Schalkie van Wyk Keur 12. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Schalkie van Wyk Keur 12 - Schalkie van Wyk страница 21

Schalkie van Wyk Keur 12 - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

bly, want oom Tobias is ’n gawe mens. Hy is nog baie jonk van gees, al is hy eintlik ’n tydgenoot van my pa – die vroumense dink gewoonlik hy is vreeslik aantreklik. Wat sê Ilse van hom?”

      “Wat al die ander vrouens sê, as ek jou moet glo. Sy dink hy is die wonderlikste man op twee bene!” lag Sonja.

      “Sy’s nie dalk verlief op hom nie?” vra Henk en dwing homself om gewoon te praat ondanks die skielike onrus in hom.

      “Ek sal glad nie verbaas wees as sy is nie,” antwoord die niksvermoedende Sonja. “Sy kry behoorlik sterre in haar oë as sy van hom praat. Hoe erg dit is, weet ek natuurlik nie. Gelukkig is Ilse ’n nugter mens, en sy sal wel terugkom aarde toe.”

      “Hmm,” kom dit niksseggend van Henk.

      Sonja kyk vinnig op. “Gits, Henk, jy gaan jou tog nie oor so ’n onbenulligheid ontstel nie? Jy weet self hoe jong meisies – en mans seker ook – is voordat hulle die regte maat ontmoet. Jy raak elke tweede dag op ’n ander ou verlief, en môre het dit weer oorgewaai. Ek dink Ilse is maar net vreeslik beïndruk met die suksesvolle skilder, wat boonop aantreklik en ongetroud is. Dit kan tog nie ernstig wees nie!”

      “Ilse is nie ’n kinderagtige eerstejaartjie nie, Sonja. Sy’s mondig en eintlik ’n verstandige nooi. Boonop is Tobias Meiring nie blind of seniel nie. Hy sal ’n dwaas wees as hy nie kan sien hoe ’n oulike meisie Ilse is nie,” antwoord hy omgekrap en suig hard aan sy pyp, asof hy daardeur van sy kwellende gedagtes ontslae kan raak.

      “Onsin, Henk! Tobias Meiring is in sy vroeë vyftigs – dink jy eerlikwaar dat Ilse op ’n man wat haar pa kon gewees het, verlief sal raak?”

      Henk antwoord nie dadelik nie. Toe hy opkyk, lê daar kommer in sy oë. “Is dit werklik so onmoontlik, Sonja? Jy het saam met Ilse grootgeword, en jy behoort te weet waarna Ilse die sterkste verlang: sekuriteit, veral finansiële sekuriteit. Haar hele lewe lank moes sy haar ma sien stry teen die wurgende greep van armoede. Wat sal aanlokliker vir haar wees as ’n huwelik met ’n suksesvolle ryk man, ondanks sy ouderdom? Sy sal nie die eerste jong meisie wees wat met ’n middeljarige man trou nie.”

      “Miskien nie, maar Ilse? Nee, ek twyfel tog of sy so iets sal doen. Waarom het sy dan nie met Bruce getrou toe sy die kans gehad het nie? Hy kon haar tog genoeg geld gegee het.”

      “Geld, ja, maar nie enige ander sekuriteit nie. Ilse weet Bruce is ’n swierbol en dat ’n huwelik nie bindend vir hom sal wees nie. Tobias Meiring is ouer en verstandiger, ’n man wat haar wel sekuriteit sal kan gee as hy werklik vir haar lief is … maar eintlik is hy net ’n ouer uitgawe van Bruce. Hy kon nog nooit tevrede wees met die liefde van een vrou nie.”

      “Nou, waarom is jy dan bekommerd?” lag Sonja verlig. “As hy net nog ’n Bruce is, sal Ilse dit wel agterkom. Boonop weet ek nie eens of Ilse werklik op Tobias verlief is nie. Ek het maar net so ’n vermoede.” Sy kyk ’n lang ruk ondersoekend na Henk en vra skerp: “Maar waarom is jy so bekommerd oor haar, Henk? Dis tog Ilse se lewe, en sy kan doen wat sy wil. Of is my vermoede dalk reg?”

      Hy kyk vinnig, vraend op. “Watter vermoede?”

      “Dat … jy lief is vir haar, Henk. Moenie dink ek is sommer nuuskierig nie, maar ek het nog al die jare so ’n gevoel gehad … dat jy eintlik meer vir Ilse omgee as wat jy wil laat blyk. Is dit net my verbeelding, of …?”

      Hy lag gedemp en sy sien ’n donker gloed oor sy gesig kruip. “Jy is glad nie so dom nie – of dalk was ek nie so slim soos wat ek gedink het nie. Ek gee om vir Ilse, Sonja, of liewer, ek het die meisiekind lief vanaf die eerste dag dat julle twee hier ingetrek het.”

