150 Stories. Nataniël

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 150 Stories - Nataniël страница 24

150 Stories - Nataniël

Скачать книгу

style="font-size:15px;">      Niemand soek onderlyf as die res fout gegaan het nie! Help my niks! Ek bly net simpel vir ewig!

      Handskoen lê op die Classifieds. Lang vinger sit op ’n blokkie. New Life sê dit. Looking for young man. En die nommer. Net so amper niks daar onder die vinger.

      Ek lê heelnag wakker. My drange sit later in my keel, maar ek los die handskoen in die sitkamer.

      Volgende oggend is ek opgewroeg. Vat die Classifieds en ek bel.

      Dis confidential, sê die stem, Daar’s eers ’n interview. En dis ver, maar jy hoef niks te bring nie.

      Ek sit siekverlof in. Lyk seker siek genoeg, want hulle vra niks. Middag vat ek die trein, amper twee ure, klim af waar die stem gesê het, die wit bussie wag in die parking lot.

      Hulle ry my die ewigheid in, verby lawns met sproeiers en gesnoeide bome tot by ’n gebou wat lyk soos ’n space ship. Op die trap staan ’n beeldskone meisie.

      O, hy gaan freak oor jou, sê sy, Jy’s rêrig die lelikste een wat ons nog gehad het. Masturbeer jy?

      Ek sê, Ekskuus tog?

      Dis vir die vorm, sê sy, Ons moet alles weet. Het jy vriende?

      Ek sê, Nie een nie.

      O, stunning! sê sy, En seks?

      Nog nooit, sê ek.

      Jy’s ’n absolute hit! sê sy, Huil jy baie?

      Ek sê, Elke nag.

      Dis wonderlik, sê sy, Was jy van kleins af so walglik?

      Ek sê, Nog altyd.

      O, ek wens ek was jy! sê sy, Hy gaan freak!

      En toe gaan die deur oop en daar staan ’n wit jas. En binne-in is die mooiste wese wat nog ooit ’n broek beset het.

      Sewe-en-twintig jaar se koerasie bestyg my van onder en al my senuwees sak van bo af en toe die twee bymekaarkom, gaan ek aan die bewe, byt my tong oop en huil kliphard.

      You must be Stevie, sê die wese.

      Ek sluk net bloed en trane en hou aan die trap vas.

      Dis Dokter Seager, sê die meisie, Hy gaan vir jou toor dat jy niks meer glo nie. Teken net hier, dis vir consent.

      Ek maak ’n streep oor die papier.

      Dankie, sê die meisie, En jy kan maar huil soveel jy wil, hy’s bilingual.

      Toe vat die wese aan my arm. Ek soek nog vir die halo, maar hy trek my saggies teen die trap op.

      Kom ons gaan bad jou, sê hy.

      Kaalvoet

      Twee dae lê ek op my rug. Kort-kort kom die beeldskone meisie met water en vrugte.

      Ons cleanse vir jou, sê sy, O, hy gaan jou fix dat jy hik.

      Derde dag stap Dokter Seager by die kamer in. Ek draai muur toe dat ek my sin kan onthou.

      Ek weet nou nog nie wat ek hier soek nie, sê ek.

      Maak dit saak? vra hy en vat weer aan my arm.

      Ek skop hout met elke hormoon wat verbykom.

      Hm-uhm, sê ek.

      Jy moet my vertrou, sê die dokter.

      Ek sê, Al van eergister af.

      Ons gee jou alles, sê hy, Alles wat van jou weggevat is. Maar eers moet ons uitvind waar jy vandaan kom, waarvan jy aanmekaargesit is.

      Toe plak hy twee proppe teen my kop vas, druk ’n knop teen die muur en pomp 200 volts deur my ore. Hy buzz my dat dit voel my hele as val uit en rol bultaf. Hy zonk my ingredients terug tot by die keisersnee en toe zoom hy in.

      Uit spring die skooldokter wat begin huil het, want sy kon nie my ruggraat kry nie.

      Uit spring die dag toe ek ná skool moes bly, want ek het twee periodes gevat om die 800 m te hardloop.

      Uit spring die vrou by die wildtuin wat geskree het, Kyk hoe mak is hulle! en toe vir my peanuts gegooi het.

      Uit spring die handskoen en ek wat rillings vang voor die wasbak.

      Toe druk hy weer die knop en switch my af. Ek lê klaar gemelk en hy kyk my in die oë en ek weet hy weet alles.

      Kry ek nou ’n pil? vra ek.

      Jou gesondheid makeer niks, sê hy, Dis net die verpakking wat lol.

      Ek sê, Nou wat nou?

      Beeldskone meisie kom om die deur. Ons tune jou tot jy sing, sê sy, Ons klits jou op!

      Sy’s onder die bed in.

      Ons vat jou skoene, sê sy, Die pad paradys toe loop jy kaalvoet.

      Die dokter kyk na my met sy advertensiegesig tot dit voel ek smelt en loop albei kante van die bed af.

      Hy druk met sy hande al onder my voete.

      Droom jy van ’n reguit rug met breë skouers? vra hy.

      Ek sien hoe die son en die maan opkom oor hom.

      Droom jy van dik, gladde hare en ’n vierkantige ken? vra hy.

      Ek sien hoe die wolke om hom oopgaan.

      Droom jy van ’n plat maag en perfekte heupe? vra hy.

      Ek sien spierwitte duifies wat sirkel om sy kop.

      Droom jy van bene wat aanhou en aanhou? vra hy, Gespierde dye wat geen tong kan weerstaan nie?

      Al daai, hyg ek.

      Ek maak my oë toe. Ek sien hoe stap ek in by Accommodation and Ladies’ Bar.

      My voorarms bult oor die toonbank en my kuif hang wild in my oë. Ek grom saggies. Ek sien hoe skrik hulle.

      The New Me

      So bly ek in die wit gebou met die bome en die sproeiers op die lawn. Normaalweg sal ek nie glo wat met my gebeur nie, maar my kop is binnekant so gemince, ek tel tot by twee dan’s drie missing. Nes ek wil vra wat gebeur nou, druk die dokter die knop teen die muur, dan’s ek plat.

      Ek soek jou fantasieë, sê hy, Jou verste drome.

      Ja, sê die beeldskone meisie, Maak liefde met jou toekoms!

      Sien dit voor jou, sê die dokter, Voel dit, ruik dit, doen dit.

      Ek

Скачать книгу