Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 18

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

hul skuilings op, sodat hulle bloot voor U kan lê.

      U weet immers van altyd af wat hulle doen –

      nou sal hulle weet dat U weet.

      Ek gun hulle daardie ontnugtering, Here!

      Vir my is daar dié herhaalde versekering:

      U het my gehoor, U sal my help.

      U ken u kinders.

      Lees Psalm 29 | 15 Februarie

      Die Here se stem

      Die heelal sidder wanneer U praat, Here!

      Die geweld van u stem ruk alles tot stilstand.

      U knallende woorde dryf deur murg en been,

      dit dring in tot in die dieptes van ons bestaan.

      U stem deurklief die hemel.

      U stem helder die oseane op.

      U stem breek reusebome oop.

      U stem jaag alles voor U uit.

      U stem maak alle ander stemme stil.

      Hoor julle?

      Hoor julle wanneer sy houe die aarde slaan?

      Hoor julle hoe skeur Hy die lug?

      Sien julle?

      Só lyk dit wanneer die Here bulder.

      Só voel dit as Hy die duisternis kloof.

      Skrik, en hardloop voor Hom uit!

      Bewe, aarde! Bedek die hoofde, mense!

      Kruip weg!

      Die Here het gepraat.

      Dié magtige dreuning ontsien niks.

      Niemand ontglip die dawering uit sy mond nie.

      Om U te mag hoor, is ’n ontsagwekkende belewenis;

      om u mag te sien, ’n verbysterende voorreg.

      Wat bly staande as U voortdonder?

      Wie kan die flitse van u mag weerstaan?

      Sal daar ooit iets oorbly wanneer U bedaar?

      Almagtige Here!

      Ek het gehoor.

      Ek het u stem gesien.

      Kyk, ek bewe steeds.

      Diep geraak.

      Lees Psalm 30 | 16 Februarie

      Ten spyte van …

      Dankie, Here, dat U wéér vir my in die bresse tree.

      Vir mý, wie se noodroep U gehoor het.

      U is merkwaardig, Here, en lofwaardig:

      U vat met sagte hande aan my –

      aan mý, wat my vergryp

      wanneer ek hardhandig aan ander vat.

      U kyk met sagte oë na my –

      na mý, wat gluur

      wanneer ek woedend na hulle kyk.

      Dit verbyster my elke keer wanneer ek besef:

      Die Here sien my raak!

      Die Here hoor my gekerm!

      Ten spyte van …

      Daar wás die kere dat ek gewonder het

      of U my nog raaksien, of U na my luister.

      Of U hoegenaamd kennis neem, wat nog te sê omgee.

      Maar as ek nou daaraan terugdink,

      dan weet ek dat U net u tyd gebruik het.

      Dat U die regte geleentheid afgewag het.

      Dat U nie “op bestelling” werk nie,

      maar op voorkennis. Én genadetyd.

      Dit was dán dat ek sou vra:

      Kan ons weer van voor af begin?

      Want ek dink nie U was ooit kwaad vir my nie,

      ten spyte van alles.

      My lewe lank het U my vasgehou, dit weet ek nou.

      Paniekerig het ek aan u sorg getwyfel;

      ek het dan selfs met U onderhandel:

      Here, red my dié keer weer, dán sal ek …

      Ek dink U het net geglimlag.

      Ek is jammer vir die kinderagtigheid.

      Sê my, mag ek nou vir U ’n liedjie sing?

      Lees Psalm 31:1-9 | 17 Februarie

      In u hand

      Is daar ’n beter plek om te wees

      as in u hand, Here? Onmoontlik!

      Ek hét al in mense se hande geval;

      ek wás al aan ’n ander se genade uitgelewer …

      En mense vat mos hard.

      Selfs dié wat dit goed bedoel,

      kyk nie altyd mooi nie.

      Dan maak hulle nóg seerder.

      Maar in u hand is dit sag. En veilig.

      As U u hand teer om my sluit,

      wys die kneukels na buite,

      ongenaakbaar na hulle wat alles sal

      probeer om my in die hande te kry.

      Hulle sal gou-gou die aftog blaas!

      Dit is u bedrewe hand wat my loswikkel

      uit die ander knelling waarin ek my bevind –

      die vangnet wat vir my gestel is.

      Maar hul sogenaamde geheime planne

      lê

Скачать книгу