Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 12

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

alt=""/>

      . . . ongelukkig het Afrikaans sekere historiese konnotasies gekry wat gelei het tot ’n verwerping deur die swart man, en dié is politieke konnotasies.

      STEVE BIKO, Swart Bewussynsleier en anti-apartheidsaktivis

      Dis waarom eksklusief Afrikaanse of selfs Afrikaans dominante wit skole en universiteite ’n ernstige bedreiging vir rasseverhoudings in Suid-Afrika inhou. Jy kan eenvoudig nie jong mense voorberei om die littekens van ons gewelddadige verlede te hanteer sonder om in die opvoedkundige om­gewing optimale geleenthede van gesamentlike leef en leer te skep nie . . . Wat beteken dit vir Engels? Doodeenvoudig is dit Engels en nie Afrikaans nie wat die taal van versoening kan wees, omdat dit die fondament vir ’n gemeenskaplike taal lê wat dan kan lei tot ontmoetings in Afrikaans en ons ander inheemse tale.

      JONATHAN JANSEN, akademikus en rubriekskrywer, tydens die PERCY BANESHIK-gedenklesing, Bloemfontein, 18 September 2013

      Ek het met twee erfenisse grootgeword. Aan die een kant die vermoë om in die Engelse taal te skryf en te veg, en ’n diepe agterdog teenoor die Engelse as rassehuigelaars wie se liberale pretensies hulle gehelp het om te ontsnap aan die skerper kritiek teen apartheid wat vir wit Afrikaanssprekendes gereserveer is.

      JONATHAN JANSEN, 18 September 2013

      Die jeugkultuur gryp die jong taal aan sy voorhuid en gee dit

      sy eerste demokratiese klimaks!

      PIETER-DIRK UYS, dramaturg en satiriese komediant

      Wat my mede-Afrikaner nie begryp nie, omdat hy homself afgesny het van alle kontakte met nie-wittes, is dat die uiterste intensifisering van daar­die beleid [apartheid] die afgelope vyftien jaar volledig voor sy deur gelê word. Hy word nou as Afrikaner geblameer vir al die booshede en die vernede­ring van apartheid . . . Om hierdie skeidsmuur te verwyder . . . vereis ook dat Afrikaners self openlik en duidelik teen diskriminasie behoort te protesteer. Sekerlik, onder sulke omstandighede, is daar ’n bykomende plig op my gelê dat ten minste een Afrikaner sy protes aktief en openlik sou aanteken . . .

      BRAM FISCHER, advokaat, tydens sy verdediging toe hy aangekla is

      dat hy kommunisme bevorder, 28 Maart 1966

      Wel, ek dink dat dit [tweeledige lojaliteit en om eerste lojaal te wees teen­oor hulle land van herkoms] van toepassing is op elke etniese groep in Suid-­Afrika behalwe die Afrikaners, wat duidelik nie affiniteit teenoor Nederland het nie, en die swartes. Maar Engelssprekende Suid-Afrikaners het altyd van ‘home’ gepraat wanneer hulle op vakansie na Engeland gegaan het – selfs al is hulle hier gebore en was hulle reeds tweedegenerasie-Suid-Afrikaners. En Indiërs, en Moslems ook, het sterk bande met ander lande. Dis net die Afrikaners en swartes wat dit nie het nie.

      HELEN SUZMAN,

      anti-apartheidspolitikus en parlementslid vir opposiepartye (1953–1989)

      Dit is net ’n dwaas of ’n filoloog wat Afrikaans sou wou bespreek sonder om ook aan Afrikaner-nasionalisme te dink.

      ALAN PATON, skrywer, 1975

      Ek was nooit in staat om Afrikaans as ’n kombuistaal te sien nie, ’n vulgêre patois, ’n taal waarin jy ’n entomoloog ’n ‘gogga-ekspert’ kon noem nie, hoewel daar, jammerlik, so ’n woord was.

      ALAN PATON, 1975

      Dit tref ons nou hoe verskriklik onnadenkend die Afrikanerdom geword het toe apartheid hom tot in die kern van sy morele vesel ingewurm het. Toe die apartheidskultuur sowel ’n private as ’n openbare toestand geword het, ’n kulturele gevoeligheid gedefinieer het, het die Afrikanerdom beteke­nisvolle verlies gehad aan sy sin vir ironie. In hierdie toestand het die kom­binasie van politieke, ekonomiese en militêre mag, bevestig deur religieuse voorskrifte, gelei tot ’n universele sin vir toe-eiening. Die Afrikanerdom het hom land, lug, water, dier en ’n ieder en elke swart liggaam toegeëien.

      NJABULO NDEBELE,

      digter en akademikus, tydens die eerste STEVE BIKO-gedenklesing, 2000

      Niemand durf buite die grense dink nie; die Afrikaner loop gedwee agteruit (en kaalvoet) die verlede in. Ons is só opgevoed. Ons kultuur het nog nie ’n tradisie van vryheid van denke en die individu ontwikkel nie; ons neuk eerder agter pastore en generaals aan wat hulle op gebiede uitlaat waarin hulle nie geskool is nie.

      HANS PIETERSEN, God?, Claassen en Gaum, 2012

      Die oppervlakkige geloof van die Jesusfratse word ’n verleentheid en die outokratiese apartheids-Christendom van die Ooms is verby sy raklewe. Ons skole word stelselmatig bevry van die geforseerde onkunde en geloofs­apartheid wat die Bybelbeheptes nog aan ons kinders probeer opdwing. Ons jeug, beter geskool as destyds tydens Christelik-nasionale onderwys, weet reeds te veel om die trop oor die kulturele afgrond te volg.

      HANS PIETERSEN, sakeman, ibid.

      . . . die deursnee- Bybelbehepte Afrikaner klink beslis nie geestesgesond en gelukkig wanneer ’n mens koerant lees en radio luister nie: hulle kla uit gewoonte en vrees (oor) alles van demone tot ’n verbeelde Nag van Lang Messe.

      HANS PIETERSEN, sakeman, ibid.

      Afrikaners voel maklik bedreig en agterdogtig. Die Boererepublieke se grense is uitgewis, maar die volk se vrese het ons bygebly.Vreemde politiek maak ons bang. Ander volkere maak ons selfbewus. Wêreldwysheid onder ons kinders maak ons beangs. Vryheid van die individu laat ons hiperventi­leer. Ons is die enigste van die elf taalgroepe in Suid-Afrika wat deur ons Afribendes die regering herhaaldelik hof toe sleep oor ons denkbeeldige onderdrukking. Afrikaans moet glo beskerm en omhein word soos erwe in Waterkloof, om anderskleuriges, andersdenkendes en anderstaliges apart te hou.

      HANS PIETERSEN, sakeman,

      Die vrese van ons vadersGeloof, onderrig en

Скачать книгу