150 Stories. Nataniël

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 150 Stories - Nataniël страница 21

150 Stories - Nataniël

Скачать книгу

vyf rand ingooi, val daar ’n pakkie Camel onder uit. Maar die heel ergste is die stof.

      Hier reg voor my loop so ’n maer vrou met ’n dik vlegsel. Sy’t een van daai sweetpakbroeke aan wat so bol hang hier onder. En ek kan my mos verkyk aan sulke goed. Nou loop en dink ek, as ek nou hierdie bol hier vastrap tot sy anderkant uit is en ek laat los dan, gaan daar mos nou nie ’n krieseltjie stof in hierdie piramide oorbly nie. En dis die minste wat ek kan doen vir die toeristebedryf in Egipte. Trap vir hom vas.

      Die spul is om die hoek. Ek staan en kyk hoe begin hierdie ding styftrek. En toe hy nou net lekker begin spanning opbou, hier kom so ’n man om die hoek, vol make-up en verbande. En dis ’n mooi man.

      Maar iets sê vir my hierdie man is derduisende jare oud.

      Ek sê, Chris Barnard, wat maak jy in Egipte?

      Ek is Ramses XI, sê die man dat die plek weergalm.

      Ek sê, Maar wil jy dan nie bietjie gaan lê nie, shame, jy’s seker al moeg, jong.

      Met dié bereik die vrou die ander kant en ek laat los en die ding spring terug dat hulle daai toeris en haar broek die volgende dag chirurgies van mekaar moes verwyder. Maar as daar nou al ooit ’n skoon piramide was, was dit toe. En soos die lug helder word, kyk ek vas in die moegste paar oë wat ek nog ooit gesien het.

      Ek sê, Is jy nog steeds hier?

      Ek kry nie geslaap nie, sê Ramses, As ek my oë toemaak, sien ek dit.

      Ek sê, Wat?

      My glips, sê Ramses, Ek wou net ’n entjie gaan stap, toe sit sy daar agter die duin.

      Wie?

      Die kamermeisie. Ek kon nie help nie. Dit was net die een keer.

      Het jou vrou uitgevind? vra ek.

      Maar natuurlik nie.

      So what?

      Maar ek weet, sê Ramses XI en hy lyk nog ’n eeu ouer.

      En my virginity? vra ek.

      Dié kry jy nooit terug nie, sê Ramses.

      Toe gooi hy sy verband oor sy skouer en gaan koop vir hom ’n pakkie Camel.

      Butterfly

      Tweede keer dat ek my virginity verloor, toe’s dit nie meer snaaks nie, net lekker.

      Word wakker, maar ek voel heel uitbundig, kan myself nie opkrop nie, ek sit af Verwoerdburgstad toe. Nou loop ek daar rond, ek’s op soek na lekkerruikgoedjies, mens weet mos nie wanneer dit weer gaan gebeur nie.

      In by ’n winkel. Ek sê, Môre, ag ek soek ietsie besonders, maybe with a hint of musk or so.

      Hoeveel in die bottel? vra die vrou.

      Ek sê, Tot bo.

      Nee, sê nou, sê die vrou.

      Ek sê mos, sê ek.

      Jy sê verkeerd, sê die vrou, Toe, skud dit ’n bietjie.

      Ek sê, Nee, dis nog te seer.

      Man, voel net, sê sy.

      Ek sê, Nee, ek sal by die huis.

      Hoeveel in die bottel? vra die vrou.

      Ek sê, Tot bo!

      Jy jok, sê sy.

      Toe sien ek, hier langs die till staan ’n helse bottel, driekwart vol boontjies, voorop staan, Help ons bejaardes: R1,00.

      Ek sit een rand neer. Ek sê, Ek haat kompetisies, maar ek dink dis 837.

      Dis reg! skree sy, Hier’s jou prys. Twee kaartjies, Vrydagaand, Madame Butterfly.

