Ryker as die tempelkore. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens

Скачать книгу

Afrikaanse transkripsie van die Godsnaam is HERE.

      HOE WORD DIE NAAM UITGESPREEK?

      Niemand weet werklik hoe die Godsnaam יהוה uitgespreek moet word nie, maar Wilhelm Gesenius (1786–1842) het op grond van sy navorsing oor vroeg-Griekse transkripsies voorgestel dat “Yahweh” die mees waarskynlike uitspraak is. Ons transkribeer dit in hierdie teks as YAHWEH, ’n skryfwyse waarin die ingevoegde klinkers net meer sigbaar is.

      UIT EERBIED VIR SY NAAM

      By vroom Jode het die tradisie ontstaan om die woord HaShêm (die Naam) te gebruik in plaas daarvan om die woord YAHWEH, die Naam waarmee God Hom aan die mens bekend gemaak het, hoorbaar uit te spreek. Derhalwe is die Godsnaam nooit in gewone gesprekke of diskussies gebruik nie.

      •Die gelowige wou byvoorbeeld sê: “Dank die HERE.” Binne bogenoemde tradisie het hy dan in sy gedagtes die heilige Naam, יהוה, gesien. Hy het die HERE in sy gedagtes op sy Naam יהוה gedank, maar uit eerbied vir die HERE het hy hoorbaar slegs gesê: “Baruch HaShêm” (“Dank die Naam”).

      •’n Joodse gelowige wou miskien ook sê: “Met die hulp van die HERE.” In sy gedagtes sou hy die heilige Naam, יהוה, sien en hy sou sy afhanklikheid van die Here in sy gedagtes bely, maar uit eerbied vir die HERE sou hy hardop slegs sê: “Be’ezrat HaShêm” (“Met die hulp van die Naam”).

      Voordat Jesus Christus na die aarde gekom en vir ons die toegang tot die HERE geword het, het dié wat in die geloof geleef het, God in direkte gesprek of gebed as Adonai (soewereine, oppermagtige God) aangespreek, waardeur hulle hul magteloosheid bely het en hulle beroep het op God se genade jeens die mens, die geringe.

      Daarom sê Abraham in Genesis 15:2: “Adonai YAHWEH, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?”

      DIE GOD VAN DIE OU TESTAMENT IS DIE GOD VAN DIE NUWE TESTAMENT

      Die Naam van die God van die Ou Testament is die Naam van die God van die Nuwe Testament. Maar in die plek van die eerbiedswoord HaShêm (die Naam), het ’n Naam bo alle name van die ewige God na die mens gekom.

      Jesus Christus is die Naam waardeur ons na die Vader gaan, die enigste Naam in die hemel en op die aarde waardeur ons gered kan word, die Naam waarin ons mag bid en waarin ons elke behoefte in ons lewe na God mag bring.

      “Tot nou toe,” het Jesus Christus vir sy dissipels gesê, “het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees” (Joh 16:24).

      Só staan dit in die Nuwe Testament geskryf:

      Tot nou toe het julle niks in my (Jesus se) onoma (Grieks vir gesag, karakter, naam) gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees (Joh 16:24).

      NOUDAT JY WEET

      Noudat jy weet, sal jy die Ou Testament nooit weer soos tevore kan lees nie. Jy sal die majesteit en heerlikheid van die HERE ervaar wanneer jy sy Naam sag of hardop lees.

      Lees nou Deuteronomium 10:10-22, waarin Moses oor God skryf, soos wat dit in die Skrif geskryf staan. Waar “die HERE” staan, hoor jy, sien jy en lees jy YAHWEH. Waar “God” staan, lees jy ‘Ĕlôhîym. Waar “God van …” staan, kan jy Elohei lees.

      En ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die HERE het my ook dié keer verhoor; die HERE wou jou nie in die verderf stort nie. Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

      En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

      Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het die HERE ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

      Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer. Hy is jou lof, en Hy is jou God wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het. Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het die HERE jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte (Deut 10:17-22).

      DANKGEBED

      U het u Naam en u Woord bo alles gestel.

      U openbaar U aan ons terwyl ons u Woord bestudeer

      om U beter deur u heilige Naam te leer ken.

      Loof u heilige Naam!

      SÓ STAAN DEUTERONOMIUM 10:17-22 GESKRYF

      En ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en YAHWEH het my ook dié keer verhoor; YAHWEH wou jou nie in die verderf stort nie. Maar YAHWEH het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

      En nou, Israel, wat eis YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym van jou as net om YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van YAHWEH en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

      Kyk, aan YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het YAHWEH ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. Want YAHWEH julle ‘Ĕlôhîym is Elohei (‘Ĕlôhîym) van die gode en YAHWEH Âdôn âdôn van die here; die grote, magtige en gedugte ‘Êl wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

      Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

      YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer. Hy is jou lof, en Hy is jou ‘Ĕlôhîym wat hierdie groot en vreeslike dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het. Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym jou gemaak soos die sterre van die hemel

Скачать книгу