Ryker as die tempelkore. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens

Скачать книгу

hulle vir my te swaar geword.

      Ek is in groot nood, Here. U weet waarna ek smag

      6.My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.

      7.Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;

      8.want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

      9.Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.

      10.Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

      11.My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.

      Ek is alleen; my teëstanders glo dat dit verby is met my

      12.Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;

      13.en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

      Op U wag ek in my nood; ek glo U sal my help

      14.Maar ek is soos ’n dowe: ek hoor nie, en soos ’n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

      15.Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;

      16.want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!

      17.Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!

      Ek ken geen vrede meer nie, ek bely my sonde

      18.Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

      19.Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

      20.Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.

      21.En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

      Moet my nie verlaat nie, Here. U alleen is my heil

      22.Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!

      23.Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

      WANNEER NUWE-TESTAMENTIESE GELOWIGES GESONDIG HET

      Wanneer ons as Nuwe-Testamentiese gelowiges gesondig het, word Dawid se ervaring met sonde ook ons ervaring. Sy gevoel van godverlatenheid word ons gevoel van godverlatenheid. Sy smagting na versoening met die God wie se wil hy verontagsaam het, word ons smagting:

      Here, ek is bang vir u toorn. Moet my nie verder oor my sonde straf nie (vgl. Ps 38:1-5).

      Ek ly, ek kry swaar. Dis nag in my lewe. U weet alles; U weet waarna ek smag (vgl. v. 6-11).

      Ek voel van God en mens verlate. My teëstanders glo dat dit verby is met my (vgl. v. 12-13).

      Op mense se leedvermakerige woorde, op mense se raad keer ek nou my rug. My hoop is net op U, Here. U sal my gebed verhoor. U sal U oor my ontferm (vgl. v. 14-16).

      Ek is stukkend, Here. Al waaraan ek dink, is my sonde. Ek bely dit voor U, want ek smag daarna om weer in u teenwoordigheid te leef (vgl. v. 17-21).

      God van my heil, help my tog gou (vgl. v. 22-23).

      Wie nie ’n gebed soos hierdie bid nie, sal nooit vrede ken nie.

      Maar as ons ’n gebed soos die gebed van Psalm 38 bid, sal God, wat genadig is, ons vergewe.

      SONDEBELYDENIS IN DIE SKADU VAN DIE KRUIS

      Die Nuwe-Testamentiese gelowige bely sy/haar sonde in die skadu van die kruis en in die lig van Jesus Christus se opstanding uit die dood. As verloste sondaars sing ons die lofsang van Sagaria:

      Geloofd sy die Here, die God van Israel,

      omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,

      en ’n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg.

      So het Hy dit eeue gelede al deur sy heilige profete vir ons vooruit gesê

      dat Hy vir sy volk redding sou gee

      dat Hy getrou aan sy verbond met Abraham sou bly,

      dat sy volk, verlos uit die hand van hulle vyande, Hom sonder vrees sou kon dien,

      afgesonder en gereinig, binne sy wil, so lank hulle leef.

      Hy het die opgaande Lig vir ons geword, die Lig wat uit die hoogte na ons gekom het,

      om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit,

Besprekingsvrae

      1.Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?

      2.Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?

      3.Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?

      4.Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe verander dit, en hoekom sê jy so?

      5.Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

      6.Wat wil jy vir die Here sê?

      VOETNOTAS

      Psalm 39

      Psalm 39 is een van die individuele klaagpsalms van die Ou Testament. Ander individuele klaagpsalms is Psalm 3, 4, 5, 7, 10, 13, 14, 17, 22, 25, 26, 27, 28, 31 en 36. Psalm 39 is in elke opsig ’n geweldige gebed. Binne die gedissiplineerde struktuur van die Ou-Testamentiese klaagpsalm beweeg die psalmskrywer al biddend uit die donkerte na die lig toe. Ons sien egter dadelik hy ken nog nie die Lig waarin ons as geseëndes in Jesus Christus leef nie.

      Psalm 39: Gebed in aanvegtinge (innerlike vertwyfeling)

      1.Vir die musiekleier; vir Jedútun [’n koorleier]. ’n Psalm van Dawid.

      Dawid het brandende vrae. Hy kom eerbiedig met sy vrae na God toe

      2.Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar [reg leef], sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is [solank slegte mense my dophou].

      3.Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

      4.My hart het warm geword in my binneste;

Скачать книгу