Donderslag. Wilbur Smith

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donderslag - Wilbur Smith страница 18

Donderslag - Wilbur Smith

Скачать книгу

Ek dink nie jy besef hoe belangrik dit is nie.”

      Tjiep-tjiep, klein mossie … Tim glimlag ongemerk.

      Garry raak rooi. “Byvoorbeeld, vir wie het jy gestuur om daardie brûe te verken? Ek neem aan dit is betroubare manne.”

      “Hulle is, kolonel.”

      “Wie?”

      “Friedman.”

      “Ag, die ou Joodse prokureurtjie. ’n Slim keuse, hoor, Curtis, sommer ’n bielie van ’n keuse.” Garry snuif en tel weer die briewemes op.

      Liewe aarde, verwonder Curtis hom. Nou’s die kolonel nog bevooroordeeld teen Jode ook. Hierdie klein mossie is ’n wáre man.

      “Wie anders het jy gestuur?”

      “’n Nuwe rekruut.”

      “’n Nuwe rekruut! ’n Nuwe rekruut!” Garry laat val die mes en hef sy hande op ten hemele.

      “Ek het toevallig voor die oorlog saam met hom gewerk, ek ken hom goed, kolonel. Hy is ’n eersteklas kêrel. Ek sal hom bo omtrent enigiemand vertrou. Om die waarheid te sê, ek wou vir kolonel vra om sy bevordering tot sersant goed te keur.”

      “En wat is hierdie held se naam?”

      “Snaaks genoeg, dieselfde as u s’n, kolonel. Maar hy sê julle is nie verwant nie. Sy naam is Sean Courtney.”

      Stadig, baie stadig, verander die uitdrukking op Garry se gesig. Dit raak glad, neutraal. Bleek ook, soos die lewelose, deurskynende bleekheid van ’n lyk se gesig. Alle lewe in sy oë verdof – hulle kyk binnetoe, terug na die geheime plekke van jare gelede. Die donker plekke. Hulle sien twee klein seuntjies teen ’n koppie uit klim …

      Hy klim deur digte bos, jong bene sterk onder hom. Klim in diep skaduwee, met die reuk van verrottende blare en die sagte gewoer-woer van insekte om hom. Hy is natgesweet in die Natalse oggendhitte. Sy oë priem deur die digte groen blare om die bosbok wat hulle jag te sien, terwyl die hond oorywerig aan die leiband strem.

      Die hond blaf een keer, en dadelik is daar die beroering van ’n groot lyf wat voor hulle uit beweeg, die kap van ’n hoef teen klip, en dan die geraas van die bok wat op loop gaan.

      Die skoot, die kort knal, dan die bok wat gewond blêr waar hy in die bos lê en skop, en Sean se stem wat hoog roep, nog ongebreek: “Ek het hom. Ek het hom, eerste skoot! Garry, Garry! Ek het hom, ek het hom!”

      In die sonskyn in, agter die hond aan wat hom sleep. Sean wat wild van opwinding teen die steilte af na hom toe hol met die haelgeweer in sy hand. Sean wat val, die geweer wat uit sy hande uit spat, die knal van nog ’n skoot en die slag wat Garry se been onder hom uit skop.

      Hy sit op die gras, staar na sy been. Sien die klein wit beensplinters en die deurmekaar vleis en die bloed wat donker en sterk en dik soos poeding pomp.

      “Ek het nie bedoel om dit te doen nie … O Here, Garry, ek het dit nie bedoel nie. Ek het gegly, sowaar, ek het net gegly.”

      Garry sidder; ’n gewelddadige, byna sensuele spasma ruk deur sy hele lyf, en die been onder die tafel bewe saam.

      “Is als reg, kolonel?” Tim klink besorg.

      “Ek is piekfyn, dankie, Curtis.” Garry vryf sy hare terug van sy slape af. Hy het groot bles inhamme en sy haarlyn is oeserig. “Gaan voort.”

      “Wel, soos ek gesê het, dit lyk soos ’n lokval. Hulle het daardie brug daar gelos omdat hulle …”

      “Dis jou rol om inligting in te win, Curtis. Dis die generale staf se rol om dit te evalueer. Ek neem aan dis al wat jy te rapporteer het? … Nou goed dan, jy kan gaan.”

      Hy moet nou ’n dop vat, sy hand bewe al klaar op die laai se handvatsel.

      “O ja, Curtis.” Sy stem kraak van ’n droogheid in sy keel, maar hy praat verder: “Die bevordering waarvoor jy gevra het, dis goedgekeur. Maak die man ’n sersant.”

      “Baie dankie, kolonel.”

      “Natuurlik sal hy die gids vir die eerste aanval wees as ons ’n direkte aanval op die brug loods.”

      “Kolonel?”

      “Jy verstaan mos hoekom, of hoe?”

      Tim het nog nooit hierdie temerige toon by die kolonel gehoor nie. Dis amper asof hy Tim se goedkeuring soek. Asof hy sy besluit probeer regverdig.

      “Ek bedoel, hy ken die brug, hy was oor hom. Hy’s mos die man wat die omgewing ken, nie waar nie?”

      “Ja, kolonel.”

      “En per slot van sake is hy ’n sersant. Ek bedoel, ons moet iemand met ’n rang eerste oorstuur, nie sommer enigiemand nie.”

      “Ek kan self gaan, kolonel.”

      “Nee, ons gaan jou by die drif nodig hê.”

      “Nes kolonel wil.”

      “Jy sal nie vergeet nie, nè? Jy sal hom stuur?” Amper pleitend.

      “Ek sal hom stuur,” stem Tim in en koes by die tent uit.

      Garry pluk die laai oop en sy vingernaels krap op die growwe hout in sy haas om die fles te vind.

      13

      Aan generaal sir Redvers Buller, V.C.,

      Offisier in Bevel

      Britse Ekspedisiemag in Natal

      Chieveley

      19 Desember 1899

      Waarde Heer,

      Dis my voorreg om te rapporteer dat ’n verkenningstog in die nag van 18 Desember, ingevolge u bevele, deur offisiere en manskappe van die Natal Corps of Guides uitgevoer is. Die resultate word hieronder uiteengesit:

      Drif gemerk “A” op die aangehegte kaart: Hoewel die drif deurgang vir ’n groot mag bied, is dit moeilik om in die donker te vind en dit word dus nie aanbeveel nie.

      Brug gemerk “B” op die aangehegte kaart: Dit is ’n staal-padbrug. Hy is op die oomblik onbeskadig, waarskynlik vanweë sy sterk konstruksie wat vernietiging bemoeilik.

      Brug gemerk “C” op die aangehegte kaart: Dit is ’n spoorbrug, ook van staal, maar hy is deur die vyand verwoes.

      Algemeen: Beperkte indringing van die area anderkant die Tugelarivier deur elemente van die N.C.G. het vyandelike teenwoordigheid op die heuwels gemerk “D” en “E” aan die lig gebring. Geen aanduidings van artillerie of groot magte is egter opgemerk nie.

      Courtney G., luitenant-kolonel

      Offisier in Bevel N.C.G.

      In die Veld.

      Uittreksel uit generaal

Скачать книгу