'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue. Anton F. Prinsloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo

Скачать книгу

Die ongelyksoortige dele van iets is dus gelei tot waar hulle ’n geheel gevorm het: die totaal van die som. Op dieselfde manier het segregasie “afgeskeide van die kudde” beteken (Latyn se “apart” + gregare “kudde”) – wat ook die herkoms van ons vermaledyde woord apartheid verklaar. ’n Nederlandse betekenis van aggregaat was dan ook “opneem in ’n gemeenskap”.

      aggressie — onuitgelokte aanval

      Om tot die aanval oor te gaan, beteken dat jy nader aan die vyand sal moet stap. Agressus in Latyn het beteken “benader, aanval”, maar die oorsprong was eintlik baie meer gematigd, naamlik “nader stap”. Natuurlik was dit nie ’n stappie ter oefening nie, maar om iemand ’n taai klap te gee. Die gressus steek ook in die woord progressie, wat dan letterlik “vorentoe stap” en “vooruitgang” beteken.

      agiteer — opjaag, aanstook

      Ja, maar eintlik het Latyn agere “dryf, aandryf, heen en weer skud” beteken. As iemand heen en weer geskud word, gaan hy beslis opgerui, opgejaag wees – dalk selfs tot raserny gedryf word. In dié toestand lei hy dalk selfs ’n betoging.

      agonie — doodstryd, groot pyn

      Behalwe masochiste is daar min ouens wat plesier uit pyn sal put. Maar die oorspronklike betekenis van agonie het plesier eerder as pyn in gedagte gehad. Uit Grieks agein “lei” het agon gekom: dit waarheen iemand gelei word. Agonie was dus die inlei van iemand in ’n vergadering. Dit is in die besonder toegepas op die samekomste van mense wat die groot Griekse Spele, atletiek en dramawedstryde bygewoon het – en genot daaruit geput het. In talle verhale is daar ’n held en ’n skurk: eersgenoemde is die protagonis, laasgenoemde die antagonis, wat “mededinger” beteken. Dié woord was in Grieks eers agonistes waaruit agonie later ’n pynlike betekenis verkry het (die skurk ly altyd teen die einde). Die woord agonia het toe die stryd tussen die twee hooffigure beskryf – en in die Griekse mitologie en drama was dit gewoonlik tot die dood toe. Later is dit oorgedra op die geestelike en morele stryd van die mens, die fisieke en geestelike angs, benoudheid wat ’n mens moontlik kan verduur. Dit was wat Christus in die tuin van Getsémané moes deurmaak, sy agonie.

      agorafobie — vrees vir oop ruimtes

      Hoe ongelooflik dit ook al mag lyk: waar ’n skare is, is gewoonlik nie oop ruimtes nie. Hierdie oënskynlike teenstelling lê daarin dat die Griekse oop ruimte tipies die markplek was. Die oorspronklike woord ageirein het “versamel” beteken en dit is op die markplein waar die kopers en verkopers versamel het. Die vrees vir die markplein se verlatenheid was die eerste betekenis, maar later sou sommige mense die vrees beleef, selfs al was daar ’n gedrang. Dit het dus eintlik skarevrees beteken.

      Dié vindingryke verklaring word voldoende weerlê deur die Griekse woord agros wat “veld” beteken het (en wat ons vandag nog sien in die woord agronomie, dit wil sê “veldkunde, teorie van die landbou”). Agorafobie was dus ’n samestelling van agora “veld” + phobia “vrees”. ’n Veld is per slot van ­rekening ’n groter oop ruimte as ’n markplek (en bied ook meer ruimte as jy wil weghardloop).

      akademie — opleidingsinstansie, vereniging vir bevordering van wetenskappe en die kunste

