Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

ek van U ontvang het, juis op hierdie plek,

      is vir my mooi.

      (Ek het nie gedink ek sal dít ooit sê nie, Here!)

      Maar in die nag, as ek sukkel om te slaap

      en worstel om die dag se stemme

      en ruwe redenasies en woedende wysvingers

      uit my gedagtes te kry, dan dink ek met liefde aan hierdie plek,

      hier waar U my neergesit het.

      En net voor ek insluimer, hoor ek u stem,

      sommer hier digby my:

      “Luister na My, en leer by My.”

      Here, hoe veilig voel ek dan nie!

      Hoe vol vrede, en hoe dankbaar

      dat U my oor die lewe leer –

      en dat dit goed is, en mooi.

      Lees Psalm 17 | 22 Januarie

      Hiérdie keer …

      Here, ek sweer: Hiérdie keer is my hande skoon!

      En U weet dit, want U het mos self kom kyk.

      Wanneer ek slaap, en U onbevange my doen

      en late ondersoek – sonder dat ek kan keer of iets

      kan wegsteek – dan vind U: U kind wás getrou.

      Ek hou my nougeset aan die koers

      wat U my wys. Ek het my les geleer.

      Bewaar my asseblief, as ek vir U dan kosbaar is!

      Beskerm my teen die pronkerige geweldenaars;

      Laat hulle, magtig in hul eie oë, tog kennis maak

      met die Magtige. Laat hulle en hul kinders leer:

      Jy dobbel met die dood as jy, vol belaglike bravade,

      kans sien om die lewende God aan te durf!

      Reken U tog self met hulle af …

      Want ek het lankal ophou praat

      oor ander mense en hul tekortkominge –

      ek is maar té bewus van waar ek vandaan kom

      en van hoe ver U my moes gaan haal.

      Hoe U my stap vir stap moes leer,

      soos vir ’n klein kindjie,

      om in u voetspore te volg

      en in u regterhand te pas.

      Dit is goed om so gekoester te word, Here.

      U hoor my, ek weet U draai u oor na my toe

      om selfs die geringste sug aan te hoor.

      U oorlaai my met u seëninge;

      ek is u bedorwe brokkie.

      Nou het dit laat geword.

      Kyk, ek kom staan teenaan U

      en sê: “Nag, liewe Here!”

      Ek gaan nou maar inkruip,

      en as ek môre dik geslaap opstaan,

      sal U steeds hier wees, hier by my.

      Lees Psalm 18:1-20 | 23 Januarie

      Ek het U baie lief, o Heer

      Here, ek het U lief – báie!

      Hoe dan anders?

      U vou my keer op keer

      in u beskerming toe.

      Soos onlangs weer, toe dit erger as ooit was –

      slegter, gevaarliker, lewensbedreigend.

      Ja, ek was meer as een keer daarvan oortuig

      dat ek dit nie sal oorleef nie;

      die oormag was eenvoudig te groot.

      Hulle was oral, dié wat my wou kwaad aandoen:

      voor my, agter my – hulle het my behoorlik omsingel.

      Daar was geen ontsnapkans nie.

      Wat kon ek doen?

      Ek het maar geroep: “Here!”

      Geskreeu: “Here, help!”

      Hoe desperaat kan ’n mens nie wees nie …

      En toe was dit asof

      die aarde begin donder het

      en die berge bewe

      en die hemele buig –

      ’n kosmiese katastrofe,

      want God het uitgeroep:

      “Kyk! Luister! Hier kom Ek!”

      Toe kom U en trek met u grofgeskut teen hulle los:

      u wind, u water, u vuur.

      U verwar en verskrik hulle,

      U ruk hulle uiteen,

      U blaas hulle eenvoudig weg, Here, magtige Here!

      En toe ék eers bevry is,

      toe maak U alles vir my oop

      en gee my ’n nuwe plek by U.

      Goeie Here!

      Ek het U baie lief.

      Lees Psalm 18:21-30 | 24 Januarie

      Hier is my hande, Here

      Here, u reddende hand het my weggeruk

      uit ’n bose greep en my by “Skoonbegin” neergesit.

      Nou kan ek weer rustig word –

      sonder om gedurig oor my skouer te loer

      en sonder om die pad wat voor my uitstrek

      te fynkam vir struikelblokke wat daar gelê is.

Скачать книгу