Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw страница 10

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw

Скачать книгу

Julle twee kan nie verskille op ’n kalm manier uit die weg ruim nie. Bespreking loop gou op ’n argument en ’n twisgesprek uit.7. Daar is sluimerende haakplekke in jul huwelik waarvan jy bewus is sonder dat julle daarin slaag om dit op te los of selfs in diepte daaroor te gesels.8. Daar is dikwels argumente in jul huwelik sonder dat julle kan vasstel wat die werklike kernprobleem of oorsaak is.9. Klein verskille ontaard maklik in ’n hewige krisis.10. In plaas daarvan dat julle saamwerk om ’n gemeenskaplike doel te bereik, werk julle dikwels teen mekaar en dwarsboom mekaar.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)11. Julle verskil oor hoeveel en vir watter take die kinders verantwoordelik is in en om die huis.12. Julle verskil in jul opvoeding oor wat reg en verkeerd of wat goed en sleg is.13. Julle verskil oor die opvoeding van ’n kind(ers) uit ’n vorige huwelik.14. Julle verskil oor hoeveel en hoe dikwels ’n kind geprys en beloon moet word, veral wanneer die kind dit verdien.15. Julle verskil oor die metode en hoeveelheid tug, dissipline of straf wat julle moet toepas.16. Julle verskil oor hoe jul kinders hul vrye tyd mag bestee (bv. die bywoon van partytjies, kampe, sport, fliek, musiek, dans en disko’s).17. Julle verskil oor wat en hoeveel julle die kinders mag toelaat (bv. met verhoudings, kerkbywoning, gebruik van die motor).18. Julle bots dikwels voor die kinders oor sake rakende hul opvoeding.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)19. ’n Familielid hanteer jul kinders op ’n wyse wat jul albei afkeur.20. Skoonouers meng in en skryf voor oor hoe julle jul huishouding en opvoeding moet hanteer.21. Julle het ’n familielid wat dinge doen wat die familie in die verleentheid bring of almal ontstig.22. Jou ouers hou nie van jou huweliksmaat nie.23. Jy en jou maat is baie afhanklik van jul ouers vir geldelike en emosionele steun.24. Jou maat kritiseer voortdurend jou familie en sien op hulle neer.25. ’n Familielid veroorsaak probleme deur ongevraagd raad te gee of jou en jou maat teen mekaar te probeer afspeel.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)26. Julle verskil oor wie wat in en om die huis behoort te doen.27. Jou maat maak voortdurend negatiewe opmerkings oor jou kleredrag, byvoorbeeld dat jou klere slordig is of van swak smaak getuig.28. Jou maat maak voortdurend beswaar teen sekere fisieke aspekte, byvoorbeeld jou gewig, hare, liggaamsbou.29. Jou persoonlike higiëne en netheid dra nie die goedkeuring van jou maat weg nie.30. Jou maat het irriterende gewoontes wat ekstra werk of ongerief veroorsaak: gooi byvoorbeeld vuil klere op die vloer, het nooit geld nie, rook in jul slaapkamer.31. Julle verskil oor hoe en waar jul gaan vakansie hou.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)32. Jy of jou maat bestee geld sonder om eers die ander een te raadpleeg.33. Julle verskil oor die maandelikse begroting: hoeveel julle moet spaar en hoeveel julle kan bestee.34. Jy voel jou maat bestee te veel geld op onnodige dinge terwyl ander belangrike sake agterweë bly.35. Julle leef bo jul vermoë en maak heelwat skuld.36. Julle bestee te veel geld aan materiële dinge (koop byvoorbeeld luukses soos ’n CD-speler/kleurtelevisie/rekenaar/videomasjien) en te min aan noodleniging en geestelike werk.37. Jou maat voel jy bestee te veel geld aan onnodige sake en te min aan noodsaaklike dinge.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)38. Albei van julle voel onbevredig ten opsigte van die tipe toenadering tussen julle wanneer julle by ander mense is (byvoorbeeld hande vashou, soen, strelende aanraking).39. Albei van julle voel ontevrede oor die hoeveelheid fisieke toenadering en ander liefdesuitinge wat in die openbaar gewys word.40. Jy of jou maat het ’n flirtasie met of troetel ’n geheime hunkering na ’n ander persoon of ’n ou liefde.41. Jou maat maak beswaar teen jou vriende van dieselfde geslag.42. Die vrou voel die man stel nie belang in dit wat gedurende die dag met haar gebeur nie, en omgekeerd.43. Die vrou voel die man deel nie inligting en probleme by sy werk met haar nie, en omgekeerd.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)44. Julle bots oor belangrike godsdienstige kwessies, soos die doop, kerkverband.45. Julle gaan nie saam kerk toe nie.46. Julle kan nie saam stiltetyd hou en bid nie.47. Jou maat verkleineer jou godsdienstige oortuigings.48. Jou maat beskuldig jou van onverskilligheid teenoor godsdiens.SUBTOTAAL (Dui aan hoeveel kruisies verskyn in kolom C.)ALGEHELE TOTAAL VAN KOLOM C:

