13 uur. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 13 uur - Deon Meyer страница 22

Автор:
Серия:
Издательство:
13 uur - Deon Meyer

Скачать книгу

style="font-size:15px;">      “En nou hoor ek dis ’n Amerikaanse toeris, jissis, Bennie, net op ’n Dinsdag, ek sê jou. By die hospitaal, Bennie, ek kry julle daar, vyf minute,” en dan is die lyn dood en Bennie dink dis hy wat vir Alexa Barnard die drank gegee het en die kommissaris het nie gesê watter hospitaal nie, en dan loop Oliver “Ollie” Sands in met die kamera in sy hand en hy huil weer as hy na die skerm agter op die apparaat kyk. Hy hou dit só dat die speurders kan sien. Bennie Griessel kyk daarna en hy voel hoe ’n skimhand om sy hart kom druk, die bekende beklemming. En die vrees. Want Rachel Anderson en Erin Russel staan daar, laggend en mooi en sorgeloos, met Kilimandjaro op die agtergrond. Jonk en bruisend, soos sy dogter Carla, deel van die Groot Avontuur.

      * * *

      Rachel Anderson lê op haar maag agter die stapel dennehoutstompe, in die koelte van die byna voltooide motorhuis, en probeer haar asem beheer.

      Sy dink hulle het haar gesien, want sy hoor die voetstappe en die stemme wat al hoe nader kom.

      “… more people,” sê die een.

      “Maybe. But if the Big Guy comes through, we’ll have more than enough.”

      Sy ken hul stemme.

      Hulle gaan staan, hier reg voor die motorhuis.

      “I just hope to God she’s still out there.”

      “Fucking mountain. It’s huge. But if she moves, Barry will spot her. And the cops will have the streets covered, we’ll get the bitch, I’m telling you, sooner or later we’ll get her and this whole fuck-up will go away.”

      Sy lê en sy luister na die stemme en die voetstappe wat bergop sagter raak. And the cops will have the streets covered. Dit is die woorde wat in haar kop herhaal word, wat die laaste van haar hoop dooddruk.

      * * *

      Bennie Griessel sê in Afrikaans: “Hy sal praat, Vusi. Jy moet hom net skrikmaak. Sê jy gaan hom toesluit. Of vat hom af selle toe. Ek moet ry.”

      “O.K., Bennie,” en dan loop Griessel uit en buite, op pad na sy motor, bel hy vir Dekker. “Leef sy nog, Fransman?”

      “Ja, sy leef. Tinkie was by haar, die hele tyd, maar toe fok sy in die badkamer in en sluit die deur en gaan sny haar pols met ’n stuk gin-bottel …”

      Die een wat hy vir haar uit laat drink het? Hoe het sy dit in die badkamer ingekry?

      “Gaan sy dit maak?”

      “Ek dink so, ons was vinnig by. Sy’t baie bloed verloor, maar sy behoort O.K. te wees.”

      “By watter hospitaal is jy?”

      “City Park. Het die kommissaris jou gebel?”

      “Hy’s hoogs die moer in.”

      “Dis niemand se skuld nie, Bennie, dis die fokken Mouton-doos wat ’n helse scene gegooi het. Toe hy die bloed sien, toe haak hy eenvoudig uit …”

      “Ons sal dit hanteer, Fransman. Ek is nou daar.” Hy klim in sy kar en hy wonder of hy iets gemis het in sy gesprek met Alexa Barnard. Was daar ’n teken?

      * * *

      Inspekteur Vusi Ndabeni sê: “I am your friend. You can tell me anything,” en hy sien hoe Oliver Sands se hande na sy bril toe beweeg en dit afhaal.

      “I know.” Sands begin die bril met sy T-hemp se soom skoonmaak, nou met sy rug deur toe.

      “So what really happened last night?” Vusi kyk of hy van die tekens kan sien waarvan Bennie gepraat het.

      “I told you,” die stem te beheersd.

      Vusi laat die stilte rek. Hy kyk stip na Sands, maar die brillose oë vermy syne. Hy wag tot Sands weer die bril op sy neus het. Dan leun hy vorentoe. “I don’t think you’ve told me everything.”

      “I did, honest to God,” en weer kom die hande na die bril toe, verskuif dit.

      Bennie het gesê hy moet hom skrikmaak. Hy weet nie of hy dit met oortuiging sal kan doen nie. Hy haal ’n stel boeie uit sy baadjiesak, sit dit op die tafel neer.

      “Police cells are not nice places.”

      Sands kyk na die boeie. “Please,” sê hy.

      “I want to help you.”

      “You can’t.”

      “Why?”

      “Jeez …”

      “Mr Sands, please stand up and put your hands behind your back.”

      “Oh, God,” sê Oliver Sands en staan stadig op.

      “Are you going to talk to me?”

      Sands kyk na Vusi en sy hele lyf sidder vir ’n oomblik en hy gaan sit weer stadig.

      “Yes.”

09:04 – 10:09

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RdwRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzowOTowNCAwNjo0 NToxNwAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGQKADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABY6AAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABkAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A7Ou2Xe4+09kZl1TngmG/ HiVQefDkd/BITrrM6EeSBRbuAS2fmk0O7/cs0dRthrKwNIEH/ejO6xg42S3FynGux1bbd0Sz3uNV bJZL/U9r3/zexlX6SyxNXAt/VSaqFfXek3WV1VX7nXOayuWPBLnhrmM2uYHfRd

Скачать книгу