'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue. Anton F. Prinsloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue - Anton F. Prinsloo

Скачать книгу

beteken. Die ­romantiese digters (wat niks van tuinbou geweet het nie) het geglo dat die blom die groot liefde simboliseer: dit verwelk nie soos ander blomme nie, maar behou die kleur tot op die laaste. In die klassieke gebruik was dié blom die simbool van onsterflikheid (uit Grieks amarantos, van a- “nie” + stam van marainein “wegsterf”).

      In 1653 het koningin Kristina van Swede (1626–1689) die Orde van die Ridders van die Amarant ingestel, maar dit het in teenstelling met die blom na haar dood ophou bestaan.

      amasone — heldhaftige, mitiese vrouevolk

      Amasone: die borslose. Die legendes oor dié antieke vroue wat erger as mans kon baklei, is lank reeds bekend. Hulle het in Midde-Europa naby die Kaukasusberge (of in Afrika) gewoon en het mans as die laagste vorm van lewe beskou. Maar so af en toe het hulle ’n deel van die mans nodig gehad om seker te maak dat hulle nie uitsterf nie. Daar word vertel dat hulle hul buurvolk, die Gargariërs, jaarliks besoek het – tot dié se groot opwinding, want hulle was nou weer ’n volk wat net uit mans bestaan het. Volgens sommige oorlewerings het die amasone die mans ontvoer, verkrag en vermoor (meestal sonder klagtes van die slagoffers). Dit is meer waarskynlik dat die vroue die dogters uit hierdie fornikasies behou en die seuns aan die mans gegee het. Hulle baklei soos ­manlike spierpaleise met pyl en boog en die dubbele byl. Volgens ­oorlewering het hulle juis die regterbors afgebrand om die boog makliker te kan span – vandaar hulle naam: die Grieks a mazos beteken “sonder bors”. (Geen lid is skynbaar toegelaat om links te skiet nie.)

      Nie almal stem met hierdie algemeen aanvaarde herkoms saam nie. Miskien was die naam ’n verbrouing van die naam van die Oosterse maangod Mazu wat deur maagde as hulle beskermheilige beskou is.

      amateur — iemand wat minder bedrewe as ’n beroepspeler of -vakman is

      Die oorspronklike betekenis van amateur was gewoon liefhebber. Almal ken die Franse woord amour vir die liefde: amateur is duidelik familie daarvan en beteken dan ook iemand wat ’n liefde vir iets het — sonder om na die moontlike wins daaruit te kyk.

      ambidekster — iemand wat albei hande ewe goed kan gebruik

      Om links te wees, was vir eeue ’n skande. As ’n mens ambidekster was, was dit nie heeltemal so goed as om net regshandig te wees nie. Jy was regshandig aan albei kante en vandaar dat selfs so ’n vuige daad as om omkoopgeld met albei hande te vat aan diegene toegeskryf is wat met sulke vaardigheid in albei hande geseën was (Latyn ambi “albei” + dexter “regshandig”).

      ambiguïteit — dubbelsinnigheid

      As iets jou gedagtes in twee rigtings laat tol sodat jy naderhand nie weet of jy Andries of Adriana is nie, is jy die slagoffer van ambi­guïteit. Latyn het die herkoms, ­naamlik ambi “rondom” + iguus uit agere “dryf”. Jy kon iemand dus met jou redenasie al in die rondte dryf. Die ambi is gelyk aan die Grieks amphi (Afrikaans amfi-) soos in amfiteater, letterlik “toeskouers rondom”.

