'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue. Anton F. Prinsloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo

Скачать книгу

v.C. daaroor geskryf. Die sout is voorberei uit die sand waar die kamele gewag het terwyl hulle eienaars vir goeie voorbodes gebid het. Die diere se blase kon nie wag tot die ­eienaars se fortuine vertel is nie en het ongetwyfeld gehelp om die geur te laat posvat. Ammoniak het dus “kameelurien” ­beteken. Die god Amoen het waarskynlik sy naam te danke aan die Griekse woord ammos (“sand”) omdat die tempel in die woestyn was.

      amnestie — kwytskelding van straf vir politieke en ander misdade

      Amnestie was “vergetelheid”: As jy amnestie van ’n goedhartige regering ontvang, beteken dit dat hy al jou slegte dade teen sy land vergeet. Die woord is duidelik familie van ­amnesie ­“geheueverlies”, maar ook van mnemonies “wat met die geheue te make het”. Die a- vooraan is Grieks en beteken “nie”, dus “nie onthou”.

      amok — toestand van raserny

      Geskiedkundig sou ’n amok (’n kranksinnige Javaan) jou verwoed aanval – veral op straat waar hy so veel mense moontlik wou doodmaak. So lui ’n Portugese bron van ongeveer 1516 – dié noem die rasende amouco uit Maleis amok.

      Die woede of raserny het iemand soms aangegryp as hy deur wraaksug of ’n ander hartstog (soos die Woordenboek der Neder­landsche taal sê) verbyster is en waarby hy deur die onmatige gebruik van opium opgewonde met sy Oosterse dolk in die pad afloop, enigeen wat hy teenkom verwoed aanval en probeer vermoor. Om die mense van die omtrek te waarsku, is daar met houtknuppels op uitgeholde houtblokke geslaan (wat dikwels groter amok as die malle veroorsaak het).

      amuseer — aangenaam besig hou

      Ons het die woord amuseer uit Frans amuser wat bestaan uit à “na” + muser “staar, peins”. As ’n dame jou aanstaar, beteken dit nie noodwendig dat jy haar amuseer nie – jou snor sit dalk skeef of dalk dink sy maar net diep. Die betekenis het gaandeweg verswak tot “die aandag behou”; later om die aandag op iets anders te laat val sodat jy jou ware voornemens kon wegsteek. (Die Franse generaal (Hermann-) Maurice Saxe (1696–1759) het byvoorbeeld ’n ligte kanon ontwerp wat hy die amusette genoem het omdat die vyand nooit sou kon raai dat iets met so ’n naam jou troepe ernstige liggaamlike letsel sou kon berokken nie. Vra die personeel van die veldhospitaal).

      anakonda — reuseslang van Suid-Amerika, wat sy prooi dooddruk

      Met dié reusagtige dier slaan jy nie ’n sweepslag nie, maar ’n sweepslang soos ’n weerligstraal (wat dit waarskynlik oorspronklik beteken het). Die naam is moontlik ’n verlatynsing van die Singalese henacandaya wat “sweepslang” (maar letterlik “weerlig-stam”) beteken. ’n Ander prettige raaiskoot is dat dit uit Tamil anaikkonda kom – wat “het ’n olifant doodgemaak” beteken.

      analise — ontleding, kritiese ondersoek

      As iets ontleed moet word, moet ’n mens dit uitmekaarhaal en losmaak sodat jy die samestellende dele (lede) daarvan kan sien. Die Grieke het dié handeling as ’n losmaking of opbreek van die geslote geheel gesien. (Grieks ana “op, deur en deur” + lusis “losmaking”)

      anargie — wetteloosheid

      Wanneer die mense soos mal goed in die strate rondhardloop en winkelvensters breek, lyk dit of hulle leierloos is (al voer die leier soos ’n generaal hulle van ’n veilige afstand agter aan). Dit is anargie. (Grieks an “sonder” + archos “leier”)

