Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 22

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

nooit geglo het nie.

      Maar nou weet ek dat my liggaam, hiérdie lyf,

      ook u aandag trek. Dat U juis ook hierna kyk.

      Dit stel my gerus: Ek – die hele ek – maak saak.

      Ek is dankbaar dat U wat na my liggaam kyk,

      ook na my siel omsien.

      Alles wat ek het en alles wat ek is, is onder u sorg!

      Terwyl U die goddeloses

      bloot minagtend aankyk,

      hou U my stip dop, u ore gespits.

      Soos ’n pa wat waak.

      Lees Psalm 35:1-10 | 26 Februarie

      ’n Ongelyke stryd

      Ek sou dit nooit oorleef het

      as U nie ingetree het nie, Here.

      As U nie toe opgestaan het nie,

      slaggereed om my te help.

      U was my enigste skild.

      Maar dit was meer as genoeg;

      U was eens te veel vir hulle.

      U het hulle verjaag

      en hulle het gehardloop.

      U het bloot die woord gespreek,

      sodat ek u stem kon hoor, my Redder.

      Toe het ook hulle gehoor en geweet:

      Hier het ons ons lelik misgis …

      Maar dit was te laat.

      Die engel van die Here het hulle verneder

      en hulle het voet in die wind geslaan.

      Die donkerte het hulle egter nie laat wegkom nie;

      die duisternis het sy kinders ingehaal.

      Só gaan dit met dié

      wat hulle aan U

      en u kinders vergryp.

      Dit is húlle wat val …

      Vreemd genoeg, Here,

      kry ek sulke knoeiers soms jammer.

      Hulle het hulle in ’n ongelyke stryd begewe.

      Hulle het dit nooit sien kom nie.

      Hul oë was so vasgenael op die weerloses

      dat hulle U nooit sien kom het nie.

      U was hulle oor, van altyd af.

      En só sal dit altyd wees.

      Lees Psalm 35:11-28 | 27 Februarie

      Hoe het dit gebeur?

      Ek verstaan nie wat sulke mense beweeg nie.

      Ek begryp nie hoe hul kop werk nie, Here.

      Ek onthou, soos gister, hoe ek saam met hulle

      gehuil het, hul hande vasgegryp het

      by die aanhoor van die nuus oor hul verlies.

      Hul seer was myne; hul leed het my laat ly.

      Toe, sommer so, het hulle hulle teen my gedraai.

      Eers was dit net stories wat my ore bereik het …

      maar toe het ek die minagting begin beleef.

      Tot vandag toe weet ek nie

      wat hulle besiel nie, Here,

      presies wat ek gemaak het

      wat hulle so laat optree nie.

      Wat het ek julle aangedoen?

      wou ek gaan vra – wil ek steeds weet –

      maar keer op keer stuit ek

      op waarskynlik ’n groter vernedering.

      Ag, Here, dit is die onverklaarbaarheid van dit alles

      wat my onderkry. Wat my laat twyfel aan myself.

      Wat my laat wonder: Is daar ’n groter doel hieragter?

      Sedertdien het niks beter geword nie. Inteendeel.

      En intussen, sal U weet, het daardie vreemde teësin

      boonop openlike aggressie geword;

      ek word ál meer gedwing om my te verweer.

      Gereeld skud ek my kop en vra: “Glo júlle die stories?”

      Gaan U dan nie ingryp nie, Here?

      U weet tog wat is die waarheid.

      Moenie dat die moeilikheidmakers

      die laaste sê hê nie. Maak hulle stil.

      En gee aan my die vrede wat ek so begeer.

      Sodat ek weer die krag het om vir U te sing.

      Lees Psalm 36:1-5 | 28 Februarie

      Laat my slaap, Here …

      Dit is goed bekend, Here – ook aan my –

      dat onheil dikwels in die nag bedink word.

      Wanneer goeie mense slaap.

      Asof daar nie genoeg ure in die dag is

      om kwaad uit te broei nie.

      Ek merk dit soggens by die selfvoldanes –

      die onheilspellende glimlag.

      Die energie – so asof hulle die nag

      wat verby is, behoorlik benut het …

      Ongehinderd die besonderhede

      van ’n nuwe boosheid kon uitwerk.

      Wat my veral tref, Here, en ontstel,

      is hul uitgesprokenheid.

      Hulle sê net wat hulle wil, vir wie hulle wil.

      Hulle het geen ontsag

Скачать книгу