekker wees en al lekkerder raak, maar dan moet ’n mens weet waaroor dit in die huwelik gaan. Hiervoor moet ’n mens eerlik wees en objektief gaan kyk na wat die huwelik

Скачать книгу