Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 12

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

weet nie aldag hoe ek dit met myself het nie;

      ek is nie altyd seker of ek bloot

      dom en sonder insig is nie,

      of net maar hardkoppig en moedswillig.

      Ai, Here!

      U weet hoe dikwels ek gruwelik oortree

      deur dinge te dink en te doen en te sê

      – soms onbewustelik, dikwels gewoon onnosel –

      wat U seer maak en u saak skade aandoen.

      U weet ook hoe maklik dit ’n gewoonte word;

      hoe vinnig hierdie soort optrede my baas word.

      Maak my vry van dié verknegting, Here.

      Bind my vas aan u gedagtes,

      u planne vir my,

      en aan die woorde wat U my voorsê,

      o Bevryder, o Skuilplek.

      Lees Psalm 20 | 30 Januarie

      Vir dié wat regeer, o Heer …

      Here, U is die Koning van die konings

      en die Heerser oor die heersers.

      Hoor dan my gebed vir die heersers in ons land:

      Staan hulle by in hul hulpeloosheid, gee hulle raad.

      Onderskraag hulle, Here,

      help hulle met die soort krag waaroor net U beskik,

      sodat hulle op húl beurt u kinders kan beskerm.

      Ons wat so smag na ’n rustige en stil lewe tot u eer,

      ons tree vir ons regeerders in:

      Tree hulle tegemoet, Here!

      Hoor hulle wanneer hulle by geleentheid u Naam op hul lippe neem,

      en sien hulle in liefde aan wanneer hulle u altaar besoek.

      Seën asseblief die planne wat hulle maak om u kinders goed te regeer.

      En wanneer ons ’n vlag swaai en ’n pryslied sing,

      sien en hoor dan ons eerbetoon wat ten slotte tot U gerig is,

      o Koning van die konings, o Heerser oor die heersers.

      Want as ons ons liefde teenoor die vaderland betuig,

      spel ons “Vader” met ’n hoofletter.

      En wanneer ons opnuut ons aan vrede verbind,

      doen ons dit in u Naam, Vredevors.

      Konings kom en gaan, en heersers haal dikwels nie die paal nie.

      Hulle raak soms die spoor byster wat U voor hulle uit getrap het.

      Hulle volg hul eie kop en begeertes,

      hulle soek na agting en eerbetoon –

      en dan is hul val groot en die oneer wat hulle te beurt val, dramaties.

      Eie krag is immers geen krag nie,

      en onafhanklikheid is selfbedrog.

      Daarom sal ons sonder ophou

      na U bly roep,

      en hoe later hoe vaster

      aan U bly klou.

      Lees Psalm 21 | 31 Januarie

      In u krag is ons roem

      Here, ons Beskermer, u optrede maak ons bly!

      En ons koning se uitbundigheid is tot u eer,

      omdat U hom ryklik seën

      en hom daadwerklik beskerm.

      U het deur alles heen die kroon op sy kop gehou –

      en hy verwag dat U hom sal bly beloon, ál sy dae.

      Dit is die ding met goeie heersers, Here,

      dit is die geheim van hul sukses:

      As hulle, die hoëlui, U as die Allerhoogste ken,

      dan sal hulle op die kruin van die golf bly.

      Dan sal almal bly praat oor die goedheid

      en guns wat uit hulle straal;

      hul regering sal bewonder word.

      En u seën stempel

      lewenslank hul heerskappy.

      Wanneer die vyand met só ’n vennootskap

      gekonfronteer word, kan hy hom maar klaarmaak

      vir moeilikheid – daarvoor sal die koning se Koning sorg.

      Die heerser se Here dra hom op die hande,

      en wanneer die probleme kom

      is dit U wat dit van hom afweer.

      U lig u hand om hom te beskerm,

      U bal u vuis vir sy vyand.

      Dit is verskriklik om in u hande te val,

      u woede is ’n verterende vuur.

      Wanneer U teen ons vyande opstaan,

      maak U heeltemal skoon,

      verdryf U hulle beslissend

      en verlos U die wêreld van hul nalatenskap.

      Boosheid spreek nooit die laaste woord nie

      en bedrieërs is by voorbaat gedoem.

      Daarom, Here, sing ons ’n juiglied oor U.

      In u krag is ons roem.

Februarie

      Lees Psalm 22:1-11 | 1 Februarie

      Waar is U?

      Here, dit gaan swaar, weet U?

      Ek het U nodiger as ooit.

      Waar is U?

      Weet U dat ek deesdae roep

      en

Скачать книгу