101 Bakgat maniere. R.R. Ryger

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 101 Bakgat maniere - R.R. Ryger страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
101 Bakgat maniere - R.R. Ryger

Скачать книгу

hou van haar looks.”

      “Sy is nie sleg nie.”

      “Kan jy my help?”

      “Kom ons kyk.”

      Appelgryn vat sy selfoon en bel. “Steve? How are you, buddy? Good. Good. The reason I’m phoning … that chick with the funny arm, the funny hand? Where can I get hold of her? Ja. Ja. Okay. Thanks, man, bye.”

      Hy lui af en trek ’n gesig. “Sy’t verdwyn. Ons het nie ’n nommer vir haar nie. Dit was my fotograaf. Hy sê jy kan haar dalk by die Full Stop Cafe in Melville raakloop. Dis waar hy haar die eerste keer ontmoet het. Sy’s ’n stripper, maar ons weet nie waar sy nou dans nie. As ek iets hoor, sal ek jou laat weet.”

      “Is daar fout met haar arm? Ek het gehoor jy sê iets van haar arm.”

      “Sy het nie vingers aan haar een hand nie. Sy het ’n deurknop.”

      Ek maak die tydskrif weer oop en bestudeer die foto’s.

      “Sien jy?” vra Appelgryn. “Haar een hand is nooit in die prentjie nie. Ek het my fotograaf gevra om haar so af te neem. Jy wil nie so ’n handjie op ’n kaalfoto hê nie.”

      Ons groet by die kar. Appelgryn se oë is glasig.

      “Kom ek vertel jou ’n geheimpie,” sê hy ernstig en sit sy rooi geklapte hand op my skouer. “Ek is gelukkig getroud. Ek het nog nooit my vrou verneuk nie. Maar met ’n job soos myne, wie dink jy glo my?”

      Ek maak dat ek wegkom voor hy al laggend op my kar se dak kan begin klap.

      Terug in die verlede

      By ’n rooi verkeerslig word ek omsingel. Een probeer ’n koerant aan my afsmeer, nog een druk ’n sakkie nartjies teen my ruit, ’n ander een swaai pakke swart vullissakke rond, iemand skree: “Hangers!” En daar is ’n jong seun wat moedeloos lyk terwyl hy ’n sakkie koeksisters lig. Ek hou van daardie gedraaide lekkernye, maar ek gaan beslis nie my venster oopmaak en van dit koop nie, want hier kom ’n sonverbrande vroutjie met ’n plakkaat: HELP ASB! – GEEN WERK – 5 KINDERS – ONS SUKKEL – GOD SEËN U! Op die plakkaat is daar ’n foto van die vyf kinders vasgeplak. Hulle lyk regtig fucked-up.

      Die lig slaan oor na groen. Ek maak dat ek wegkom. ’n Geduikte blou minibus sny onverwags voor my in. Amper vloek ek die bestuurder.

      Nou speel Beethoven se Vyfde. Ek trek af. ’n Ou wat duimry dog ek stop vir hom en hardloop nader. Ek wuif hom weg en antwoord my selfoon.

      “Dirk, dis ek. Kan jy my help?”

      Irritasie slaan in my op. “Waarmee, Duane? Dope?”

      “Nee, man. Ek moet blyplek kry. My girl het my uitgeskop.”

      “Waarom?”

      “Maak dit saak?”

      “Ek sou so dink.”

      “Kom ons sê maar net dinge het nie uitgewerk nie.”

      “Ek raai jy het nie werk nie.”

      “Jy raai reg. Werk is skaars …”

      “Maar dit keer jou nie om kak te maak en gefire te word nie, nè, Duane?”

      “Gaan jy preek of gaan jy help?”

      Ek sug. “Hoeveel?”

      “Hoeveel kan jy gee?”

      “Ek sal kyk. Ek bel jou later.”

      Ek sweer, my broer maak my mal. Hy sit daar in Kaapstad en rook homself simpel. Hy dink nie aan môre nie.

      Nie dat ek dit juis doen nie. Nie meer nie. Dit was anders toe ek nog ’n vrou en twee kinders gehad het.

      Maar ek kan dit nie verstaan nie. Ek kan tog nie my broer vir ewig onderhou nie. Hy sê hy werk, maar ek ken hom. Oor ’n paar dae is hy weer afgedank. Hy smaak die bottel kwaai.

      Aan die een kant wil ek hom in sy moer stuur, maar dan weer, hy bly my broer. Hy is een van die twee mense met wie ek regtig gemaklik voel om mee te kommunikeer. Dis net hy en Jacques Olivier.

      Ek stop by die huis waar my dooie vrou se suster en haar man bly. Dis amper 18:00, so ek neem aan hy is op die pad, aan die hardloop.

      “Maak nie saak hoe ver jy hardloop nie, jy gaan nie van jou probleem af wegkom nie,” het ek hom eenkeer vertel.

      Sy probleem maak die deur oop. Ansie is nog steeds baie mooi. Sy vee die bruin kuif uit haar oë en lyk verbaas om my te sien.

      “DIRK! Wat maak jy hier?”

      “Ek kom kuier,” glimlag ek.

      Ansie het ’n koddige manier van praat. Sy lê die klem op onverwagte woorde. Nou en dan ruk haar kop liggies en haar oë gaan al hoe groter oop. Daar is by my geen twyfel dat sy eendag ’n beroerte gaan kry nie. Die tekens is tog daar vir almal om te sien.

      “Hoekom?”

      “Kan ek inkom?”

      “Dewald is NIE hier nie.”

      “Ek sal jou nie gryp nie …”

      “Ag, MAN …”

      Sy is ’n agterdogtige vrou. Sy het Dewald al baie maal agtervolg. Sy bel hom minstens tien keer ’n dag. Sy het hom al met ’n pan in die gesig geslaan terwyl hy slaap.

      Ek en sy het kort voor haar troue ’n scene aangehad. Sy was onseker oor haar liefde vir Dewald en bietjie lus vir my. Ons het mekaar een keer gesoen en sy het amper daaroor selfmoord gepleeg.

      “Koffie?”

      “Het jy nie whisky nie?”

      Sy skink van Dewald se goedkoop whisky en gee die glas aan. “En toe, wat soek JY hier?”

      “Maria Staal.”

      “WAT van haar?”

      “Ek soek haar. Sy het verdwyn.”

      “En waarom soek JY haar?”

      “Haar pa het my gehuur om dit te doen.”

      “Waarom sou hy DIT doen?”

      “Sy vrou is besig om te sterf.”

      “O, het hy haar WEER by die trappe afgestamp?”

      “Skuus?”

      “Het jy nie geweet nie? Toe ons op skool was, het hy haar by die trappe AFGESTAMP. Sy was vir amper ses MAANDE in ’n rolstoel.”

      “Genuine?”

      “ALMAL het daaroor gepraat.”

      “Ek

Скачать книгу