Witwatersrand. Wilbur Smith

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Witwatersrand - Wilbur Smith страница 26

Witwatersrand - Wilbur Smith

Скачать книгу

deur die wit materiaal van haar nagrok sien.

      Sean fluit, ’n lae noot om net vir haar te bereik. Die klank laat haar skrik. ’n Sekonde langer staar sy uit die lig in die donker en dan skud sy haar kop, stadig en vol spyt, heen en weer. Sy trek die gordyne toe en deur die materiaal sien Sean haar skaduwee wegbeweeg. Dan gaan die lamp dood. Sean stap terug deur die boord en die plantasie. Hy bewe van woede. Uit die steeg hoor hy die musiek op die plein en stap vinniger. Toe hy om die hoek kom, sien hy die ligte en bewegende figure.

      “Die klein bobbejaan,” sê hy hardop. Hy is nog kwaad, maar daar is ook ’n ander gevoel. Toegeneentheid? Respek?

      “Waar was jy? Ek het byna ’n uur gewag!” Besitlike Anna.

      “Soontoe en terug om te kyk hoe ver dit is.”

      “Dis nie snaaks nie! Sean Courtney, sê my waar jy was?”

      “Wil jy dans?”

      “Nee.”

      “Goed. Moenie.”

      Karl en ’n paar ander staan by die kole. Sean stap in hulle rigting.

      “Sean! Sean! Ek’s jammer.” Berouvolle Anna. “Ek wil graag dans.”

      Hulle dans, stamp-stamp tussen die ander pare op die seil, maar nie een praat ’n woord nie totdat die orkes ophou om die sweet af te vee en die droë kele nat te maak.

      “Ek het iets vir jou, Sean.”

      “Wat is dit?”

      “Kom, ek sal jou wys.”

      Sy lei hom weg van die lig tussen die waens en gaan staan by ’n stapel saals en komberse. Sy kniel, maak een van die komberse oop en staan op met die baadjie in haar hande.

      “Ek het dit vir jou gemaak. Ek hoop jy hou daarvan.”

      Sean neem dit by haar. Dit is van skaapvel, gelooi en blink gemaak, met liefde geryg en gestik, die binnewol spierwit gebleik.

      “Dis pragtig,” sê Sean. Hy besef hoeveel werk dit geverg het en dit laat hom skuldig voel. Geskenke laat hom altyd skuldig voel.

      “Baie, baie dankie.”

      “Pas dit aan, Sean.”

      Warm, knus om die middel, ruim genoeg op die skouers: Dit laat sy sterk liggaam nog sterker lyk. Anna staan naby hom en sy stryk die kraag reg.

      “Jy lyk mooi daarin,” sê sy met die selfvoldane plesier van die gewer.

      Hy soen haar en die stemming verander. Sy hou hom styf om die nek vas.

      “Ag, Sean, ek wens jy kon bly.”

      “Kom ons sê behoorlik totsiens.”

      “Waar?”

      “My wa.”

      “Wat van jou ouers?”

      “Hulle is terug plaas toe. Pa kom môreoggend weer in. Ek en Garry slaap hier.”

      “Nee, Sean, hier’s te baie mense. Ons kan nie.”

      “Jy wil nie,” fluister Sean. “Dis jammer, want dis dalk die laaste keer.”

      “Wat bedoel jy?” Sy is skielik klein en stil in sy arms.

      “Ek gaan môre weg. Jy weet wat kan gebeur?”

      “Nee, moenie so praat nie! Moenie eens daaraan dink nie!”

      “Dis waar.”

      “Nee, Sean, moenie. Asseblief tog, moenie.”

      Sean glimlag in die donkerte. So maklik, so uiters maklik.

      “Kom ons gaan na my wa toe.” Hy vat haar hand.

      18

      Ontbyt in die donker, kookvure om die plein, gedempte stemme, mans wat by hul vroue staan en hul klein kindertjies vir oulaas vashou. Die perde opgesaal, gewere in die skedes en komberse agterop die saals opgerol. Vier waens in die middel van die plein, die muile in die tuie.

      “Pa sal seker nou-nou hier wees. Dis byna vyfuur,” sê Garry.

      “Hulle wag almal vir hom,” stem Sean saam. Die gewig van die bandelier druk swaar op sy skouer.

      “Mnr. Niewenhuizen het my een van die wadrywers gemaak.”

      “Ek weet,” sê Sean. “Sal jy regkom?”

      “Ek skat so.”

      Jane Petersen kom oor na hulle toe.

      “Môre, Jane. Is jou broer al klaar?”

      “Amper. Hy saal nou net op.”

      Sy gaan staan voor Sean en hou skamerig ’n stukkie groen-en-geel sy na hom uit.

      “Ek het ’n kokarde vir jou hoed gemaak, Sean.”

      “Dankie, Jane. Steek dit asseblief vir my aan.”

      Sy steek die rand van Sean se hoed op en hy neem dit by haar en sit dit teen ’n windmakerige hoek op sy kop.

      “Ek lyk nou na ’n generaal,” sê hy en sy lag vir hom. “Kom, gee vir ons ’n afskeidsoentjie.”

      “Jy’s vreeslik,” sê klein Jane en stap blosend weg. Glad ook nie meer so klein nie, sien Sean. Daar is so baie van hulle, ’n mens weet amper nie waar om te begin nie.

      “Hier’s Pa nou,” kondig Garry aan terwyl Waite Courtney die plein binnery.

      “Komaan,” sê Sean en hy maak sy perd los. Oral op die plein lei die mans hul perde uit.

      “Tot later,” sê Garry en hink weg na een van die waens.

      Waite ry voor die kommando uit: vier troepe van vyftien man twee-twee in gelid, vier waens agterna en dan die handperde wat deur swart agterryers aangejaag word.

      Hulle beweeg oor die plein, deur die rommel van die vorige nag se feesviering, in die hoofstraat af. Die vrouens staan, met die kinders om hul bene, hulle bewegingloos agterna en kyk. Die vroue het die mans al voorheen sien uitry teen die inboorlinge. Hulle juig nie, want hulle ken die weë van die dood. Hulle het geleer dat daar geen plek vir glorie in die graf is nie.

      Anna waai vir Sean. Hy sien haar nie, want sy perd is uitgelate en hy is by haar verby voor hy die dier onder beheer het. Sy laat haar hand langs haar sy sak en staan en kyk hoe hy wegry. Hy het die skaapvelbaadjie aan.

      Sean sien wel die koperkleurige glas en die skelm handsoentjie in die bovenster van Pye se winkel. Hy sien dit omdat hy daarvoor soek. Hy vergeet sy gekrenkte eer genoeg om te glimlag en met sy hoed te waai.

      Hulle ry die dorp uit en eindelik sak die klein seuntjies

Скачать книгу