Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 14

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

my mense, hoor my danklied!

      Laat dit eggo tot by die ongeborenes;

      laat ook hulle hoor dat God ons toevlug is;

      die God oneindig goed.

      Lees Psalm 23 | 4 Februarie

      Die Here is my herder

      Here, Herder:

      Oppasser. Leier. Voorloper. Begeleier. Beskermer.

      Gasheer.

      Vader.

      Hoe hulle U ook al noem:

      U is dit alles vir my – en nog baie meer.

      U loop die pad met my, u lam.

      U lei my sonder groot gebaar

      en bring my waar U wil.

      U gee my rus wanneer niemand

      my dit gun nie; U verkwik my siel.

      U trap vir my ’n diep spoor

      en sorg dat ek dit volg.

      U gaan deur donker dale voor,

      U hou die bose ver.

      U roete is vas en veilig

      en agter U koers ek dag

      na dag tot by my lêplek saans.

      En telkens verras U my met ’n banket

      wat die asem wegslaan van almal

      wat dit aanskou – ek wat aansit

      en hulle wat verleë, verlangend

      van buite moet kyk

      hoe U my soos ’n koning bederf.

      U behandel my asof ek iets besonders is –

      die gul gasvryheid, die vorstelike verwelkoming,

      die bord en beker wat oorloop …

      Ek weet nie wat my getref het nie.

      Ek weet nie hoekom U so goed is vir my nie,

      ek ken nie sulke behandeling nie.

      Ek weet net dat hierdie goedheid, hierdie guns,

      my lewenslank sal herinner aan hoe bevoorreg

      ek werklik is. Hoe dit is om tuis te kom by U.

      Lees Psalm 24:1-6 | 5 Februarie

      Wié mag na U toe kom?

      Hierdie wêreld is U s’n, Here!

      En ons wat hier woon en werk,

      ons wat hier speel en mors –

      ook óns behoort aan die Here.

      En daarom, só reken ons mos, mag ons maak

      soos ons wil en sê wat in ons gedagtes opkom.

      Maar ons verstaan verkeerd, nè, Here?

      Ons behoort aan U;

      dit is nie U wat aan óns behoort nie.

      Daarom is hierdie vrymoedigheid onvanpas;

      pas dit ons eerder om goed te verstaan waar

      ons in u groter plan hoort. Om eerbiedig te vra:

      Wié mag, soos Moses, teen die Here se berg opklim?

      En wié mag, soos u hoëpriester, dit naby u heiligdom waag?

      Net dié met skoon hande en ’n rein hart?

      Net hulle wat groot dinge bedink

      en hulle nie met nietighede bemoei nie?

      Wat nie lieg nie en nie u Naam uitroep

      om gewig aan valsheid te gee nie?

      Dan hoort ek nie daar nie.

      Dan is u berg, u plek my nie beskore nie.

      Want kyk hoe smerig is my hande

      en hoe besoedel is my hart.

      Waar ek ook al kom en oral waar ek vat,

      los ek vuil spore en vetterige vingerafdrukke.

      Here, druk asseblief ook u ore toe

      vir die onsin wat uit my mond stroom.

      Leer my ’n nuwe woordeskat.

      En was my hande, my voete; reinig my

      en beduie my asseblief

      die goeie pad

      na U toe.

      Lees Psalm 24:7-10 | 6 Februarie

      Kóm, my Koning, kom binne!

      Hier is ons, Here-ons-koning – ons wag op U.

      U wat die oorwinnaar is oor chaos en almal wat dit skep,

      U is die Een wat altyd triomfantelik terugkeer

      ná U die geveg namens u kinders aangeknoop

      en vanselfsprekend gewen het.

      En al sukkel ons, hierdie kortsigtige geslag,

      dikwels om u oorwinnings te herken,

      weet ons – kleingeloof en al –

      dat U die bose oorwin het.

      Ja, Here, ons is nie altyd wenners nie

      – ons is dit eintlik baie selde, sal U mos weet –

      maar Ú het oorwin, en U sal dit weer en weer doen,

      tot in ewigheid. En daarom sê ons, nee, júbel ons:

      Kom in! Kom bly by ons.

      Kyk, o Koning, kyk hoe skuif die hekke oop,

      kyk net die rooi tapyt!

      Hoor die heldeverering,

      die lof wat U toekom.

      Maar,

Скачать книгу