      “Maar, Henk! Dis al byna vier jaar. Kon jy nie eerder vir Ilse daarvan vertel het nie? Ek bedoel, jy het haar dag vir dag gesien, haar by jou gehad en jy het haar nooit eens uitgeneem nie – behalwe as julle by tannie Nicky-hulle gaan kuier het, en dan het ek en Kobus ook dikwels saamgegaan. En al die jare het jy gesit en kyk hoe sy met talle ander mans uitgaan. Was jy nie eens bekommerd dat sy op een van hulle verlief sou raak nie?” vra Sonja onthuts.

      Hy plaas die leë koffiebeker langs hom op die trap neer en suig ingedagte aan sy pyp. Dan sê hy rustig: “Nee. Ek kon sien watter soort meisie Ilse is, en al het sy dikwels uitgegaan, was ek nooit bekommerd nie. Ek het haar natuurlik fyn dopgehou, gesoek vir die sterre in haar oë as sy van ’n man praat. Soms was sy tydelik verlief op iemand, maar dit het altyd gou oorgewaai. Bruce was die enigste man wat my effens bekommerd gemaak het.”

      “Maar as sy intussen op iemand verlief geraak het, iemand werklik liefgekry het?” vra Sonja ongelowig.

      “Dan was sy nie vir my bedoel nie,” antwoord hy skouer­ophalend. “Maar ek was nooit daaroor bekommerd nie. Dis byna asof ek van die begin af hier diep binne geweet het dat sy eendag myne sal wees, en dat niks en niemand haar van my af sal kan wegneem nie,” sê hy met sekerheid.

      “Ek verstaan dit nog nie,” hou Sonja vol. “Hoe kon jy ander meisies uitneem terwyl jy intussen vir Ilse liefgehad het? Nie dat jy dikwels uitgegaan het nie. Jy sit gewoonlik met jou neus in jou boeke.”

      “Presies. Ek het nooit eerder daaroor gepraat nie, maar dit was my oupa wat my universiteit toe gestuur het. Dit was vanselfsprekend dat ek nie boonop vir hom sakgeld sou vra nie, daarom moes ek my spaargeldjies gebruik, of die paar rand wat ek gedurende vakansies kon verdien. My motortjie, baie van my boeke, my klere – ek het dit alles self gekoop sodat ek nie onnodig op my oupa moes teer nie. En daarna was daar bitter min geld oor om op meisies uit te gee. Ek kon nie kompetisie wees vir die ander mans wat Ilse uitgeneem het nie.”

      “Maar as Ilse vir jou lief was, sou sy mos verstaan het,” protesteer Sonja.

      “A, maar sy was nié verlief op my nie! Dink jy ek sou haar sommer trompop loop en al my private probleme aan haar vertel?” Hy skud sy kop. “Elke man het sy trots, Sonja, en my probleme is net myne. Boonop was dit vir my ’n bitter aanpassing, byna ’n vernedering om skielik met baie minder klaar te kom as waaraan ek gewoond was … My pa is ’n korrelkop, maar miskien omdat ek sy enigste seun is, het hy my nooit enig­iets geweier nie. My skielike armoede het my in ’n mate van my selfvertroue beroof, daarom kon ek Ilse nie sommer goedsmoeds van my liefde vir haar vertel nie. Ek het besluit om my op my studie toe te lê en met my graad – of liewer, twee grade agter my naam – sou ek vir Ilse die sekuriteit kon gee waarna sy verlang. Sodra ek dit afgehandel het, sal dit die aangewese tyd wees om met haar te praat.”

      “En jy verwag dat Ilse skielik na vier jaar op jou verlief moet raak en met jou moet trou?” vra Sonja misnoeg. “Ek het darem gedink jy het meer verstand as dit, Henk!”

      “Ek het,” antwoord hy houtgerus. “As jy slim genoeg was om agter te kom dat ek op Ilse verlief is, kon jy seker ook agterkom dat daardie mooi meisie nie heeltemal onbewus van my bestaan is nie. Dink ’n bietjie daaroor na, Sonja. Waar soek Ilse altyd raad en hulp? Vir wie wys sy eerste haar nuwe rokke of skoene? Vir wie vertel sy eerste van haar goeie of slegte toetspunte?”

      “Vir jou, natuurlik, maar ek weet sy het geweldig respek vir jou, en sy vertrou jou. As ons twee rusie het, vra sy gewoonlik jou mening, en as jy eers gesê het ’n ding is blou, maak dit nie saak wat ek sê nie. Snaaks, ek het self al met Ilse daaroor gepraat, haar gevra of sy nie dalk lief is vir jou nie, maar sy het my uitgelag. Ilse dink beslis nie vertroue en respek is sinoniem met liefde nie.”

      “Nee, maar dis ’n goeie begin. Dink ’n bietjie daaroor na. Is dit nie presies hoe jy oor Kobus voel nie?”

      Sy knik ingedagte. “Dit is, want soos Ilse na jou toe hardloop

Скачать книгу