Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 16

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

alt=""/>

      . . . die Aarde, die universum in al sy skoonheid en chaos is vir my genoeg. Ek is bevoorreg om dit te kan sien, ruik, proe, hoor, voel. Ek wil ná my dood wees waar ek voor my geboorte was. Ek wil begrawe word in grond en daarin tot niet gaan. Dis vir my ’n wonderlike en salige gedagte dat ek bestaan uit sterrestof en dat ekself verantwoordelik is om my lewe tot sy volste intensiteit te lei binne sy totale verbondenheid aan alles en ander.

      ANTJIE KROG, digter en skrywer, God?, Claassen en Gaum, 2012

      Ek wil net ’n eenvoudige steen hê waarop staan, ‘Mandela’.

      NELSON MANDELA,

      eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999) en Nobelpryswenner

      As ek vir my ’n grafskrif kan kies, sal dit lui: ‘Onklassifiseerbaar’.

      JONATHAN JANSEN, onderwyskundige,

      oor rassekategorisering in Suid-Afrika, Briewe aan my kinders, 2012

      Ek was amper dood, ek was amper dood, maar ek was nie. Die flieks het dit heeltemal verkeerd, hulle probeer altyd die naderende dood wys met visuele beelde, met die visuele wêreld wat eerste padgee en die laaste om terug te keer, en wat ek beleef het, was ’n inkomende en wykende gehoor- en emo­sionele heelal, ’n klein en onsekure punt van waarneming in my kop, ’n flik­kerende fragment van ego, en ’n vaste bewuswees van sensasielose massa.

      ALBIE SACHS, ANC-struggle-veteraan en regter, oor sy gewaarwording nadat die apartheidsregering hom in 1988 byna gedood het met ’n bom in Mosambiek

      Krisjan, dit is raak.

      KOOS DE LA REY, Boeregeneraal, aan GENL. C.F. BEYERS, kort nadat ’n opslagkoeël hom by ’n padversperring getref het, Langlaagte, 15 September 1914

      Vra my vriende om vol te hou . . .

      J.H. HOFMEYR, politikus,

      in ’n fluisterstem aan sy broer, A.B. HOFMEYR, 3 Desember 1948

      Neem uit die verlede alles wat goed en edel is,

      en bou daarop die toekoms.

      PAUL KRUGER, president van die Z.A.R.,

      in sy laaste boodskap aan sy volk, Clarens, Switserland, 1904

      . . . het zou beteken dat de onwettige drankhandel, welke tot enige grote steden nu beperkt is, over het ganse land zou verspreid raken, en in plaats van enigen daardoor rijk te maken, zouden velen ervan rijk worden.

      M.T. STEYN, president van die Oranje-Vrystaat, kort voor hy ineengestort het by die Vrouemonument, Bloemfontein, 28 November 1916

      Nou’s dit klaar . . . en so ook ek.

      ROBERT BROOM, dokter en paleontoloog, 6 April 1951

      Manto suip haar moer toe.

      INGO CAPRARO, koerantredakteur, op plakkaat van Sondag, ná die dood van DR. MANTO TSHABALALA-MSIMANG, minister van gesondheid, wat ondanks ’n leweroorplanting steeds alkohol in oormaat bly gebruik het, Desember 2009

      As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor daars net donkerte daar voor ek staan en bewe dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor hou my hand styf vas langs jou sy is jy nog lief vir my? sal jy my by die hemel poorte kry?

      JACK PAROW, kletsrymsanger, “Tussen stasies”

      Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry die hartseer is verby op die ou end is al wat ek wil hoor rol oor jou tong: jy wil by my bly Sal jy my by die Hemel poorte kry?

      JACK PAROW, “Tussen stasies”

      My Heer en my God, ek lê my in U genade neer. As ek sou sterf terwyl ek slaap, lê ek net in die hande van u genade. As my sondes nog nie genoeg uitgeboet is nie – of as hulle nie reeds in u genade vergeef is nie – dan is daar alleen u vergiffenis waarop ek kan vertrou. En ek vertrou daarop. Dit is my troos elke dag: dat U, my God wat die allerheiligste Geregtigheid en ook Liefde is. God is liefde. U, my God, is liefde.

      N.P. VAN WYK LOUW, se laaste woorde soos hy dit

      die aand voor die nag van sy dood neergeskryf het, 18 Junie 1970

      Arbeid en werk

      Op, mans en vrouwens, sluit de rijen.

      Van welke kleur of ras jij bent:

      Ons wil nou nie meer langer lijen.

      Ons het die slaafjuk afgewend.

      Om saam te gaan: dit maak ons sterk.

      Die volle opbrengst van ons werk

      Moet in besit van die arbeidsmensen:

      Dit is die wereld, die wij wensen.

      Dit is ons grootste ideaal.

      Aan ons, die volk, die segepraal!

      ARBEIDSLIED UIT DIE VROEË 20STE EEU; aangehaal deur HEIN WILLEMSE

      in MOHAMED ADHIKARI, Straatpraatjes – Language, Politics And Popular Culture in Cape Town, 19091922, 1996

      Daar’s g’n werk vir almal nie . . . ’n Land moet aan sy mense arbeid verskaf. Dis die eerste vereiste, en geleerdheid,

Скачать книгу