Dokter van drome. Kristel Loots

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dokter van drome - Kristel Loots страница 8

Dokter van drome - Kristel Loots

Скачать книгу

Anastasia.” Daar is ’n vreemde klank in sy stem, iets soos bitterheid. “Jy met jou volmaakte hartvormige gesiggie en jou vasvang-oë. Wat weet jy van die skade wat aan liggaam en siel berokken word wanneer die godin van skoonheid jou verbygeloop het? Dis duidelik dat Afrodite mildelik aan jou uitgedeel het. Mooi soos die môredou, met ’n lyf op die model van die volmaakte vrou geskoei. Vir jou is dit maklik om op ’n seepkissie te klim en diegene wat nie so gelukkig soos jy is nie, te veroordeel.” Hy skud sy kop meewarig. “Mooi mense het dit nou eenmaal makliker!”

      “Jy sal seker weet, Juan. Jy het self taamlik voor in die ry gestaan toe daar uitgedeel is aan sogenaamde skoonheid. Jy met jou ontwerperspiere en donker, broeiende oë wat seker menige vrou aan die swymel kan kry.” Dit behoort nie vir haar nodig te wees om haarself te verontskuldig nie, en tog kry hierdie dekselse man dit reg om haar te ontsenu.

      Se voet! besluit Anastasia vies. Dis nie ék wat dit verkeerd het nie, eerder hy wat sy skalpel en ander instrumente op doodgewone, gesonde vroue gebruik waar Moeder Natuur in sy oë tekort geskiet of verbrou het. Asof hy dit beter kan doen. Dit maak haar siek!

      “Moet ek daarvan aflei dat jy my onweerstaanbaar vind?”

      Haar kop ruk orent. Spot die mansmens met haar? Maar sy kan nie sy oë sien om die uitdrukking daarin te probeer ontleed nie.

      “Onthou die goue reël, nè? Dat jy nie op my verlief mag raak nie.”

      Anastasia haal ’n paar keer hard asem. “Al wat ek probeer sê, is dat jy nie so snedig hoef te wees oor mooi mense nie, omdat jy self ’n aantreklike man is, Juan. Maar nee, moenie bekommerd wees nie – ek vind jou beslis nie onweerstaanbaar nie, eerder onuitstaanbaar!”

      “Jy besef seker dat jy hierdie bedenkinge oor kosmetiese chirurgie vir jouself moet hou wanneer jy met my pasiënte praat, nè?” Hy proes openlik geamuseer. “Hulle stem duidelik nie met jou saam nie, anders sou hulle nie hier gewees het nie.” Hy kyk weer ongeduldig op sy polshorlosie. “Miskien moet ek vir jou ’n bietjie agtergrond gee oor die Andersons, aangesien hulle die eerste pasiënte sal wees wat jy onder die vlerk sal neem.”

      “Vandag al?” Haar stem styg.

      “Hoe gouer, hoe beter. Aanvanklik sal ek hulle welkom heet en deur die proses met hulle gaan sodat jy kan sien hoe dit gedoen word, maar jy moet so gou moontlik by my oorneem. Ek het môre ’n besige dag in die operasiesaal. Ek gaan goud delf dat die byle huil en sal nie ma óf dogter se hand kan vashou nie.”

      Hy knip sy skootrekenaar oop. “Ek kry net gou die Andersons se lêer. Dis maar die gewone storie, nie ’n besonder interessante geval nie. Nie eens belangrik genoeg om op my webruimte te noem nie.”

      Anastasia sluk. “Bespreek jy dan jou gevallestudies op jou webruimte?”

      “Maar natuurlik, Anastasia. Hoe anders gaan voornemende pasiënte weet wat ons by die New You-kliniek doen? Dit word selfs onder die vaandel van toerisme op sommige webruimtes bekend gestel.” Hy kyk haar in die oë. “My gevallestudies bied uitstekende leesstof vir diegene wat daarin belang stel.”

      “Seker met voor- en na-foto’s?”

      “In volkleur, helder en duidelik sodat elke oorspronklike plooi en moesie wys.”

      “Met die na-foto’s tegnologies gedokter sodat dit heelwat beter as die werklikheid lyk?”

      “Nee. Dis nie nodig nie. Wanneer ons een van die New You-pasiënte huis toe stuur, is ons trots op ons werk en huiwer ons nie om dit te adverteer nie. Jy kan gerus ingaan op www.newyou.co.za en kyk wat daar gebeur.”

