Anton Rupert: 'n lewensverhaal. Ebbe Dommisse

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse страница 41

Anton Rupert: 'n lewensverhaal - Ebbe Dommisse

Скачать книгу

bied, soos vooraf afgespreek, £750 000 aan, dus R1,5 miljoen. En Roth­man sê ja.

      Eensklaps bekom Rembrandt ’n onderneming wat in Brittanje sake gedoen het sedert die vorige eeu, toe Louis Rothman sy kiosk in Fleet Street in Londen ge­open het. Maar toe Hertzog die transaksie beklink, beskik Rembrandt oor sowat £125 000 kapitaal, met ’n bietjie reserwes. Rupert moes skielik iewers meer as £700 000 vind, maar waar?

      Op die aand van Woensdag 18 November 1953 ontmoet Rupert vir A.D. (Lens) Wassenaar, hoofbestuurder van Sanlam, in die ou Hotel Carlton in Johan­nes­burg. Hy vra Wassenaar of Sanlam nie kan help met ’n lening nie, want hy het ’n groot bedrag nodig. Juis die Sanlamgroep se besturende direkteur, dr. Louw, het vyf jaar tevore die eerste sigaret van Rembrandt se Paarlse fabriek in ontvangs geneem.

      Maandag 25 November 1953 is bepaal as betaaldag vir die oorname deur Rem­brandt, dus is daar nog net vier dae oor om die geld te vind. Wassenaar laat nie gras onder sy voete groei nie. Hy is die volgende dag terug in Kaapstad en belê ’n buitengewone vergadering vir Vrydag van Sanlam se dagbestuur, wat gewoonlik op Woensdae vergader. Die saak is so dringend dat ’n motor die Vrydagoggend na Riebeek-Wes gestuur word om een van Sanlam se direkteure, F.S. Malan, te gaan haal.3

      Vir die eerste keer in Sanlam se geskiedenis word ’n buitestander toegelaat om die direksie toe te spreek. Rupert se voorlegging, gelewer met al die oorredings­krag waaroor hy beskik, word so goed ontvang dat hy magtiging kry om om­skepbare skuldbriewe ten bedrae van £500 000 te bekom. Sanlam skiet die helfte van die bedrag voor, sy filiaal African Homes Trust (later Homes Trust, uiteindelik Metlife) en Bonuskor en FVB, wat albei deur Sanlam gestig is, die ander helfte. Die orige kwartmiljoen kom van Volkskas.

      Die geld moes die daaropvolgende Maandag om twaalfuur in Londen wees. Rupert gaan wag daardie oggend in Pretoria by Jan Hurter, toe hoofbestuurder van Volkskas, in sy kantoor vir finale bevestiging dat die geld oorgeplaas is. Hy ken Hurter, latere besturende direkteur en voorsitter van Volkskas, van die dae toe hulle twee kantoortjies op die tweede verdieping van die Volkskasgebou in Johannesburg gehad het – “waar jy dit nie kon waag om jou toebroodjies in die laai te sit nie. Die volgende oggend was dit weg, want daar was so baie rotte”, volgens Rupert.

      Albei is gespanne, want as jare lange vriende weet hulle wat op die spel is. Dit word later kwart oor elf, maar die teleksboodskap of telegram van Sanlam kom nie deur nie. Om halftwaalf tel Hurter die telefoon op om die teleksdame te roep. “Anton, ek gaan nou die teleks deurstuur om te sê die geld is daar,” sê hy.

      Maar Rupert gooi wal; hy besef dat Volkskas, in daardie stadium nie ’n groot bank nie, geruïneer kon word as die transaksie skeefloop. Hy druk Hurter se hand vas: “Mnr. Hurter, ek ken jou van 1941 af, ons kom ’n lang pad saam. Jy was rekenmeester by Volkskas in Johannesburg, en jy is nou hoofbestuurder. Ek het destyds aan dr. Stals en Oupa Kriel gesê: ‘Hier is julle volgende hoofbestuurder.’ Maar ek gaan nie dat jy jou hele toekoms waag om my te help en Rembrandt vandag te help nie.”

