Ryker as die tempelkore. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens

Скачать книгу

      VOETNOTAS

      Psalm 38

      Psalm 38 is ’n boete- of skuldbelydenispsalm, een van die sewe skuldbelydenispsalms in die boek Psalms. Die ander ses psalms van sondeberou waarin die psalmskrywer vergifnis van God vra, is Psalm 6, 32, 51, 102, 130 en 143. Vyf van dié sewe skuldbelydenispsalms is deur Dawid geskryf.

      WAT PSALM 38 OOR GOD SÊ

       (DIE TEOLOGIESE TEMA VAN PSALM 38)

      Sê vir my wat ek van U moet weet, Here, my God, want ek het gesondig. En noudat ek U ken en liefhet, weet ek dat die grootste smart van die verloste sondaar die smart van sonde is.

      Die teologiese tema van Psalm 38 raak elke verloste sondaar. Die Heilige Gees het Dawid gedring om dié boodskap vir die geloofsgemeenskap van alle tye te gee: God is my heil. God is jou heil.

      Langs die psalmis se naam staan daar geskryf: By die gedenkoffer (1953-hersiening). In ander vertalings lees ons: “To bring remembrance” (King James Version), “For remembrance” (Geneva Bible), “To bring to remembrance” (English Revised Version) en “To cause to remember” (Young’s Literal Translation of the Holy Bible). Psalm 38 was ’n psalm waarna die psalmskrywer kon terugkeer om die smart wat sonde veroorsaak, in herinnering te roep. Maar dit is ook ’n psalm vir die geloofsgemeenskap: Laat elkeen onthou dat God alleen die toevlug is van die gelowige wat gesondig het. God is ons heil.

      Psalm 38: ’n Gebed in krankheid

      1.’n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer [om te kan onthou]

      Ek is bang vir u toorn, Here. Moet my nie verder oor my sonde straf nie

      2.O HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

      3.Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.

      4.Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.

      5.Want my ongeregtighede gaan

Скачать книгу