Chuck Norris kan deel deur nul. Annelie Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira страница 6

Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira

Скачать книгу

’n kennisgewingbord. Sy het ’n paar papiere by haar en is besig om een met drukspykers vas te steek toe sy opkyk.

      “Haai!” sê sy.

      Ek het nie geweet sulke kort rompies is toelaatbaar nie.

      Ek voel ’n bietjie soos Dompeldorius as hy sukkel om al twee oë in dieselfde rigting te kry. Soos op Suzanne se gesig.

      “Haai!” kwaak ek.

      “Die graadtiens hou Maandag koekverkoping!” Haar glimlag verlig die hele gang. “In die middelste quad. Bring baie geld saam, nè.”

      Is dit maar al wat sy wil hê? Sy kan ’n arm ook kry, of ’n oor, of …

      “Mngk,” sê ek intelligent, en begin om agter haar verby te kruip.

      Wag!

      Suzanne en Marlie is vriendinne. Hulle is meisies. Meisies praat die hele tyd met mekaar.

      “Is dit nie ongelooflik van Marlie en my ma nie?” sê ek ongeërg oor my skouer.

      “Ja!” Suzanne kyk verras na my. “Ek het nie geweet jy weet nie. Dis net so amazing.” Sy druk die laaste spyker netjies in.

      “Amazing!” Ek knik my kop ernstig.

      “En ek was by toe sy die e-pos gekry het,” sê Suzanne. “As mens net kon uitvind wie dit gestuur het.”

      “Dis die groot vraag,” beaam ek.

      “Ek moet gou die ander kennisgewings ook gaan opsit.” Suzanne waai papiere. “Sien jou by die koekverkoping!”

      Ek stap stadig aan. E-pos. Raait. Vanmiddag is die middag dat ek en Marlie oor ’n paar dingetjies gesels.

      In die LO-klas is die Yskoningin besig om papiere uit te deel. Dit lawaai nog soos die kinders rondskuif en goed uit hulle boeksakke haal. Ek mik om stilletjies in te sluip.

      Dit werk nie.

      “Whoo-hoo, Chuck Norris is hier!” roep iemand van agter af.

      Ek ignoreer dit en loop na my bank.

      “Nee, Mini-Me!” skree iemand anders. Bulderende gelag. Jis, dis slim, hoor.

      Ashish loer na my toe ek in die bank oorkant hom inskuif.

      Ek bekyk die papier wat voor my lê. Dis ’n werkvel waarop mens goed moet invul.

      Ken jouself:

      Wat is jou drome vir die toekoms? (Noem vyf)

      Oor watter vaardighede beskik jy om hierdie drome waar te maak? (Noem vyf)

      Wat is die stappe …

      Ek kreun. Ek het drome, oukei! Maar hoekom op aarde sal ek dit met die Yskoningin wil deel?

      Ek draai die vel om, daar is nog vrae op die agterkant.

      “Albert?”

      Die lug vries om my ore.

      Ek kyk vinnig op.

      “Probeer tog moeite doen met hierdie een?” sê die Yskoningin.

      Hoe kan mens moeite doen met iets wat simpel is? Ek buk om my pennesakkie en blok rofwerkpapier uit my boeksak te haal. Die buiteblad is bekrap met blou pen, potlood en geel highlighter.

      Droom Nommer Een: Hê ’n meisie oor minder as tien jaar.

      Sug. Liewer nie. Die Yskoningin sal dit dalkies nie waardeer nie.

      Ek rek my nek om te sien wat Ashish besig is om onder Drome te skryf.

      1. Red die gorillas van Rwanda.

      O ja? En wat weet Ashish van die gorillas van Rwanda?

      Ek klik my pen in en uit. Van watter e-pos het Suzanne gepraat? As daar iets vreemds aan die gang is, behoort Marlie ten minste darem vir Pa daarvan te sê?

      Wat is jou drome vir die toekoms?

      Ek teken ’n blou vierkantjie bokant ’n potloodsirkel op die rofwerkboek.

      Droom Nommer Een: Wys die ouens op die agterbanke ’n punt of twee. Vergeet van die gorillas van Rwanda, Mini-Me wil die gorillas van Pretoria Rand regsien.

      As ek net ’n manier kan kry wat sal werk. Spierkrag gaan dit nie doen nie, om vanselfsprekende redes. Maar ek is ook nie een van die top-studente nie, so ek kan hulle nie eens met my wonderlike brein zap nie.

      Ek teken ’n stokmannetjie binne-in die sirkel.

      Ek skuif rond, loer weer na Ashish se lysie.

      5. Leer alles oor sosiale media ingeval dit nodig is om ’n revolusie te begin.

      Ek kyk uit by die vensters. Daar buite is vryheid, die lug blou en oop bokant dakke en boomtoppe. Ek het dit al hoeveel keer gesien, maar tog lyk dit nooit presies dieselfde nie. Dis soos by die huis. Ek het op 1 Januarie begin om elke dag twee foto’s te neem, een van die voordeur af, en een van die agterdeur af, op verskillende tye van die dag. Nie twee foto’s is identies nie. Selfs al dink jy niks het verander nie, is die lig net effens anders, of Ouma het ’n plant gesnoei, of die tuinslang is geskuif.

      Die huis oorkant ons het wel baie verander. Op 1 Januarie het dit al vir ’n paar maande leeg gestaan. Die verf het begin afdop en die tuin was verwaarloos, gras en onkruid het oorgeneem. Toe die nuwe mense ’n paar weke gelede ingetrek het, het hulle dadelik die tuin begin skoonmaak, en die huis ’n ligte sandkleur geverf. Ek het die vrou al twee keer afgeneem terwyl sy in die tuin werk.

      Van Dompeldorius het ek ook al ’n klomp foto’s geneem. Dis Ouma wat hom gekry het, in die agtertuin. Sy het my kom roep om te kyk. Sy het laas ’n verkleurmannetjie gesien toe sy nog in die Kaap gebly het, het sy gesê. Hy was oulik verby, soos ’n piepklein dinosourussie wat per ongeluk uit ’n stuk amber in die moderne wêreld geval het. En homself skeel geskrik het.

      Ek begin ’n verkleurmannetjie teken langs my stokmannetjie. Dalk kan een van my drome wees om vir Dompeldorius ’n meisie te soek! Maar hoe weet mens wat is die verskil tussen ’n Dompeldorius en ’n Dompeldoria?

      Dalk sal hy net hou van ’n maat. Ek kan ’n bietjie uitvind by die troeteldierwinkel langs Kloof Apteek, ek het by hulle gaan vra oor slangkos nadat ek die molslangetjie in die pad opgetel het. Of ek kan op Facebook vra. Nou die dag was daar ’n post van iemand wat huise vir babakatjies gesoek het. Dit sal nie ons huis wees nie, Marlie is allergies vir katte en honde.

      Of ek kan iets op ’n kennisgewingbord sit.

      Ja! Wat sê Ouma altyd? There’s no time like the present.

      Ek werk vinnig, vou ’n skoon rofwerkbladsy dubbeld en skeur dit in twee. Op een helfte skryf ek in duidelike letters:

      Gesoek: Verkleurmannetjie

      Kontak Albert: 12de Straat 24

      Heel

Скачать книгу