Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

alt=""/>

      Ook die Afrikaner sit met hierdie dilemma. Hy verstaan die wêreld om hom al beter en beter, terwyl sy God al kleiner en kleiner word. Maar ná soveel duisend geslagte kon hy nog steeds nie by die punt kom om dit wat hy nie weet of verstaan nie, nie maar net so aan sy God toe te skryf nie. Honderde duisende dink nog steeds evolusie is nie ’n bewese feit nie, hoe­veel te meer betwyfel dan die oerknal of die kartering van die menslike genoom of stamselontrafeling. Duisende stoei dan nou nog oor die regte beker vir hul nagmaalwyn.

      PIENKES DU PLESSIS, skrywer en sakeman, ibid.

      Die Afrikaners is nie naastenby so stiksienig ortodoks as wat hulle selfs ’n dekade gelede nog was nie. Maar gatvas en verbete is ’n generiese trek van pio­niersamelewings, van groepe wat hulself as permanente minderhede defi­nieer, of wat voortdurend morele regverdigings vir hul oorlewingswyses moet aanbied. Die bevrydingsnarratief is selfs meer verstok in die bonatuur­like. Ek het nie ’n appeltjie te skil met Afrikaners nie; ek het ’n appeltjie te skil met god.

      PIET CROUCAMP, akademikus, ibid.

      Afsterwe en afskeidswoorde

      Daar’s ’n glimlag in sy stem.

      Hy sê: kom binne, kom binne,

      ons werk nie meer met linne,

      dis nou as en beentjies en rook

      uit ’n vuur deskundig gestook

      maar steeds vir daar doer bestem.

      WILMA STOCKENSTRÖM,

      digter, prosaïs en akteur, “Uitnodiging”, Hierdie mens, 2013

      Welkom, vreemdeling vergetelheid. Skroom

      nie om jou donker vakuum om my uit

      te brei, vergroting van die duister agter

      my ooglede.

      WILMA STOCKENSTRÖM,

      “Welkom, vreemdeling vergetelheid”, Spieël van water, 1973

      Eendag sal ek, weet ek, die dood

      met laggende skedel trotseer.

      WILMA STOCKENSTRÖM,

      “Die skedel lag al huil die gesig”, Van vergetelheid en van glans, 1976

      Ek sê mos die skedel lag

      al huil en huil die gesig.

      WILMA STOCKENSTRÖM, ibid.

      Daar bestaan tans genoeg getuienis dat die menslike siel, as kandidaat vir die hiernamaals, nie bestaan nie . . . Deur op ’n ewige lewe ná die dood te fokus word ons aardse bestaan tot ’n soort wagkamer vir die dood gereduseer. Die mite dat mense siele besit wat ná die dood met die ewige lewe ‘beloon’ word, negeer eintlik die betekenisvolle bestaan wat op Aarde gelei kan word. As jy leef, het die dood geen betekenis nie en wanneer jy sterf, maak dit in elk geval nie meer saak nie. Om te beweer dat ’n mens ‘die tydelike met die ewige verwissel’ is uit pas met die werklikheid. Die ‘tydelike’ is al wat ons beskore is en ons enigste ‘beloning’ is om vlietend deel van die kosmos te wees en die kans gegun te word om ’n morele en etiese lewe te lei. Dit is selfs moontlik om langs hierdie weg ’n spirituele bestaan te voer.

      JURIE VAN DEN HEEVER, paleontoloog, God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, George Claassen en Frits Gaum (reds.), 2012

      Daar is geen dood.

      Ons wat van lae strand dit sien, en speur

      hoe dat hul vaart die afstand steeds vergroot –

      ons kan nie sien wat anderkant gebeur,

      en daarom noem ons die verdwyning: dood.

      TOTIUS (J.D. DU TOIT), digter, teoloog,

      psalmberymer, “Daar Is Geen Dood”, Passieblomme, 1934

      Om dood te wees is nie vir my ’n realiteit terwyl ek lewe nie en die lewe is geen realiteit meer vir die wat dood is nie. Daarom, om die dood te vrees is volgens my om niks te vrees.

      ABEL PIENAAR, filosoof en skrywer, God?, Claassen en Gaum, 2012

      Dit beteken nie altyd veel om ’n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op ’n begrafnis is ’n dooie man.

      C.J. LANGENHOVEN, skrywer en politikus, Ons weg deur die wêreld, 1913

      Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe is ’n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie.

      C.J. LANGENHOVEN, ibid.

      Ons is almal op sterwe na dood.

      C.J. LANGENHOVEN, ibid.

      Sal die leser wat by hierdie plekke kom, as die skrywer in die graf is, onthou dat daar vir hom ook ’n jaar sal kom waarvan hy nie die Oujaarsdag sal sien nie.

      C.J. LANGENHOVEN, ibid.

      As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: ‘Ek het hom by sy werk gekry’.

      C.J. LANGENHOVEN, ibid.

Скачать книгу