Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

nie meer saak maak nie, binne ’n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie . . . Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literêre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net ’n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide sauk. Buite dié ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer ’n ma of ’n Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou ’n eer­bare bedeling vir myself en my gesin te beding.

      ANTJIE KROG, Stellenbosch, 30 November 1996

      Daardie Afrikaanse ghetto, die plek waarvan jy sê die dak afgewaai het, het darem so ’n paar kamers gehad waar die dak ‘intact’ gebly het . . . Daar is ’n paar skeure in, maar . . . die affêre staan darem nog. Wanneer jy rondgegaan het in die huis het jy darem so ’n paar dinge wat waardevol is, opgetel, selfs in daardie dele waarvan die blêddie dak afgewaai het.

      ADAM SMALL, digter en dramaturg, in antwoord op ANTJIE KROG, Stellenbosch,

      30 November 1996

      Kaaps is ’n taal, ’n taal in die sin dat dit die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat, dra; ’n taal in die sin dat die mense wat dit praat, hul eerste skreeu in die lewe skreeu in hierdie taal, al die transaksies van hul lewens beklink in hierdie taal, en hul doodsroggel roggel in hierdie taal. Kaaps is nie ’n grappigheid of snaaksigheid nie, maar ’n taal.

      ADAM SMALL, in sy voorwoord tot die tweede uitgawe van Kitaar my Kruis, 1978

      Ek sê ek praat met djou in Kaaps

      Here some van my critics

      het nog never in allie djare

      my taal hierso geperform nie

      ek sê ma net weer net soes lank gelede

      die’s g’n Gamat-taal nie.

      ’n straight en diep taal vannie mense

      waar hulle in gebore word en eerste kwyl

      en dan allie transactions van hulle lewe in beklink

      hulle bietjie maybe baie liefde soek, en haat

      en dan, daa’ byrie final beacon vannie dood,

      in sterwe

      en, dja of course djy moet dit sing

      ADAM SMALL, in antwoord op sy kritici oor die gebruik van “Kaapse” Afrikaans in sy gedigte in die eerste uitgawe van Kitaar my kruis (1961), 2013

      Hulle het gedink dis ’n taal waarin jy sing en dans, ’n fokken coon-taal. Hulle het Kaaps ’n joke-taal gemaak.

      NATHAN TRANTRAAL, digter, in kritiek op ADAM SMALL en PETER SNYDERS,

      in gesprek met DANIE MARAIS in By, 3 Augustus 2013

      Kind, as djy wil regte Afrikaans praat, doenit!

      Dis waarom mamma jou lat opleerit;

      kritisaais skrywers wat skryf soes mamma praat,

      maa moenie ve’wag

      mamma moet nou change nie.

      PETER SNYDERS, digter, “Moedertaal”, Versagtende omstandighede, 1995

      As dit elders in die land aanvaarbaar is as leerders ‘pô’ en ‘mô’ gebruik in ’n mondelinge toets, waarom nie dieselfde ruimte vir sprekers van Kaaps gun nie?

      MICHAEL LE CORDEUR, akademikus en voorsitter van die

      Afrikaanse Taalraad, Beeld, 9 Augustus 2013

      Jy weet die Afrikaner het gely. Maar dieselfde Afrikaner wat gely het, het oorgeneem en het vergeet hy het gely. Hy het net homself gesien.

      OLGA SEMA, onderwyskundige, tydens die verkennende gesprek oor ’n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

      Die Afrikaner het hierdie taal, Afrikaans, verkeerd gebruik in die verlede, want die Afrikaner het Afrikaans ’n vloektaal gemaak . . . Die Afrikaner het Afrikaans verkeerd gebruik as ’n regerende party om mense te onderdruk.

      OLGA SEMA, Stellenbosch, 30 November 1996

      Dit is opvallend dat heelwat van die pogings tot die herinstelling van Afrikaner-nasionalistiese aspekte oor spesifiek gender gaan. Intrinsiek aan Afrikaner-nasionalisme was ’n uiters ongelyke geslagshiërargie met Afrikanermans aan die steil bopunt. Dis ’n ver ent om te val, wat al die pogings om Afrikaner-manlikheid tot sy voormalige glorie te rehabiliteer, verstaan­baar maak. Met staatsgesanksioneerde Afrikaner-nasionalisme aan skerwe, blyk dit Afrikaners gryp na die volgende nuttige ideologie, naamlik godsdiens, om daardie ou bekendhede weer in plek te stel.

      CHRISTI VAN DER WESTHUIZEN, politieke analis, God?, Claassen en Gaum, 2012

      Ek het vergeet – nie geweet? – in die dae toe ons jonk was:

      Afrikanerskap is nie heilig. Ons wóú dit heilig hê;

      ons wou die volte van menslikheid daaraan gee.

      N.P. VAN WYK LOUW, digter,

      dramaturg en prosaïs, “Nuusberigte: 1956”, Tristia, 1962

      Teelbere en -sôe (gedek en ongedek)

      het elkeen ook ’n taak – nes Afrikaners.

      N.P. VAN WYK LOUW, “Voorlopige dood van die jambiese vyfvoeter”, ibid.

      Afrikaans kan vitaal bly

Скачать книгу