Kruispad. Deon Opperman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kruispad - Deon Opperman страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Kruispad - Deon Opperman

Скачать книгу

klaar.”

      Die skoonheidsterapeut wip waar sy op die teetafeltjie se rand sit wanneer Sophia onverwags uitroep: “Netta! Nettaaaaaa. Hoekom is dit dat ’n bediende nooit daar is wanneer jy hulle nodig het en altyd daar is wanneer jy hulle nié nodig het nie? Netta!”

      Netta kom uit die kombuis aangedraf. In haar silwerskoon uniform. “Miesies het geroep.”

      “Meer as een keer. Die tee is koud. Maak gou vir my nog ’n koppie voor ek ry.”

      Netta raap die skinkbord op net wanneer FG daar aankom. “Ma, ek het geld nodig …” FG raap haar handsak van een van die stoepstoele af op, begin daarin krap. “Vir ná die wedstryd.”

      Sophia lig die lappie lui van haar oë af op. “Vra vir jou pa.”

      “Hy’t gesê ek moet Ma vra.”

      “Kyk in my beursie.”

      FG se vingers beur die beursie se voue oop sodat hy die note beter kan sien.

      “Nie meer as honderd rand nie.”

      “Ja, Ma.” Hy het dit verwag. “En Ma sal moet gou maak of ek gaan laat wees.”

      FG neem ’n honderd rand, sien hoe sy ma die lappie weer oor haar oë trek en neem dan nog ’n honderd rand.

      Die geluid van die ontploffing ruk almal – die skoonheidsterapeut, Netta, Sophia en FG – net so veel as Frik en Albert in die studeerkamer tot stilstand.

      “Wat was dit?” vra Frik.

      “Weet nie,” antwoord Albert. “Miskien die myne.”

      “Klink nie so nie.”

      Op die patio swaai FG om, roep na sy ma: “Het Ma dit gehoor?”

      “Ja, waarskynlik Eugène Terre’Blanche wat weer van sy perd afgeval het.”

      In hul kombuis aan die ander kant van die stad eggo Izel Landman FG se vraag: “Wat was dit, Pa?”

      Andries kyk na sy vrou. “Vra vir jou ma.”

      “Ma?”

      “Ek weet nie.”

      Henk weet. “Dit het geklink soos …”

      “ ’n Bom,” sê sy pa. “ ’n Groot bom.”

      “Wie sou ’n bom wou plant?” vra Izel.

      “Ek kan dink aan ’n paar,” antwoord Andries.

      “Andries, moenie die kinders bang praat nie.”

      “Julle lag vir my omdat ek die garage vol blikkieskos en kerse en water pak, maar ek sê vir julle daar kom ’n groot donkerte oor hierdie land.”

      “Andries! Asseblief. Ons weet nie vir seker dat dit ’n bom was nie.”

      “Glo my, dit was. En dis maar net die begin.” Hy staan op en stap uit.

      Iets bly vir Izel kwel. “Dink Ma tannie Sophia en oom Frik het dit gehoor?”

      Daar is net een manier om uit te vind, en Mariana bel haar suster. Dis ’n oproep wat Mariana dadelik ’n erge gevoel van vervreemding laat beleef. Sophia gee haar nie kans om te vra oor die bom nie. Wanneer sy Mariana se stem hoor, begin sy dadelik vertel van ’n wonderlike nuwe winkel wat sy in Menlyn ontdek het en dat sy dadelik vir haar ’n ingevoerde Franse uitrusting bestel het. Maar geleidelik raak die dinge waaroor sy kan spog minder en kry Mariana kans om uit te vra oor die bom. Sophia weier onmiddellik om dit te glo – sy moet dit eers oor die TV-nuus hoor. As ’n mens jou ore vir allerhande stories uitleen, sit jy later met geen sosiale lewe nie en is jy ’n vreemdeling in die malls.

      Toe Mariana die foon neersit, staan Izel vir haar en wag. “Gaan daar ’n oorlog wees, Ma?”