      Die minute tik verby. Om tien voor twaalf kom die bevestigende berig uiteindelik deur, en om twaalfuur arriveer die geld in Londen.

      Sanlam kon homself op die skouer klop: “So het Sanlam ’n Suid-Afrikaanse maatskappy gehelp op sy eerste tree om ’n wêreldmaatskappy te word.”

      Rupert was weer eens deur die nouste van nou gapings. Filosofies spreek hy hom daaroor uit: “As jy weet watter probleme vir jou voorlê, begin jy nooit nie!”

      Jare daarna toe hy gevra word of hy ooit deelneem aan Lotto, die amptelik goed­gekeurde gelukspel waaraan miljoene hoopvolle Suid-Afrikaners elke week deel­neem, antwoord hy glimlaggend: “Nee, ek het genoeg groot waagstukke in my lewe aangegaan!’

      Hy voeg by dat dit statisties gesproke eintlik beter is om, as jy aan Sater­dag­aand se Lotto wil deelneem, nooit reeds die Maandag tevore ’n kaartjie te koop nie, maar te wag tot Saterdag – want die kanse dat jy voor die Saterdagtrekking sal doodgaan, is baie beter as om die gelukpot te wen!

      Met die aangaan van die lenings waarmee hy sy uitbreidende sakeryk finansier, begin hy ook ’n gebruik volg wat mettertyd groot dividende afwerp. Wan­neer hy geld vir uitbreidings en so meer nodig het, vra hy gewoonlik meer as wat hy nodig het – en dan dra hy sorg dat hy die lening vóór die bestemde tyd aflos. Oor baie jare het sy groep sodoende ’n benydenswaardige reputasie van kredietwaardigheid opgebou.

      Eensklaps was daar vanweë die nuwe ontwikkelings met Rothmans heelwat werk in die buiteland, aangesien 29 tabakwinkels daar verkoop moes word.

      Rupert se jongste broer Koos, senior dosent in die regte aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, sluit hom in Januarie 1954 by die groep aan. Sy eerste taak is om te kyk na die afhandeling van kontrakte. As koördineerder, eers gestasioneer in Londen en daarna in New York, word hy kort daarna die Rem­brandt Groep se eerste buitelandse verteenwoordiger. Onder sy leiding word 27 van die 29 tabakwinkels van Rothmans verkoop, en dit lewer ’n welkome in­komste. Net die winkels in Pall Mall en die Burlington Arcade word behou.

      Rupert is adamant dat sy twee broers, Jan en Koos, van sy lojaalste en hardwerkendste ondersteuners was. Een van hul deugde is, in sy woorde, dat “hulle nie skaam was om ’n karton sigarette op hul skouers te sit om dit te gaan ver­koop nie”. Saam met hom lees hulle altyd ook al die jaarstate en kontrakte voordat dit gedruk word.

      Toewyding en lojaliteit is inderdaad die soort onderskeidende kenmerke wat die trek na die buiteland moontlik gemaak en ’n nuwe fase inlui vir Rembrandt en Rupert, wat deur ouer werknemers “Meneer A.E.” genoem is om hom van sy broers, “Meneer J.P.” en “Meneer J.A.”, te onderskei. Van sy werknemers fluister soms goedig: die A.E. staan vir “All and Everything”.

      Spoedig sou hy een uit vyf dae op vliegtuie deurbring, soos sy seun Johann dit ook later sou doen.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAgEBLAEsAAD/4RNqRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUA AAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAAagEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAcAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAjodp AAQAAAABAAAApAAAANAALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTMiBXaW5kb3dz ADIwMDY6MDQ6MjQgMTU6NTA6MDQAAAAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAHA6ADAAQAAAAB AAAKPgAAAAAAAAAGAQMAAwAAAAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEA AgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIABAAAAAEAABI0AAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/gABBKRklG AAECAABIAEgAAP/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSAAAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBEL CgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsN Dg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM DAwM/8AAEQgAoABuAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYH CAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAABBAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQh EjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC

Скачать книгу