      Anastasia antwoord hom eers nie. Sy tel tot by tien … en terug. Maar sy kry dit ook nie reg om hom daarmee te laat wegkom nie. Die woorde rol oor haar lippe sonder dat sy veel beheer daaroor het.

      “Liewe hemel, Juan! Hoe bring jy hierdie dinge by die Eed van Hippokrates uit? Wat van vertroulikheid teenoor jou pasiënte?”

      “Ek doen dit natuurlik met hul toestemming, Anastasia. Van die begin af maak ek dit baie duidelik hoe ek dinge doen, en tot dusver was my pasiënte gewillig om saam te werk.” Hy glimlag effens. “Buitendien, die Eed van Hippokrates is argaïes. Dis ’n taamlik verwaterde weergawe daarvan wat deur die meeste mediese studente afgelê word en by sommige universiteite word dit glad nie eens meer gedoen nie.”

      “Dis jammer, want dit beskerm tog die pasiënte in ’n mate.”

      “’n Eed wat aanvanklik vir heidense gode afgelê is, sou nie veel water hou in my geval nie.”

      Hy kyk na haar met helder, intelligente oë, die uitdaging tot ’n verbale oorloggie ’n duidelike boodskap daarin. Anastasia onthou met hoeveel drome en ideale sy sélf daardie belofte afgelê het, hoe die begeerte om ander te help en te genees in haar hart gebrand het, hoe gretig sy was om haar eerste onafhanklike treë in die mediese wêreld te gee. En sy onthou ook op watter wanklank daardie loopbaan van haar in sy spore tot stilstand geruk is. Miskien is sy die laaste een om Juan se metodes te bevraagteken. Miskien moet sy eerder met soveel grasie moontlik die aftog blaas en nie weer die onderwerp aanroer nie.

      “Wees verseker dat ek my eie etiese reëls het wanneer dit by geneeskunde kom, Anastasia.”

      “Kan jy dit in alle regverdigheid geneeskunde noem, Juan? Of is dit vir jou bloot ’n maklike manier om geld te maak?”

      Daar is nou ’n sagter klank in sy stem. “In teenstelling met die algemene opvatting, gaan dit nie vir my net oor geld nie.” ’n Glimlag pluk sag aan sy mond. “Die geld is bloot ’n lekker bonus.”

      “Wat gaan jy vir die Andersons doen?” verander sy die onderwerp. As Juan sy pasiënte se lotgevalle vir die hele wye wêreld verkondig, kan sy seker ook maar daarvan weet.

      “Mamma Anderson kom vir ’n facelift en ’n tummy tuck, as ek reg onthou, en haar dogter wil ’n nose job gedoen hê.”

      “Het hulle dit nodig?” Sy moenie vra nie, sy weet, maar sy kry dit ook nie reg om haar gramskap heeltemal opsy te skuif nie.

      “Besluit self,” sê hy en skuif die skerm van sy skootrekenaar in haar rigting sodat sy die foto’s van die Andersons kan sien.

      “Vir my lyk die ouer dame maar soos enige ander middeljarige tannie. Effens oorgewig met netjiese kort hare en ’n gesig wat by haar jare pas.”

      “Presies. En dis ook wie sy is. ’n Middeljarige vrou met ’n lyf en gesig wat by haar jare pas. Dis juis die probleem.”

      “Hoekom? Wat skort daarmee? Mag ’n mens dan nie saam met die tyd verouder soos die natuur dit wil hê nie?”

      “In ’n volmaakte wêreld, ja, Anastasia, maar ons leef nie in ’n volmaakte wêreld nie. Jy sien, in die gebroke wêreld waarin ons en ook mevrou Anderson haar bevind, het die heer en meester van die huis, meneer Anderson, die pad gevat. Vir hom ’n jong bokkie gekry en sy goed gevat en geloop. Sy vrou van baie jare net so gelos met plooie en vetlae en al en vir hom ’n nuwe lewe saam met ’n vars jong vrou begin.”

      “Hoe weet jy al hierdie dinge?”

      “Ek korrespondeer eers ’n tyd lank met my pasiënte oor die internet voordat ek hulle Suid-Afrika toe laat kom. Veral die vroue wat ek behandel, is geneig om die hele mandjie vuil wasgoed van hul lewens voor my uit te skud. Soos te verstane, is mevrou Anderson taamlik stukkend oor hierdie laaste

Скачать книгу