      Ja, maar nie die oorspronklike betekenis nie: toe was iemand met ambisie ’n wandelaar van huis tot huis. As ’n man in Rome hom vir ’n openbare amp (soos die Senaat) beskikbaar wou stel, moes hy soos in die ou Suid-Afrika voor ’n verkiesing van huis tot huis loop om stemme te werf. Dit was die letterlike ­betekenis van die Latynse woord ambitio (ambo “rond” + itus “gaan”). Die ambo- vind ook neerslag in ons woord ambulans: ’n rondlopende hospitaal; → KANDIDAAT.

      terug na → AMBULANS

      ambrosia — kos van die mitiese gode op die berg Olimpus

      Hoekom sou die gode hulle kos so ’n deftige naam gegee het? Enigiets wat heerlik op die tong of welriekend is, word ambrosia genoem vanweë die opvatting dat net die gode iets so uitstekends sou verorber. Maar dit is nie die oorsprong van die woord nie: dit kom uit Grieks a “nie” + brotos “sterflik”. Die gode het dus die ambrosia geëet sodat hulle nie sou sterf en die hele Griekse mito­logie daarmee verongeluk nie; → NEKTAR.

      Die Romeinse wetenskaplike Plinius die Ouere (23–79 n.C.) het hom nie juis aan die heerlikheid gesteur nie en sekere kruie ambrosia genoem. Later is gewone vrugtedranke ook as ambrosia (dit wil sê kos, in teenstelling met nektar, die gode se drank) geklassifiseer.

      Letterlik ’n lopende hospitaal; → AMBISIE, KANDIDAAT. Die woord het tydens die Krimoorlog (1853–1856) inslag gevind.

      Diegene wat soggens met ’n kop sit wat voel of dit deur ’n hemp se knoopsgat gedruk is, moet in die toekoms liewer uit ’n beker of bokaal van ametis drink. Dit was oorspronklik ’n voorbehoedmiddel teen dronkenskap. Die woord kom uit Grieks a “nie” + methustos “dronk” van methus “wyn”. Uit die newelagtige verlede kom ’n oorlewering dat ’n paar Kapusynerpriesters een aand etlike bekers wyn (in plaas van hulle soort koffie, cappuccino) gedrink het om iets te vier, indien nie te fuif nie. Die volgende oggend het almal gehoop dat die vroeë gebede, die mette, kort sou wees sodat hulle hul hoofpyne kon gaan vertroetel, maar een van die makkers was so vrolik dat hy sy maats ’n pyn op ’n ander plek besorg het. Eers later in die droewige dag het hulle uitgevind dat hy uit ’n bokaal van ametis gedrink het.

      ’n Spelling in die laat Middeleeue amatis het gemaak dat daarna as die liefdesteen verwys is na aanleiding van die Latyn amare wat “liefhê” beteken het. Dit is waarskynlik ’n oorblyfsel uit die antieke Romeinse tyd: dit was die mees geliefde steen van die ou vrouens vanweë die bygeloof dat dit die liefde van hulle mans onsterflik sou maak.

      (Die steen is reeds solank bekend dat dit in Eksodus 28:19 as deel van die borssak van die hoëpriester vermeld word, asook in Romeine en Openbaring.)

      terug na → ABSINT

      amfibie — dier wat op land en in water lewe

      As jy elke dag jou baas in die gebou sien waar jy werk en dan skielik in ’n gesellinklub, is hy ’n amfibie, ’n dubbelganger wat op albei plekke ewe tuis is. Die woord is vroeër deur ­dierkundiges gebruik om allerhande soorte tweeslagtige verskynsels in die natuur te beskryf, soos otters en robbe. (Grieks amphi “van albei soorte” + bios “lewe”)

      amfora — antieke vaas of ander houer met twee handvatsels

      Die Griekse inhoudsmaat amphora was nege gellings, dus so amper 41 liter. Om dit te kon dra en vir die drinkers wyn te skink, moes ’n man murg in albei jou armpype gehad het, want die kruik moes aan albei kante gedra word (Grieks amphi “aan albei kante” + phoreus “draer”). (Lui Romeine wat geen fees met harde werk wou bederf nie, het hulle amfora met net 27 liter gevul.)

      ammoniak — vlugsout; sterk ruikende soort gas uit ’n sout

      In die Middeleeue is op plekke selfs die ontlasting van die heiliges as relikwieë beskou. Ammoniak is amper daaraan verwant. Die naam is in 1782 deur die Sweedse chemikus, Torbern Olof Bergman (1735–1784), gegee aan gas wat van salammoniak verkry is. Dit was soutneerslae van ammoniumchloried wat in Libië aangetref is naby die

Скачать книгу