Proteus. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Proteus - Deon Meyer страница 12

Автор:
Серия:
Издательство:
Proteus - Deon Meyer

Скачать книгу

in die hospitaal geslaan, en die bevelvoerder het hoër op gebel. Hy wil geregtigheid hê.”

      “Ek is seker daar was rede vir die baklei, meneer.”

      “Ek ook, Janina. Ek wil jou net op die hoogte hou.”

      “Ek waardeer dit, meneer.”

      “Vra hom uit wanneer jy hom sien.”

      “Ek sal.”

      “Is dit al, meneer?”

      “Dit is al, Janina. Ek weet jy is besig.” Hy glimlag vaderlik, besorg. Sy talm ’n oomblik voor sy omdraai. Sy wil hê hy moet iets sê oor die gebeure in die Opskamer, hy moet dit aanroer sodat sy hom kan verseker dat sy alles onder beheer het. Maar hy sit net daar met sy glimlag.

      Sy klim die trappe, maar gaan staan halfpad.

      Ek weet jy is besig.

      Hy meet haar. Hy weeg haar, toets haar. Sy weet dit.

      Sy lag sag. As hy maar geweet het. Sy haal diep asem, klim die laaste trappe afgemete, soos die numering van ’n strategiese plan.

      Radebe begin rapporteer sodra sy in die Opskamer instap, sy stem sag-apologeties. Hy verduidelik die nuwe ontplooiing van spanne – ses van die bestes by die lughawe, ses by Kaapstadstasie, in twee spanne van drie elk ingedeel om treine en die busterminus dop te hou. Sy drie spanlede langs hom is besig om elke motorhuurmaatskappy in die stad te skakel met instruksies om te laat weet sodra iemand met Mpayipheli se beskrywing ’n kar probeer bekom. Hulle sal ook elke kontrakteerbare privaat lugdiens kontak. Nog drie spanne van twee elk sit in motors en wag vir instruksies hier onder in Waalstraat. Nog geen aktiwiteit by Monica Kleintjes of Miriam Nzululwazi nie.

      Sy knik. Quinn bevestig meeluistering van die Nzululwazi-telefoon. Daar was nog geen oproepe nie.

      Rajkumar, immer fyngevoelig, se liggaamshouding is een van gekrenkte eer wanneer hy verslag doen: “Daar is geen rekord van Tobela Mpayipheli in die Umkhonto weSizwe-rekords nie. Mpayipheli se geregistreerde huisadres in Mitchells Plain – die eiendom behoort aan ’n Orlando Arendse. Dit is skynbaar dieselfde Arendse vir wie Monica vroeër vanmiddag geskakel het op soek na Mpayipheli. Maar Arendse se geregistreerde huisadres is in Milnertonrif.” Die swaar lyf skuif subtiel, die selfvertroue keer terug. “Die interessante ding is Arendse se kriminele rekord – twee keer tronkstraf uitgedien vir handel in gesteelde goedere, 1975 en 1982 tot 1984, een keer aangekla en onskuldig bevind op handel in ongelisensieerde vuurwapens in 1989, twee keer in hegtenis geneem oor handel in dwelms, in 1992 en 1995, maar die sake is nooit hof toe nie. En een ding is seker: Orlando Arendse is georganiseerde misdaad. Dwelms. Groot. Prostitusie. Dobbelary. Gesteelde goedere. Die gewone beskermingsgeld-afpersing van sakeondernemings. En as ek die tekens reg lees, is die Skerpioene op die oomblik besig om baie geesdriftig na hom te kyk. En daardie Mitchells Plain-adres kan ’n dwelmhuis wees, lyk dit my.” Dan sit Rahjev Rajkumar met genoegdoening terug in sy stoel.

      “Goeie werk,” sê sy. Sy loop langs die muur van die vertrek, op en af, haar arms gevou. Op en af.

      Georganiseerde misdaad? Sy reik na moontlikhede, maar dit wil nie sin maak nie.

      “Georganiseerde misdaad?” sê sy hardop. “Ek sien dit nie pas nie.”

      “Geld sorg vir eienaardige bedmaats,” sê Rajkumar. “En as dit dwelms is, is dit geld. Groot geld.”

      “Mpayipheli kan ’n handelaar wees,” sê Quinn.

      “Hy’s ’n motorfietsmeganikus,” sê Radebe. “En dit wil nie sin maak nie.”

