Chuck Norris kan deel deur nul. Annelie Ferreira
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira страница 7
![Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira Chuck Norris kan deel deur nul - Annelie Ferreira](/cover_pre707076.jpg)
“Thanks!” Stuff is die coolste tydskrif oor die nuutste elektronika. Ek en Ashish maak beurte om dit te koop wanneer ons geld het.
“Nog vyf minute,” kondig die Yskoningin aan.
Crunchtime. Albert Muller, krap ek haastig boaan die vel.
En my drome is: Vakansie hou in Durban. Ashish was al daar. Hy gaan hierdie Junie weer saam met sy oom-hulle, om sy neef geselskap te hou.
Inteken op World of Warcraft. Dis die grootste online game wat daar is, honderdduisende gamers van oor die hele wêreld speel dit.
Wat van my en Ashish se EBW-taak? Dis tog soort van ’n droom, iets waaraan ek gedink het lank voor ons die huiswerk gekry het. En ek meen, selfs Pottie dink dis nie ’n slegte idee nie.
My pen vlieg oor die papier. Toe die klok lui, jaag ek nog ’n klompie woorde onder die ander afdelings af.
Die Yskoningin gee ’n paar laaste opdragte terwyl almal om my inpak en opstaan.
Ek plak my werkvel op haar tafel neer en skiet uit die klas.
In die gang draai ek af na die kennisgewingbord waar ek Suzanne netnou raakgeloop het. Ek frommel gou ’n ou kennisgewing op om drukspykers te kry. My halwe folio is amper vasgedruk toe ek stop. Iets kouds prik teen my ruggraat af.
Ek draai my kop. ’n Skaduwee kom na my aangedryf.
Ek trek myself klein teen die kennisgewingbord, my neus omtrent teen die koekverkoping. Die groot gestalte glip geluidloos agter my verby.
Hoekom loop Lungelo hierdie kant toe? Die Afrikaanse klas is anderkant toe. My hart klop vinnig, ek wag tot hy om die verste hoek is voor ek omdraai.
Toe skarrel ek Afrikaans toe.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.