Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal - Henk Viljoen страница 17

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

      9. Op watter manier word die retoriese vraag in hierdie kwatryn beklemtoon?

      Kwatryn 12

      10. Wie of wat is ’n “souffleur” waarna versreël 4 verwys?

      11. Watter woord in die kwatryn verwys na die akteur se woorde? Kies een van die volgende: coulisses/sy reëls/stem.

      12. Haal ’n woord aan wat daarop wys dat die “akteur” ontsteld kan wees.

      13. ’n “Klug” is ’n grapperige of verspotte toneelstuk. Wat wil die digter vir die leser sê? Kies een van die volgende: toneelspeel is nie maklik nie/in die regte lewe is daar nie iemand wat vir jou voorsê wat om te doen nie/die souffleur se stem is te sag.

      Kwatryn 13

      14. Watter ander voegwoord beteken dieselfde as “ofskoon” en sal in versreël 1 pas?

      15. Wat beteken dit as die saal se ligte nie meer brand nie?

      16. ’n Figurant is iemand wat nie ’n belangrike rol in ’n stuk het nie. Oor watter twee dinge wonder die akteur in die laaste twee versreëls?

      17. As jy na die dieper betekenis kyk, waarom is die gebruik van die woord “figurant” in die slotreël gepas?

Piekfyn-woordeboek
Idiomatiese uitdrukkings
Hy is hart en siel in sy werk – gee al sy aandag aan sy werk.
Meer bek as binnegoed – baie praat, maar het min begrip/verstand.
Met bed en beddegoed uit huis uitjaag – met alles uitjaag.
Idiomatiese vergelykings
lieg soos ’n tandetrekkerso helder soos kristal
so gereeld soos klokslagso leeg soos ’n eierdop
Idiomatiese benaminge
buffel – ’n onbeskofte persoon
lamsak – iemand wat ’n papbroek is, ’n ruggraatlose mens
remskoen – iemand wat ’n saak vertraag
voorbok – iemand wat die aanvoorwerk doen by kwaaddoenery
Vaste verbindings (Slaan die betekenisse na in die woordeboek)
dan en wanpimpel en pers
die kroon spanplagiaat pleeg
hand op die hartskalkse glimlag
klinkklare bewysstank vir dank
mag en geweldwis en onwis
paal en perk aan iets stel
Wisselvorme
aanbiedinge; aanbiedingsaartappel; ertappel
bedankings; bedankingegare; garings
gimnasiums; gimnasiamaats; maters
Selfstandige naamwoorde met meer as twee meervoudsvorme (die betekenis verskil)
maat – mate (wat jy meet); maats (vriende)
kus – kusse (soene); kuste (by die see)
skof – skowwe (rugkant van osse); skofte (werktye)
Leer die volgende
Toneelspelers repeteer (oefen) ’n stuk wat hul instudeer. Hierdie repetisies is baie belangrik.
Die onbekende akteur debuteer vanaand in die Staatsteater saam met die bekende virtuoos.
75937.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n vriendskaplike brief skryf

       die stappe van prosesskryf toepas.

      Skryf ’n informele brief.

      Julle skool het ’n toneelaand gehad, wat ’n groot sukses was. Jy was ook deel daarvan en het die aand pootuit by die huis gekom. Jy is so lus om dit met iemand te deel. Skryf ’n brief aan jou vriend/vriendin om hulle van die aand te vertel. Maak gebruik van die stappe van prosesskryf. Jou brief moet 140-160 woorde lank wees.

      Gebruik hierdie formaat wanneer jy jou brief skryf:

brief.jpg

      Maatassessering

      Gee jou brief vir jou maat om deur te gaan en al die foute vir jou reg te maak. Gebruik die volgende kontrolelys:

Die vriendskaplike brief het . . .JaNee
Die vorm
Die adres staan regs bo.
Die straatnaam is reg gespel/“Posbus” is reg gespel.
Die straatnommer staan na die straatnaam/ Die posbusnommer staan na die posbus.
Die poskode is ingevul.
Die datum staan direk onder die adres.
Die aanhef staan links.
Daar is ’n reël oop tussen die aanhef en die inleidingsparagraaf.
Daar is ’n reël oop tussen elke opeenvolgende paragraaf.
Na die woord “Liefde/Groete/Liefdegroete” is ’n punt.
Daar is ’n reël oop voor die slotgedeelte.
Daar is geen punt of komma in die slotgedeelte nie.
Die inhoud en taalgebruik
Interessante, lekker geselstrant.
Inhoud konsentreer op die onderwerp en wyk nie af nie.
Goeie sinsgebruik. Wissel lang en kort sinne af. Elke sin begin met ’n hoofletter en eindig met ’n punt.
Paragrawe is nie te lank nie. Elke paragraaf gaan oor een onderwerp.
Goeie woordeskat. Gebruik interessante lekkersê-woorde. Wissel woorde af en gebruik nie dieselfde woorde oor en oor nie.
Taalgebruik is suiwer.
76398.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n visuele teks (spotprent) bestudeer en interpreteer

       ’n informatiewe teks bestudeer

       geïntegreerde taalvrae beantwoord.

      Leesbegrip: Visuele teks – spotprent

      Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae.

76559.jpg

      1. Karakters:

      a. Beskryf die karakters wat in die spotprent voorkom. (3)

      b. Is hulle karakters in eie reg of verteenwoordig hulle stereotipes of karikature? Gee ’n rede. (2)

      c. Dink jy die ma is regtig blind? Motiveer jou antwoord. (1)

      d. Watter karakter is vir jou die snaaksste? Hoekom? (2)

      2. Agtergrond/omgewing:

      a. Waar vind die gebeure plaas? (1)

      b. Is die situasie op feite of fiksie gebaseer? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

      c. Ironie is wanneer dit wat gebeur die teenoorgestelde is van wat jy verwag. Kan jy ’n voorbeeld van ironie in die spotprent raaksien? Verduidelik hoekom dit ironies is. (2)

      d. Dink jy hierdie is ’n tipiese toneel in een van Suid-Afrika se stede? Hoekom?/Hoekom nie? (1)

      3. Taalgebruik:

      a.Aan wie is die kennisgewing op Beeld se plakkaat gerig?

Скачать книгу