      “Nee, my kind.” Mariana wens sy kan dit met meer oortuiging sê. “Daar is te veel mense met goeie harte in hierdie land om ’n oorlog te kan hê.”

      Die dag van die bom het iets opgelewer wat Soois van Rooyen diep ontroer het toe hy ’n paar dae later daarvan te hore kom. Hy was nie self by om dit te beleef nie, maar agterna, ná die rugbywedstryd, het almal daaroor gepraat en só het die storie sy ore bereik.

      Dit was eintlik ’n tipiese kleedkamertoneel, hy kon hom dit só goed voorstel, die seuns in die kleedkamer, voor die wedstryd. Besig om die ergste senuwees met ’n geklets onder beheer te kry. FG, Henk en Riaan aan die praat terwyl hulle veters vasbind en die kuite en bobene met Deep Heat insmeer.

      “Ek sê julle, die oomblik toe ek dit hoor, toe weet ek!” FG is op ’n stasie vir die wedstryd. “My ma wou dit nie glo nie, maar toe hoor ons dit op die nuus op pad hiernatoe. ’n Moerse bom, in die middestad, klomp mense beseer. Toe tune ek haar: ‘Sien jy, sien jy, ek was reg!’ Dis jammer daar’s nie meer army nie, ek ken ’n bom as ek een hoor.”

      “Miskien kry jy nog jou kans.” Henk is altyd die besadigde ene. “My pa sê ons gaan ’n burgeroorlog hê.”

      Riaan kan net beaam; sy pa praat ook van oorlog. “Hy versamel al die laaste twee jaar Krugerrande. Julle moet dit sien, net so ’n stapel van die goed. Hy noem dit sy versekering.”

      “My pa versamel blikkies tuna,” kom dit amper lakonies van Henk. Hy praat nie baie oor Andries met sy maats nie. Dis ook nie nodig nie. Almal weet dat Andries ekstra werk oor naweke doen om dit te kan bekostig om Henk in dieselfde skool as FG te hê. ’n Mens skinder nie oor so ’n mens nie.

      “My pa sê dit gaan alles cool uitwerk,” antwoord FG. “Die enigste oorlog wat daar gaan wees, is die een op daardie veld vandag, en jy, Henk Landman, beter ’n drie druk.”

      “Ja, Wilmien sit al weer heel voor op die paviljoen.” Riaan maak ’n geluid soos ’n hoender en “pik” Henk met sy vingers agter op sy kop om Henk se “hen-pecked” status aan te dui. Spoedig ontaard die gesprek in ’n gestoeiery.

      Só besig is die seuns met hul speletjies dat hulle eers bewus word van hul onderwyser se teenwoordigheid wanneer hy praat. “Hou dit vir die wedstryd. Kom, manne, maak ’n kring.”

      Met ’n laaste ruk en pluk, stamp en stoot, beweeg Riaan en FG uitmekaar en sluit aan by die kring spelers wat besig is om te vorm. Henk, FG en Riaan staan langs mekaar, arms om die skouer in die kring.

      “Raait manne, julle weet wat om te doen.” Die afrigter is aggressief, besig om sy troepe op te sweep vir die stryd. “Dis ons eerste wedstryd van die seisoen en dis nie net ’n wedstryd nie, dis ’n oorlog! Geen genade nie en take no prisoners. Kom ons bid.”

      Almal buig die hoofde.

      “Onse hemelse Vader,” die afrigter se stem is nou baie eerbiedig, “ons vra u seën op ons wedstryd vandag. Ons wag al lank om hierdie manne ’n les te leer vir wat hulle verlede jaar aan ons gedoen het. Bewaar ons span, maar as ’n paar beserings die prys van oorwinning is, dan aanvaar ons dit so. Ons vra dit in u Naam …”

      “Voor Meneer amen sê, Meneer,” val Henk hom onverwags in die rede, “mag ek ook

Скачать книгу