Chuck Norris kan deel deur nul. Annelie Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira страница 5

Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira

Скачать книгу

      “Ja,” sê Ouma. “Ek dink die hi-fi in die woonkamer speel nog tapes.”

      “Nope, dit doen nie,” sê Marlie.

      “Is jy seker?” vra Ouma. “Laat ek kom kyk.”

      “Maak net gou, die kos is reg,” sê ek. “Watter tapes wil jy speel?”

      “Sommer ou tapes wat ek gekry het.”

      Ek tel die samurai-swaard op en weeg dit in my hand. Nou vir ’n vurk om die hoender mee vas te pen … en daar waai die eerste boudjie.

      Mm. Dit lyk nie heeltemal soos ek verwag het nie. Miskien moet ek “wêreldberoemde chirurg” ’n entjie afskuif op my lysie loopbaankeuses.

      “… maar hier was mos ’n tapespeler in die huis toe ons klein was. Pa?”

      Marlie en Ouma kom agter Pa by die kombuis in. Hy het ’n skoon wit hemp aan en sy hare is klam en glad gekam teen sy kop.

      “Kan wees,” sê hy. “Dit was lank gelede.” Hy maak die yskas oop en haal ’n boks lemoensap uit.

      My maag begin noodoproepe aan my brein maak. “Ons kan seker maar begin inskep?” sê ek.

      “Ja, natuurlik,” sê Ouma. “Nog drinkgoed, enigiemand?”

      “Hemel, wat het die hoender oorgekom?” vra Marlie.

      “Dis opgesny volgens ’n nuwe wetenskaplike metode wat die smaak verbeter,” sê ek. “Jy kan dit eerste toets.”

      “Yeah, right,” sê Marlie.

      Pa en Ouma gesels oor geysers, maar ek luister nie. Ek moet keer of ek kwyl op my kos. Ek stapel hoender en aartappel op my bord, met een klein stukkie tamatie langsaan vir balans.

      Marlie skep die helfte van die bak slaai in en ’n stukkie hoender wat moontlik ’n vlerkie is.

      Ons begin eet.

      “Toevallig dat dit nou hoender is,” sê Pa terwyl hy ’n stuk aartappel met sy vurk bykom. “Weet julle wat het ons vanoggend uit ’n drein op ’n kleinhoewe gehaal?”

      Ek is seker ek wil nie weet nie.

      “’n Dooie hoenderkuiken.” Pa kou smaaklik. “Nou vra ek jou met trane in my babyblou oë …”

      “Eow!” sê Marlie. “Pa!”

      Ek moet twee keer sluk aan my eerste hap hoender.

      “Toe ek daar kom en ek sien die hoenders rondskrop, kry ek sommer ’n intuïsie. Hoewel, hoe die ding in die drein beland het weet nugter alleen.” Pa tel sy glas sap op en drink. “Julle is gelukkig ek het julle so goed geleer, julle sal nie glo wat mense by pype invoeter nie.”

      “Pa!” Marlie lyk so groen soos ’n slaaiblaar. “Ons eet, for heaven’s sake!”

      “Partykeer is dit seker kleintjies, hulle weet nie van beter nie,” sê Ouma.

      Die hap hoender is af. Glad nie sleg nie.

      “Maar dan moet hulle geleer word,” sê Pa en sit sy glas weer neer. “As jy nie moeilikheid wil hê nie, moet jy sorg dat jou pype oop bly.”

      “Ons kry die boodskap, dankie, Pa!” Marlie pik ’n happie vleis van die vlerkie af. “Het mens jou ouers se toestemming nodig as jy ’n paspoort wil kry voor jy agtien is? Of is dit soos ’n ID waarvoor jy net sestien hoef te wees?”

      “Paspoort? Ek weet nie,” sê Pa. “Albert, terwyl ek nou daaraan dink, ons moet Saterdagoggend ’n draai by tannie Petro gaan maak, sy het gevra of ons ’n paar joppies daar kan gaan doen voor die verjaardag.” Hy prop ’n slaaiblaar in sy mond, dit vat ’n paar oomblikke voor al die randjies ingewerk is. “Paar nuwe gloeilampies insit, kyk na die kombuiswasbak, sy sê daar’s ’n toilet wat nie lekker is nie.”

      “Ek kan nie saamgaan nie.” Ek probeer spyt klink. “Ek en Ashish gaan Akasia Mall toe, ons het afgespreek. Die games arcade gaan toemaak en ons wil vir oulaas daar gaan speel.” Nou gaan ek die aartappel toets.

      “Dit sal nie lank vat nie, ek laai jou by die Mall af as ons klaar is,” sê Pa. “Dit sal goeie ondervinding vir jou wees. Toe ek so oud soos jy was, kon ek al jobs op my eie doen.”

      “Pa …” Oh, wow. Dis wat mens noem smelt-in-die-mond aartappel, ek kreun amper van plesier.

      “Jy moet oppas by die games arcade,” sê Marlie. “Daai ouens uit jou klas hang daar rond, ek en Suzanne het hulle nou al ’n paar keer gesien as ons daar verbyloop.”

      “Watter ouens uit my klas?”

      “Daai groot ouens. En daai een wat soos Usain Bolt lyk.” Sy haak haar hare agter haar oor in. “Hulle sukkel partykeer met die kleintjies daar. Ek is obviously nie bang vir hulle nie, hulle sal niks waag met my nie. Maar van jou maak hulle maalvleis.”

      O ja? Ek lig my ken. “Ek skrik nie vir groot ouens nie.”

      Ouma trek die slaaibak nader. “If you think you’re too small to make a difference, you’ve never been to bed with a mosquito,” sê sy.

      “Ja, wel, die mosquito moet ook maar oppas of hy word pap geklap,” sê Marlie.

      Ek sug gelukkig. Hierdie kos is perfek. Smaaklik. Sappig. As ek ’n bord hiervan voor Suzanne kan neersit …

      “Het julle geweet,” sê ek, “Chuck Norris kan sop eet met ’n vurk.”

      Toe die klok lui, vat ek die drukstuk van die e-pos na Pottie se lessenaar. Pottie is nie sleg vir ’n onnie nie. En EBW is nie sleg vir ’n vak nie. Pottie sê altyd die toekoms behoort aan die ouens wat geleenthede raaksien. Daar is plakkate van Richard Branson, Steve Jobs en Bill Gates in sy klaskamer.

      “Meneer wou hierdie gehad het,” sê ek en hou die papier na hom uit.

      Daar’s ’n groen koki-streep op sy hemp. Hy vat die papier en kyk daarna. “A, die e-pos, dankie! Die kanse is nul dat hy sal antwoord, natuurlik, maar julle moet leer om die ding behoorlik te doen.” Hy sit die papier op sy tafel neer. “Interessante konsep van julle, hoor.”

      “Die taak?” maak ek seker.

      “Ja. Ek dink mens kan dit laat loop, ek gaan kyk of ek iets daarmee kan doen.” Hy stoot sy bril op teen sy neus. “Maar hou dit eers stil tot ek als agtermekaar gekry het.”

      “Dit sal cool wees, Meneer!” grinnik ek.

      “Die idee is goed,” sê Pottie. “Kom ons kyk wat gebeur.”

      Ek is so in my skik dat ek amper weer op my plek gaan sit voor ek besef dis matrieks wat raserig die klas begin instroom.

      Ek draf uit in die gang toe ek onthou ons volgende klas is LO. Ek verminder dadelik spoed. Vir die tweede dag na mekaar, dis wat mens noem swak

Скачать книгу