      Ek sê, Gaan sy my fortuin vertel?

      Nee, sê die vrou, Dis ’n opera. Die een wat dit geskryf het is al lankal dood, maar blykbaar voer hulle die ding nog steeds op. Shame, sit seker nou maar met die kostuums. Sy self was nou nog nie daar nie, maar dit gaan blykbaar oor ’n Japannese meisie, Suzuki, wat verlief raak op ’n Amerikaanse matroos. Dié neuk op ’n kol weer terug huis toe, los haar net daar, sy raak so mal, sy hou nooit weer op met sing nie.

      Ja, sê die vrou, My vriendin was die ander aand daar, g’n mens kon haar stilkry nie.

      Nou kyk, ek het nog nooit ’n opera gesien nie, kan my ook nie indink mens wil dit op ’n Vrydagaand doen nie, maar ek’s mal vir ’n matroos, now’s as good as ever. En ek gaan alleen, mens weet mos nie, netnou vang jy die oog.

      Vrydagaand kom ek by die Staatsteater aan. En dis grand, met kandelare en matte, die mure slaat jou ’n bietjie, maar daar’s duisende mense. Ek kan nie glo daar’s soveel mense sonder TV’s nie. Ek gee my kaartjie, dis heel voor. Maar daai matroos moet verskriklik mooi wees, daar’s soveel mense, ’n klomp moet hier voor my in ’n gat sit. En toe die musiek begin, het die een ou daar ’n stok beet, maar hy werk daai stok. Ek dink, Hierdie man gaan homself seermaak, nie dat ek hom kwalik neem nie, g’n mens kan iets sien uit daai gat uit nie. Ek staan op, tik hom op die skouer, ek sê, Verskoon my, maar ek het nog ’n leë seat langs my. Man kyk vir my asof ek van Mars af kom. Ek dink, Nou maar bly in jou fokken gat. En ek loop sit.

      Gordyn is op, ons wag vir Suzuki. Maar ek moes seker ’n program gekoop het, dan sou ek geweet het daar’s iets op pad, want toe Suzuki opstap, toe’s sy pikswart.

      Sien jy, sê die vrou agter my, Waar vlug ons heen? Kyk hoe lyk dit al in Japan!

      En toe maak daai pikswart Suzuki haar mond oop, en toe weet ek hy gaan vir haar los. Sy sing daar dat ’n polisiehond sy hele training sal vergeet voor sy die noot los. Maar dalk is dit oor sy agter by die gordyn kon insien, want op daai oomblik kom die Matroos op die verhoog en hy is dik. En hy is horingoud. En hy begin sing. En die pienk padda in Paul McCartney se video is ’n mooi moer.

      Daar sit ons toe op ’n Vrydagaand met ’n dik matroos en ’n swart Suzuki. Ek begin net dink miskien is dit dalk beter om ’n tydjie in die gat te loop sit, toe kom ’n klompie van die bemanning op die verhoog en hulle is mooi. Hulle het sulke broeke aan wat sê, Naand, ek’s ’n jong tenoor.

      Ek skree, Suzuki, fok die padda, kyk die koor!

      Maar tipies, luister glad nie, draai net om en roep haar diensmeisies. Hulle kom opgeskuifel en hulle is spierwit.

      Ek sê, Verskoon my, maar het ek nog ’n verkiesing gemis?

      En dis op daai oomblik dat die ou pienke toe vir haar vertel hy gaan terug. Ek wil nog skree, Los net die koor hier! Maar daai motorfiets slaan ’n noot dat twee van die foyerpersoneel die vrou agter my se hare met ’n brandblusser moet kom platmaak. En toe daai noot sy laaste draai maak, toe kraak my bril se glase van oor tot oor en toe ek opkyk, staan daar tweeduisend swart Suzuki’s voor my. Ek sê, Vat alles, los net my floss.

      Ek wil net duik, toe sê ’n stem

Скачать книгу