      Die benaming akademie slaan terug op die olyfboord op die ­eiendom naby Athene van ’n legendariese boer met die naam Akademos. Hy was bekend as ’n held van die Trojaanse Oorlog (al beteken sy naam kalmweg “van ’n stil buurt”). Die tuin was so bietjie meer as ’n kilometer van Athene af geleë waar Plato (c. 427–347 v.C.) sy volgelinge onderrig het. Akademos se naam is om ’n besondere rede in die tuin met bome verewig: ’n Ongelukkige jong dame, Helena, is in haar jeug van Sparta af deur die held Theseus ontvoer. Haar broers, Kastor en Polluks (die huidige Tweelingsterre Gemini), het haar gaan soek en die boer, Akademos, het hulle in die regte rigting kon stuur. Daarna is die boord op sy plaas beskerm, die stad het daaromheen gegroei en Plato het die stilte benut om daar sy leerlinge voor te gaan. Ongelukkig was hy net in staat tot Platoniese liefde, sodat die stil, skaduryke hoekies van die tuin geen wilde tonele aanskou het nie.

      Hoe sou ons oerouers geweet het hoe groot ’n hektaar was? Nee, hulle het ’n baie praktieser manier gehad as dié skelm moderne beskrywing. ’n Akker was ’n stuk ploegland, die oppervlakte wat twee (flukse) osse in ’n dag kon ploeg Nederlands het akker verbind met Latyn ago wat “dryf” beteken het. Die grond sou dan die plek wees waarheen die vee gedryf is om te gaan wei.

      Dié woord het ’n besondere verband met die geskiedenis van Judas Iskariot. In Matteus 27:5 en verder lees ons hoedat Judas die silwerlinge in die tempel gaan neergooi en hom buite aan ’n boom gaan ophang het. Die priesters het besluit dat hulle nie die geld kon aanvaar nie, want dit was bloedgeld. Hulle het toe daarmee ’n stuk veld buite Jerusalem van ’n pottebakker gekoop as ’n begraafplaas vir vreemdelinge. Die naam daarvan was toe Bloedgrond. Dié soort begraafplaas het later die naam godsakker of akker van die Here gekry – en die besondere betekenis is veralgemeen sodat dit enige kerkhof of begraafplaas beteken het; → AKKER2.

      terug na → akker2

      Die benaming kom uit die oeroumagrootjie van Afrikaans, naamlik Goties (wat tussen die 4de en die 9de eeu n.C. in Wes-Europa gebruik is). Daar was dit akr en die betekenis was “vrug van die oop veld”; → AKKER1.

      terug na → akker1

      akkolade — toekenning, aanprysing

      Die oorspronklike betekenis was baie lekkerder as die huidige. Dit was “omhelsing om die nek” en is gebruik wanneer iemand tot ridder geslaan is. Hy kon ook deur die koning of (verkieslik) koningin gesoen of liggies met ’n swaard teen die nek getik word. Om ’n bloedbad deur ’n onbehendige monarg te voorkom, is die skouer in plaas van die nek later getik. In sekere gevalle is die nek ook net met die hand aangeraak. Oorspronklik uit Frans van Vulgêrlatyn accolare uit ad “aan, tot” + collum “nek”. Deur collum is die woord ook familie van décolletage, die ontbloting van die nek (en deesdae die melkweg tussen die boesems) deur ’n dame met ’n laehalsrok.

      akkommodeer — geskik vir gebruik maak, aanpas, vir iemand krediet beskikbaar stel

      Die woord het oorspronklik niks met verblyf (soos in akkommodasie) te make gehad nie. Die Latyn accommodatus het “geskik” beteken, met die gedagte dat iets by iets anders gevoeg is om dit vir gebruik aan te pas en reg te maak. In antieke tye het modus beteken “maat” – om ’n toonleer in Griekse musiek aan te dui; daarna “deuntjie”, toe “manier om te sing” en uiteindelik “manier om enigiets te doen”. Accommodatus het dus bestaan uit ad “aan, met” + com “saam” + modus “maat”. As dinge dus goed bymekaargekom het, kon die gaste maar kom. Om iemand te akkommodeer, het ook beteken om in ’n behoefte te voorsien, soos om geld te leen.

      akkoord — ooreenstemming

      Die oorspronklike Latynse en Franse woorde (accordare, accorder) het letterlik “harte klop met dieselfde ritme saam”

Скачать книгу