      Onthou: as julle nie uiteindelik bogenoemde vrae en julle antwoorde gaan bespreek nie, gaan die hele oefening nie juis ’n doel dien nie!

      Telkaart – Skaal vir identifisering van huweliksknelpunte

SubtotaleMan se tellingVrou se telling
1.Probleemoplossing en besluitneming (1-10)________________
2.Kinderopvoeding (11-18)________________
3.Familie (19-25)________________
4.Persoonlike versorging en voorkoms (26-31)________________
5.Geldbesteding (32-37)________________
6.Vriendskappe en toenadering (38-43)________________
7.Godsdiens (44-48)________________

      ’n Egpaar met ’n goed funksionerende huwelik teken ongeveer 13 tot 16 items aan as ernstige wrywingspunte (kolom C). Egpare met ’n swak funksionerende huwelik wat binne die gevaarsone van die N.T.-lyn verkeer, dui ongeveer 34-36 items as problematies aan.

      Noudat julle vasgestel het wat die stand van jul huwelik is, moet julle besluit hoe julle dit gaan hanteer. Soek saam oplossings vir knelpunte, moet dit nie gebruik om mekaar aan te val nie. Beskou probleemgebiede as terreine van groei, nie as rede vir verdere vervreemding nie.

      Die gehalte van jul huweliksverhouding

      Die kern van ’n huwelik is nie die huis waarin julle woon, jul kinders se prestasies of jul status in die gemeenskap nie, maar die verhou­ding tussen jou en jou huweliksmaat. ’n Huwelik groei wanneer die verhouding groei, en andersom. Daarom is alle huwelikspro­ble­me basies verhoudingsprobleme. ’n Verhouding word opgebou uit gesindhede, behoeftes, rolverwagtinge, kommunikasie, gewoontes, take, geslagsgemeenskap, interaksie, verbintenisse, waardes en geloofsoortuigings. Dit is belangrik dat huweliksmaats van tyd tot tyd hierdie sake met mekaar sal bespreek.

      Die doel van die volgende tabel is om jul oë oop te maak vir die werklikhede in jul verhouding. Dit is belangrik om te onthou dat die invul van so ’n tabel nie vir jou presies kan sê hoe jul huweliksverhouding lyk nie. Dit wil jou net help om te probeer vasstel wat regtig elke dag in jul verhouding aangaan.

      Die gehalte van jul huidige huweliksverhouding

      Dink na oor elke stelling. Wees baie eerlik. Omkring die syfer wat volgens jou oordeel ’n korrekte weergawe van jul huidige huweliksverhouding is.

      Die syfers het die volgende betekenis:

      1 = Nee (nie op ons van toepassing nie)

      2 = Ek twyfel (onseker)

      3

Скачать книгу