      Mentz hou aan met stap, knikkend. “Rahjev, kan jy uitvind aan wie die motorfietshandelaar behoort?”

      “Maatskappyregistrasies is nie intyds nie. Ek kan delf, maar …”

      Radebe: “Ek stuur ’n motorspan soontoe. Daar’s soms noodnommers op die deure.”

      “Doen dit.”

      Sy probeer weer die gegewe analiseer, hoeke en kante van benadering, sukkelend met die stukkies van die legkaart.

      “Geen rekord van Mpayipheli by die ANC, MK, PAC of Apla nie?” vra sy.

      “Niks. Maar ’n mens moet onthou: Die ANC-stelsels het ’n paar keer knoue gekry. Dit is onvolledig. En die PAC en Apla het nooit regtig iets gehad nie. Al die PAC-inligting kom van die Boere se data af. En daar’s niks oor Mpayipheli nie.”

      “Daar moet ’n verband wees tussen Mpayipheli en Kleintjes.”

      “Hel,” sê Quinn, “hy kon hulle tuinier gewees het.”

      Radebe, altyd versigtig met sy uitsprake, fronsend asof hy diepe vertwyfeling het, sê: “Sy het die Arendse-nommer eerste gebel om Mpayipheli te kontak. Miskien is Arendse die skakel.”

      “Kan wees.” Sy stap steeds op en af, verteer die insette, oorweeg die moontlikhede. Haar dors na inligting is allesoorheersend. HuIle moet ’n bres slaan, ’n skerp lig werp op die newels van onkunde. Maar hoe kry jy ’n dwelmbaron aan die praat?

      Nog ’n siklus in haar wentelbaan teen die muur, op en af. “Goed,” sê sy. “Dít is wat ons gaan doen …”

      * * * * *

      Hy is in die vuil toilette van Bellville se stasie. Nadat hy agter die geslote deur sy liggaamlike nood verlig het, haal hy die twee pistole se magasyne en slotmeganismes uit. Dan loop hy uit en plaas die onderskeie onderdele van die vuurwapens in verskillende vullisblikke en begin stap, Durbanweg se kant toe. Hy weet steeds nie waarheen hy gaan nie. Hy is net bewus van minute wat verbytik en hy is nou net tien kilometer nader aan Lusaka as wat hy by die lughawe was. Die versoeking om die hele gemors net so te los en huis toe te gaan, lê soos ’n verlange in hom, maar dan kom die vraag elke keer terug: Is dit wat Johnny Kleintjes gedoen het toe hy wat Tobela is hom nodig gehad het? En die antwoord daarop is nee, maak nie saak hoe hy daaraan dink nie, al wil hy nie nou hier wees nie, al wil hy nie die dringendheid en spanning in sy buik voel groei nie. Hy skuld vir Johnny Kleintjes en hy sal sy gat moet roer.

      As hy om die hoek kom waar Voortrekker- en Durbanweg kruis en die voertuie by die verkeerslig sien, gaan daar vir hom ’n lig op. Die pas van sy voeteval versnel as hy in die rigting van die Ontvanger se kantoor beweeg. Daar’s ’n taxihalte daar. Hy moet terug Kaap toe. Vinnig.

      * * * * *

      Mazibuko verbreek die tweede keer vandag ’n selfoonverbinding met Janina Mentz en begin bevele op span Alpha blaf: “Kom ons kry die kiste oop, daar’s werk om te doen. Hecklers, handwapens, rookgranate, koeëlvaste baadjies, nagsig. En ek soek geverfde gesigte.”

      Hulle reageer onmiddellik met oorgawe, knip die toerustingkiste oop, hul oë wat na hom flits, nuuskierigheid oor die aard van die opdrag. Hy sê niks, oordink die gesprek met Mentz. Waarom het hy vanmiddag ’n offisier aangerand? Want die doos het sy Duitse herdershond op Klein-Joe Moroka gesit. Wat het Klein-Joe gedoen? Hy het nie die luitenantjie gesalueer nie. Hoekom nie? Klein-Joe is Klein-Joe. Soms so in sy eie kop besig dat hy nie weet wat om hom aangaan nie. Deur-die-mis-nalatigheid was al wat dit was. En toe die luitenantjie vir Klein-Joe met ’n stroom obseniteite konfronteer het, gebeur wat altyd sal gebeur. Klein-Joe laat net een mens met hom neuk en dis hy wat Mazibuko is. Dis waarom hy vir Klein-Joe in die eerste plek

Скачать книгу