Ryker as die tempelkore. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens

Скачать книгу

aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is (Eks 3:1-7, 10-16).

      So staan dit geskryf

      En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb. Daarop verskyn die Engel van YAHWEH aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!

      En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.

      Toe YAHWEH sien dat hy nuuskierig nader kom, roep ‘Ĕlôhîym na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses!

      En hy antwoord: Hier is ek.

      En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Verder sê Hy: Ek is Elohiu (‘Ĕlôhîym) van jou vader, Elohei (‘Ĕlôhîym) van Abraham, Elohei (‘Ĕlôhîym) van Isak en Elohei (‘Ĕlôhîym) van Jakob.

      Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om ‘Ĕlôhîym aan te sien.

      En YAHWEH sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte […] Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.

      Maar Moses het tot ‘Ĕlôhîym gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?

      En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ’n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg ‘Ĕlôhîym dien.

      Hierop het Moses tot ‘Ĕlôhîym gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord?

      En ‘Ĕlôhîym sê vir Moses: HÂYÂH ÂSHER HÂYAH (EK IS WAT EK IS). Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: HÂYÂH (EK IS) het my na julle gestuur. Toe sê ‘Ĕlôhîym verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: YAHWEH, Elohei (‘Ĕlôhîym) van julle vaders, Elohei (‘Ĕlôhîym) van Abraham, Elohei (‘Ĕlôhîym) van Isak en Elohei (‘Ĕlôhîym) van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam (Shêm) vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: YAHWEH, Elohei (‘Ĕlôhîym) van julle vaders, het aan my verskyn, Elohei (‘Ĕlôhîym) van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is (Eks 3:1-7, 10-16).

      Hierna het God sy heilige Naam aan die Israeliete en aan die mensdom openbaar.

      DIE ISRAELIETE EN DIE MENSDOM

      So lees ons dit

      Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie – nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie egbreek nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie (Eks 20:1-17).

      So staan dit geskryf

      Toe het ‘Ĕlôhîym al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym, is ’n jaloerse ‘Êl wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. Jy mag die Naam (Shêm) van YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym nie ydellik gebruik nie, want YAHWEH sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym; dan mag jy géén werk doen nie – nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het YAHWEH die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het YAHWEH die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym aan jou gee. Jy mag nie doodslaan nie. Jy mag nie egbreek nie. Jy mag nie steel nie. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie (Eks 20:1-17).

      DIE HEILIGE TETRAGRAMMATON

      Die vier letters van יהוה, die heilige tetragrammaton (woord met vier letters), is van regs na links: Yodh, He, Waw en He.

      Die grammatikale grondbetekenis van יהוה is “HY IS”, wat dan in elke opsig ooreenstem met die HERE se openbaring aan Moses van wie Hy is (Eks 3:14).

      In die Fenisiese skrif (1100 v.C. tot 300 n.C.) is die Godsnaam só geskryf:

1.jpg

      In tiende-eeuse Aramees is die Godsnaam só geskryf:

2.jpg

      In hedendaagse Hebreeus word die

Скачать книгу