Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal - Henk Viljoen страница 13

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

PAUL

      Dis pure geluk, bru.

      13. PETER

      Wat van Paula wat tydens die dans weggeraak het? En Felicity se katjie?

      14. PAUL

      Dis ook maar al. Moet sê dit was cool om die koerante en die televisie hier te hê.

      15. PETER (DINK ’N OOMBLIK. HOU OP SPEEL)

      Wil jy nie weer op TV wees nie?

      16. PAUL

      Natuurlik. Maar hoe?

      17. PETER

      Jy weet mos wat sê Ma altyd.

      18. PAUL/PETER (SPEEL-STAMP)

      Eet jou spinasie en was agter jou ore . . .

      19. PETER

      Nee, man. Sy sê altyd twee koppe is beter as een. As ons hard genoeg probeer, sal ons iets uitdink.

      STAAN OP. STAP NA BUITE.

      TITELS, TEMAMUSIEK

      1032/3 10:30 • DAG: BUITE • TUIN

      Beantwoord die volgende vrae wat op die draaiboekteks gebaseer is.

      1. Een episode kan uit verskillende tonele bestaan. ’n Toneel is ’n aksiegedeelte wat op een plek afspeel, byvoorbeeld: die Oppiekoffie-koffiewinkel in 7de Laan.

      a. Uit hoeveel tonele bestaan die uittreksel?

      b. Waar speel elke toneel af?

      c. Watter tyd van die dag speel toneel 2 af?

      2. Sepies se storielyne strek oor ’n aantal episodes en verhaallyne word na volgende episodes oorgedra.

      a. Die hoeveelste episode is hierdie sepie?

      b. Wat dink jy beteken “1032/2”?

      3. Rekwisiete is al die bykomstighede wat ’n toneel of akteurs nodig het.

      a. Hoe verskil dekor van rekwisiete?

      b. Maak ’n lys van die dekor en rekwisiete wat vir die tweede toneel nodig gaan wees.

      4. Verskeie mense help om ’n sepie te maak. Kies uit kolom B die posbenaming wat by die werksomskrywing in kolom A pas.

Kolom AWerksomskrywingKolom BPosbenaming
a. Dit is die persoon wat oorspronklik met die idee of konsep vorendag gekom het.Regisseur
kameraman_1.psdb. Dis die werk wat almal op stel graag sou wou hê! Die persoon het seggenskap oor elke aspek van die sepie, berei elke episode na goeddunke voor en leer die akteurs en tegnici na sy/haar hand.Vloerbestuurder
c. Dis die persoon in beheer van die kameras, ’n kuns op sy eie. Daar is gewoonlik helpers op stel, assistente wat onder andere help om kabels te verskuif terwyl tonele geskiet word.Skepper
d. Die persoon kommunikeer deurentyd met die beheerkamer. Dis die stem wat bevele soos “3 . . . 2 . . . 1 . . . Aksie!” en “Sny!” uitroep en verantwoordelik is vir dissipline op stel. Die persoon moet seker maak dat sowel die akteurs as tegnici presies weet wat elke oomblik op stel moet gebeur.Kameraoperateur
Regisseur.jpg

      5. ’n Sepie word gewoonlik 3 tot 5 maande voor die werklike uitsaaidatum opgeneem.

      a. Waarom dink jy is dit die geval?

      b. Wanneer is hierdie sepie opgeneem?

      c. Hoe lank na die opnamedatum is hierdie episode uitgesaai?

      6. In toneel 1 en 2 kom die woorde “SFX” en “A/S” voor. “SFX” is vir Special effects en A/S vir Audio sound.

      a. Gee Afrikaanse terme vir hierdie Engelse beskrywings.

      b.Watter tipe special effects en audio sounds sal by hierdie tonele gebruik word?

      Soos ’n skrywer woorde gebruik om sy storie te vertel, gebruik die regisseur die kamera in samewerking met sy kameraman om ’n idee of beeld oor te dra. As die regisseur en kameraman deur die lens kyk, manipuleer hulle die beeld op so ’n manier dat ons die toneel sien soos hulle graag wil hê ons moet dit sien.

      Dit is belangrik om te weet hoe om woorde reg af te kap (in grepe te verdeel) sodat dit nog sinvol is.

      In ’n neutedop bespreek klankleer, die afbreek van woorde en afkortings.

65340.png

      Klankleer

      Die manier waarop ons woorde uitspreek, verskil van hoe ons hulle spel.

      Klankgrepe is die manier hoe woorde volgens uitspraak/asemstote verdeel word, byvoorbeeld: verrassing – ve/ra/sing.

      Lettergrepe is die manier hoe woorde volgens hul spelvorm/skryfwyse verdeel word, byvoorbeeld: ver/ras/sing.

      Spraakklanke het te make met die klanke van woorde en nie die spelling nie.

      Stemhebbende klanke spreek jy uit deur jou stem te gebruik, byvoorbeeld: b, m, o.

      Stemlose klanke word uitgespreek sonder om jou stem te gebruik, byvoorbeeld: t, k, s.

       Vokale is almal stemhebbend en laat die lugstroom deur sonder enige hindernisse, byvoorbeeld: a, e, i, o, u asook oe, ie en eu.

       Diftonge is ook stemhebbend. Ons kry ’n diftong wanneer ’n vokaal, of kombinasie van vokale, oorgaan na die klank van ’n ander vokaal sonder dat die klank onderbreek word, byvoorbeeld: ei, y, aai, eeu, ooi, ai. Spreek die volgende woorde hardop uit en luister of jy die diftong kan hoor: paadjie (K D K V); otjie. Die aa word as ai uitgespreek en die o as oi.

       Konsonante is stemhebbend (n, l) en stemloos (k, p). Wanneer ’n konsonant uitgespreek word, word die lugstroom versper of versteur, byvoorbeeld: b, d, t, l, n, r, f, g, s, v, w, z.

      Klankverskynsels

74268.png

      Oorronding is wanneer klanke met oordrewe geronde lippe uitgespreek word, byvoorbeeld: bewe – beuwe; ma – mô; sweef – sweuf. In sommige gevalle kan die betekenis van die woord verander, byvoorbeeld: keer – keur; beer – beur.

      Ontronding is wanneer geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word, byvoorbeeld: bus – bis. In sommige gevalle kan die woord se betekenis verander, byvoorbeeld: duur – dier; muur – mier; lus – lis.

      Assimilasie is wanneer ’n klank die uitspraak van die vorige of daaropvolgende klank aanneem, byvoorbeeld: Hy sit voor die huis. Hy sit vorie huis./Ek is in die moeilikheid. Ek is innie moeilikheid./onbeheers, ombeheers/Stellenbosch, Stellembosch.

Скачать книгу