      anatomie — studie van die vorm en bou van ’n diereliggaam

      Die enigste regte manier om uit te vind of jou nier na ’n nier­vormige swembad lyk is om jou oop te sny en te kyk. Dit is wat die woord anatomie beteken: uit Grieks ana “op” + tome “sny”. Voordat elektrone en al daardie klein dingetjies ontdek is, is aanvaar dat die atoom die kleinste ondeelbare partikel was wat nie gesny kon word nie (Grieks a- “nie” + tome “sny”). Die Afrikaanse agtervoegsel -(ek)tomie word in die geneeskunde gebruik om aan te dui dat iets gesny gaan word (hopelik nie iets wat jy nie kan bekostig om te verloor nie). Die paar taalpuriste onder dié soort snyers dring daarop aan dat ’n blindedermoperasie ’n appendisektomie is en nie appendektomie nie – hulle argument is dat die appendiks uitgesny word, nie die append (wat jy in elk geval nie het nie).

      Anekdotes was vroeër ongepubliseerde geheime uit mense se lewe wat nie aan ander meegedeel is nie (Grieks an “nie” + ekdotos “ge­publiseer”). Die mens synde wat hy is, wou natuurlik graag weet watter geraamtes in die kas van ander was en het nie gerus voordat hy nie agter die kap van die byl gekom het nie. Die sesde-eeuse Bisantynse geskiedskrywer Procopius se Anecdota, die ongepubliseerde memoirs van keiser Justinianus (483–565) wat ryp hofskinderpraatjies bevat het, het aan die woord die betekenis van “openbaring van geheime” gegee. Eers het hierdie sappige brokkies net oor die lewe van beroemdes gegaan, maar later het dit ook die oorlewering van amusante storietjies oor gewone mense beteken.

      terug na → ANTIMOON

      anemoon — ranonkelagtige plant

      Die Grieke het gesien dat dié blom se kroonblare maklik in die wind wegwaai en het dit dus die windblom genoem (van anemos “wind”) wat niks met ranonkel te make gehad het nie. Maar dalk het die naam al vroeër in Hebreeus bestaan waar dit letterlik “plant van aangenaamheid, prettigheid” beteken het. Die seeanemoon beweeg lui heen en weer in die seestrome sodat dit lyk asof dit deur ’n onsigbare wind geskommel word.

      anofeles — malariamuskiet

      Ongelukkig is daar nie genoeg Van der Merwes om dié muskiet se lang suigsnuit te knoop nie. Die naam beteken “nutteloos” – wat dit natuurlik is. Dit is ook die knaap wat malaria oordra en die Grieke het reeds al sy streke geken, vandaar sy naam uit an “nie” + ophelos “hulp, voordeel”.

      anomalie — ongerymdheid, onreëlmatigheid

      As iets nie reg lyk of is nie, is dit ’n anomalie: dit wil sê ongelyk (Grieks an “nie” + homalos “gelyk” uit homos “dieselfde”) en is die speelvelde ongelyk.

      antiloop — wildsbok

      Die jagter wat die antiloop mis skiet, is waarskynlik verblind deur die pragtige oë van die dier, eerder as sy sierlikheid van beweging. Altans, so het die Grieke geglo toe hulle die wildsbok anthos-ops “pragtige oog” gedoop het.

      Hierdie metaal se naam kom moontlik uit Grieks antimonachos “monniksgif” of “nadelig vir monnike”. Die anekdote is dat sint Valentyn (oorlede 3de eeu) van dié mineraal aan sy varke gevoer het; → anekdote. Hulle het daarop gefloreer en spekvet geword. Omdat die monnike van sy klooster effens motgevreet daar uitgesien het, het hy toe van die mengsel aan hulle voorgesit. Hulle is dood. Valentyn sou gesê het: “Nou ja, goed vir varke; nadelig vir monnike.” Dié fabel is in die 17de eeu deur die Franse skrywer Antoine Furetière (1619–1688) versprei. Anders as die gelowige Valentyn is daar ongelowiges wat die woord toeskryf aan die Grieks anti monos “teen alleen wees” omdat die mineraal gewoonlik in kombinasie met fosfor, silwer of ’n ander element aangetref word. Maar die antimonos kan ook “nie alleen” beteken omdat die leke geglo het dat die kwaliteite van die mineraal te veel is om deur een mens

Скачать книгу