Ryker as die tempelkore. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens

Скачать книгу

VAN MY GENADE: ‘ĔLÔHÎYM CHÊSÊD10

      So lees ons dit

      My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God (Ps 59:17).

      So staan dit geskryf

      My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want ‘Ĕlôhîym is my rotsvesting, ‘Ĕlôhîym chêsêd (Ps 59:17).

      GOD VAN DIE GODE: ‘ĔLÔHÎYM HÂ ‘ĔLÔHÎYM

      So lees ons dit

      Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee (Deut 10:17-18).

      So staan dit geskryf

      Want YAHWEH julle ‘Ĕlôhîym is die ‘Ĕlôhîym hâ ‘Ĕlôhîym en Âdon âdon; die grote, magtige en gedugte ‘Êl wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee (Deut 10:17-18).

      GOD DIE ONVERGELYKLIKE, DIE ALMAGTIGE: ‘ÊL SHADDAY

      In en deur hierdie Godsnaam openbaar God Hom as die Een voor wie geen mens of mag, niks in die heelal, staande kan bly nie.

      So lees ons dit

      En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie (Eks 6:3).

      So staan dit geskryf

      En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as ‘Êl shadday, maar met my Naam (Shêm) YAHWEH het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie (Eks 6:3).

      So lees ons dit

      As jy na die wil van God vra en die Almagtige om genade smeek, as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring (Job 8:5-6, 1983-vertaling).

      So staan dit geskryf

      As jy na die wil van ‘Êl vra en ‘Êl shaddaî om genade smeek, as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring (Job 8:5-6, 1983-vertaling).

      So lees ons dit

      Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees (Gen 17:1).

      So staan dit geskryf

      Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het YAHWEH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is ‘Êl shaddaî; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees (Gen 17:1).

      DIE ALLERHOOGSTE GOD: ‘ÊL ‛ELYÔN

      So lees ons dit

      En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring (Gen 14:18).

      So staan dit geskryf

      En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van ‘Êl ‘elyôn was, het brood en wyn gebring (Gen 14:18).

      Engels: LORD

      Grieks: ΚΎΡΙΟΣ, KURIOS

      In die tweede weergawe van die skeppingsverhaal word ons vir die eerste keer daarvan bewus dat ‘Ĕlôhîym ook die Naam יהוה (YAHWEH) het.

      So lees ons dit

      So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Ook het die HERE God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen 2:1-9).

      So staan dit geskryf

      So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En ‘Ĕlôhîym het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En ‘Ĕlôhîym het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat ‘Ĕlôhîym geskape het deur dit te maak. Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe YAHWEH ‘Ĕlôhîym die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want YAHWEH ‘Ĕlôhîym het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. En YAHWEH ‘Ĕlôhîym het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Ook het YAHWEH ‘Ĕlôhîym ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En YAHWEH ‘Ĕlôhîym het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad (Gen 2:1-9).

      DAAR WAS VYF

      In die Skrif vind ons die name van vyf mense aan wie God sy heilige Naam, YAHWEH, openbaar het voordat Hy Homself op Sinai aan die Israeliete en aan die mensdom as God bekend gemaak het. Met vier van die vyf mense het God persoonlik gepraat. Die vyfde Ou-Testamentiese mens wat die Heilige Naam geken en op sy lippe geneem het, het God se Naam deur sy eienaar leer ken. God het sy Naam bekend gemaak en laat ken deur:

      1. ABRAHAM

      So lees ons dit

      Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? (Gen 15:7-8).

      So staan dit geskryf

      Verder het Hy vir hom gesê: Ek is YAHWEH wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. En hy sê: Adonai YAHWEH, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? (Gen 15:7-8).

      So lees ons dit

      En Abraham het

Скачать книгу